{"id":41767,"date":"2016-11-13T14:28:29","date_gmt":"2016-11-13T12:28:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41767"},"modified":"2016-11-14T11:21:50","modified_gmt":"2016-11-14T09:21:50","slug":"soos-bo-so-ook-onder","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41767","title":{"rendered":"Soos bo, so ook onder"},"content":{"rendered":"<p><strong><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignnone size-medium wp-image-41768\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4-300x269.jpg\" alt=\"\" width=\"300\" height=\"269\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4-300x269.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4-148x133.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4-31x28.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4-38x34.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4-240x215.jpg 240w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/as-above-so-below-4.jpg 535w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/strong><\/p>\n<p>As ons kyk na die nasleep van die verkiesingsoorwinning van Donald Trump, sien ons hoe diep verdeel die Verenigde State geword het. Dit is egter nie soseer \u2018n verdeling tussen ryk en arm nie, of tussen wit en swart nie, maar eerder tussen wys en dwaas.<\/p>\n<p>Baie internetkwetteraars en hoofstroompraatjiesmakers reageer geskok en ontsteld oor die onverwagte opmars van hierdie New Yorkse sakeman en hulle hamer voortdurend op sy onvermo\u00eb om die Verenigde State te regeer. Omdat hulle blykbaar vervreem is van hul eie volksgenote, word die oorwinning as \u2018n patologiese reaksie omskryf en kom allerlei amateuragtige Freudiaanse teorie\u00eb aan bod om di\u00e9 skielike oorwinning te verklaar.<\/p>\n<p>Terwyl CNN se blankehater politieke kommentator Fareed Zakaria Trump as \u2018n kanker omskryf en allerlei skynstatistieke te voorskyn haal om die indruk te wek dat dit slegs laag-opgeleide wittes is wat op hom stem, sit hy nou met \u2018n mond vol tande. Sy laaste skrywe was op 3 November gewees en hy het gedurende die hele verkiesing niks meer van homself laat hoor nie.<\/p>\n<p>Die rede vir Trump se oorwinning het niks met charisma te make nie, maar met praktiese en saaklike oorwegings. Trump se uitstaande kenmerk is dat hy anti-globalisties is. Blykbaar ontgaan dit baie mense dat die Amerikaanse middelklas tans in \u2018n diep krisis verkeer. \u2018n Groot persentasie opgeleide jongmense tussen 25 en 35 jaar is tot aan hul ore toe onder studieskulde en daar is geen werk vir hulle nie. Hulle moet nog by hul ouers woon, en leef van elke klein werkie wat hulle kan opraap. Vanwe\u00eb globale verdrae soos TTP en die toestroom van onwettige geluksoekers word hulle kans op werk slegs kleiner, en dreig daar \u2018n nuwe verlore generasie te ontstaan. Laat staan nog dat die onaflosbare studieskulde \u2018n tweede groot resessie kan veroorsaak. Veral sedert Bill Clinton se presidentskap, het die middelklas in \u2018n neerwaartse spiraal begin verkeer.<\/p>\n<p>\u2018n Ander groot gevaar is dat onwettige werkers die werke van wettige burgers gaan afneem, en laasgenoemde moet dan tevrede wees met staatstoelae of werke wat nie naastenby hul rekeninge kan betaal nie. Onwettige werkers word aan die einde van elke week uit die kasregister betaal en betaal ook geen belasting nie. Hulle kan ook n\u00earens heengaan as hulle \u2018n dispuut het nie omdat daar geen rekord is van hul indiensname nie. Die goeie mense word met ander woorde aan die kant gesit en die onwettige werkers verkeer in \u2018n staat van moderne slawerny. S\u00f3 wen die rykes weer.<\/p>\n<p>Die middelklas is immers die motor van die ekonomie, en om aan hul griewe geen gehoor te gee nie kan \u2018n vernietigende uitwerking op die beskawing as geheel vorm. Net soos Freud se persoonlikheidsteorie bestaan uit \u2018n id, ego en superego, bestaan moderne samelewings uit \u2018n soortgelyke indeling, met die id in die onderklas, die ego in die middelklas en die superego in die hoogste klas. En hier raak dit interessant&#8230;<\/p>\n<p>Die linkses onder Hillary wil juis die middelklas vernietig. Hulle is die hamer en aambeeld wat die morele meerderheid tussenin wil verpletter. Die konsep \u201csuperego\u201d is egter in hierdie formulering misplaas, want dit sou die gewete van die samelewing wees,en Hillary se kliek is totaal gewetenloos.<\/p>\n<p>Dit is egter juis hierdie gewetenloosheid wat die onderklas stimuleer om op soortgelyke wyse hul gesonde gewete en moraal opsy te sit en om blind en dom amok te saai.<\/p>\n<p>Donald Trump \u2013 sy lomp uitsprake ten spyt \u2013 kom nie naastenby in dieselfde dampkring as die vasgeroeste demokrate en hul skadumeesters nie.<\/p>\n<p>Terwyl Hillary se skandale \u2018n hele loopbaan strek, van histeriese woede-uitbarstings tot seksuele intimidasie van vroue, dwelmhandel, wapenhandel en oneerlikheid, word sy en haar binnekring as die \u201credders\u201d van die ondergang voorgehou.<\/p>\n<p>Wie Hillary se vriende nader sou betrag, kry vinnig \u2018n hele ander indruk. Kom ons kyk na haar kampanjebestuurder John Podesta. Hierdie vent en sy broer Tony Podesta is bevriend met die satanis en kunstenaar Marina Abramovic. Slegs \u2018n oppervlakkige internetsoektog na haar kunswerke s\u00ea al genoeg oor die onderwerpe wat haar fassineer, en dan verstaan ons waarom sy <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=ZkAVgsOgaw0\">bekendstaan<\/a> as die Aleister Crowley van ons tyd. Naas die pentagram wat sy met \u2018n skeermes op haar maag gekerf het, <a href=\"https:\/\/vimeo.com\/36061419\">bak<\/a> sy gereeld koeke in haar of ander se beeltenis waar sy naak en dood op \u2018n outopsietafel l\u00ea. Die spons van die koek is ook rooi van kleur en as hierdie koek dan gesny en uitgedeel word, lyk dit gruwelik en kannibalisties.