{"id":41686,"date":"2016-11-09T08:09:35","date_gmt":"2016-11-09T06:09:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41686"},"modified":"2016-11-09T08:22:55","modified_gmt":"2016-11-09T06:22:55","slug":"levubu-boere-ruk-op-na-plaasmoordenaar-verdagtes-se-verskyning","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41686","title":{"rendered":"Levubu-boere ruk op na plaasmoordenaar-verdagtes se verskyning"},"content":{"rendered":"<p>Drie swart verdagtes wat na bewering &#8216;n boer van Levubu in Limpopo wreedaardig vermoor het, verskyn vandag in die periodieke hof buite Thohoyandou. <\/p>\n<p>Die drie, onder wie &#8216;n plaaswerker, het die 60-jarige Hennie Bonnema verlede maand ingewag en doodgesteek. Daar is kort n\u00e1 die voorval bevestig dat niks gesteel is uit die huis nie.  <\/p>\n<p>Na verwagting sal groot getalle belangstellendes weer die hofsaak bywoon. Boere in die omgewing het reeds &#8216;n beroep gedoen op die Nasionale Vervolgingsgesag om nie borg aan die drie toe te staan nie: \u201cOns soek nie misdadigers in ons gemeenskap nie.\u201d<\/p>\n<p>Die vermeende swart plaasaanvallers het Maandag vlugtig in die Vuwani Landdroshof verskyn en boere van die omgewing het Maandag opgedaag om hul solidariteit met die Bonnema-familie te wys. <\/p>\n<p>Walter Maringa (24), Mudau Sylvester Takalani (31) en Khodani Tshishonga (33) is Vrydag deur die Levubu-polisie aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder is die booswigte naby Mashau aangekeer. Die woongebied is nie ver van Bonnema se plaas, Beaufort F10, in Levubu nie.<\/p>\n<p>Bonnema se bebloede lyk is twee weke gelede deur sy seun, Hendrik, buite sy plaashuis gevind. Hy is met sy terugkeer van &#8216;n besoek vermoedelik voorgel\u00ea en doodgesteek. <\/p>\n<p>Sy aanvallers het Hennie klaarblyklik by sy hek ingewag, sy bakkie se sleutels gegryp en hom vermoedelik van die hek af huis toe gesleep.<\/p>\n<p>Hendrik en sy broer, Pieter, was albei Maandag by die hof teenwoordig vir Maringa en sy twee medebeskuldigdes se eerste verskyning. Hendrik het bevestig dat een van die verdagtes voorheen vir hulle gewerk het. <\/p>\n<p>Daar is nog steeds geen duidelikheid oor die motief vir sy pa se moord nie, het een van die seuns ges\u00ea.<\/p>\n<p>Soutpansberg Distrikslandbou-unie (SDLU) het die nuus van die drie se inhegtenisname verwelkom.<\/p>\n<p>\u201cSy [Hennie se] lewe is geneem op \u2018n koelbloedige wyse deur gewetenlose kriminele wat wou kom vat wat nie aan hulle behoort nie. Hulle het \u2018n familie van \u2018n pa beroof en \u2018n groot span werkers \u2018n werkgewer ontneem wat vir baie jare net goed was vir hulle,\u201d het Stephen Hoffman, voorsitter van die SDLU, aan die Zoutpansberger ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die Levubu Boerevereniging, Fanie Havinga, het Hoffman se woorde beaam: \u201cOns [het] \u2018n leierboer verloor. Hennie was saggeaard en \u2018n persoon op wie se ondersteuning daar te alle tye gereken kon word. Hy was geliefd in sy gemeenskap,\u201d het Fanie aan die koerant ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie swart verdagtes wat na bewering &#8216;n boer van Levubu in Limpopo wreedaardig vermoor het, verskyn vandag in die periodieke hof buite Thohoyandou. Die drie, onder wie &#8216;n plaaswerker, het die 60-jarige Hennie Bonnema verlede maand ingewag en doodgesteek. Daar is kort n\u00e1 die voorval bevestig dat niks gesteel is uit die huis nie. Na &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41686\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Levubu-boere ruk op na plaasmoordenaar-verdagtes se verskyning&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":21138,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[14554,9115,218,9086,12564,2261],"class_list":["post-41686","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-levubu","tag-limpopo","tag-misdaad","tag-plaasmoord","tag-swart-aanvallers","tag-volksmoord"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41686\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/21138"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}