<\/p>\n<p>As sy sulke lugubere partytjies hou vir die publiek, wonder \u2018n mens wat agter geslote deure plaasvind.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41769\" aria-describedby=\"caption-attachment-41769\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41769\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/11\/1478878250_maxresdefault-300x167.jpg\" alt=\"John Podesta 'fishing for teen'. \" width=\"300\" height=\"167\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-41769\" class=\"wp-caption-text\">John Podesta &#8216;fishing for teen&#8217;.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Podestas word ook in <a href=\"http:\/\/truthfeed.com\/breaking-bombshell-multiple-reports-tie-clintons-podesta-brothers-to-child-abduction-case\/34348\/\">verband<\/a> gebring met die verdwyning van die Engelse peuter Madeleine McCann in Portugal. Naby die plek waar McCann vir die laaste keer gesien was, is \u2018n luukse <a href=\"https:\/\/www.thesun.co.uk\/news\/1297346\/inside-the-1million-praia-da-luz-villa-where-paedophile-clement-freud-hosted-the-mccanns-days-after-maddie-vanished\/\">kuuroord<\/a> vir die w\u00eareld se rykstes, en het \u2018n berugte reputasie as uitvalbasis vir illuminatipedofiele, waaronder Clement Freud, kleinseun van die beroemde kopdokter.<\/p>\n<p>Andersins het Hillary Clinton in 2010 \u2018n huldeblyk getoon aan haar \u201cvriend en mentor\u201d, die ontslape senator Robert C Byrd. Naas die feit dat Byrd \u2018n vooraanstaande figuur in die KKK was, was hy volgens Cathy O\u2019Brien ook betrokke in daardie duistere w\u00eareld en was \u2018n baie sadistiese man gewees wat haar by tye bruut verkrag het. Byrd was onder andere bevriend gewees met dr. Michael Aquino, wat \u2018n kolonel in die Amerikaanse weermag was en \u2018n uitgesproke satanis is. Albei hierdie menere het O\u2019Brien gemartel en getraumatiseer om haar in \u2018n dissosiatiewe trans te hou, maar volgens haar was Byrd by verre die ergste.<\/p>\n<p>En waar sulke afskuwelike figure in die ho\u00eb torings sonder vrees vir gevolge hul ellende kan voortsit, sien ons dieselfde gebeur met hul aanhangers in die onderklas.<\/p>\n<p>Die anti-Trump proteste in die strate van die VS begin ekstreme proporsies aan te neem. Beelde word uitgesaai van \u2018n tuislose swart vrou wat deur Hillary-ondersteuners <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=1lqoQ92gHsU\">gemolesteer<\/a> en uitgeskel word terwyl sy hulpeloos op die grond l\u00ea. Anders sien ons hoe \u2018n maatskaplike geregtigheidstryder haar <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=uc7-D3WK4p8\">behoefte<\/a> op \u2018n Trump plakkaat doen, en haar ontlasting oor die plakkaat <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=vS6RX2tmZE4\">smeer<\/a>. Die feit dat swart youtubers hul walging en verontwaardiging uitspreek oor die optrede van \u2018n wit vrou, spreek boekdele oor die tipe mense wat Hillary in haar agterban het.<\/p>\n<p>Soos met die Bolsjewiste en Jakobyne van oudsher, is die maatskaplike geregtigheidstryders onder Hillary die nuutste inkarnasie daarvan. Hulle is die nuwe geslag nuttige idiote en jeugdiges sonder moraal. Waarskynlik omdat Hillary en haar skurke weet dat die middelklas besig is om te verdamp, begin hulle dieselfde kommunistiese taktieke in die VS toe te laat. Veral noudat George Soros \u2018n spreekwoordelike bloedneus oorgehou het aan haar verkiesingsnederlaag, gaan hy sy skape onderaan ekstra hard inspan om Trump se presidentskap so onaangenaam moontlik te maak.<\/p>\n<p>Die gesondste skakel in enige moderne samelewing is die middelklas. Hulle het die selfdissipline, die geestelike krag, die ervaring en die integriteit om te sorg dat die ekonomiese motor kan bly draai. Juis as gevolg daarvan is hulle ook die grootste vyand vir die ander twee klasse, die rykes en die armes, wat net belangstel in meer mag en geen moraal het nie.<\/p>\n<p>Hierdie verkiesing demonstreer weereens die geheime alliansie tussen baie ryk en arm. Hulle is uiterstes, maar ook eenders, daardie perfekte sintese wat kommunisme moontlik maak.<\/p>\n<p>In daardie opsig is Trump se presidentskap, om sy eie woorde te leen, die laaste redding vir die beskawing.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>As ons kyk na die nasleep van die verkiesingsoorwinning van Donald Trump, sien ons hoe diep verdeel die Verenigde State geword het. Dit is egter nie soseer \u2018n verdeling tussen ryk en arm nie, of tussen wit en swart nie, maar eerder tussen wys en dwaas. Baie internetkwetteraars en hoofstroompraatjiesmakers reageer geskok en ontsteld oor [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[12998,23477,17299,23476],"class_list":["post-41767","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-donald-trump","tag-john-podesta","tag-madeleine-mccann","tag-marina-abramovic"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41767","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41767"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41767\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41767"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41767"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41767"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}