{"id":41677,"date":"2016-11-08T06:42:19","date_gmt":"2016-11-08T04:42:19","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41677"},"modified":"2016-11-08T07:48:48","modified_gmt":"2016-11-08T05:48:48","slug":"franse-moeilikheid-in-mali-hou-nie-op-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41677","title":{"rendered":"Franse moeilikheid in Mali hou nie op nie"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Vredebewaarder van Togo en twee Malinese burgerlikes is dood in \u2018n aanval op \u2018n milit\u00eare konvooi in Mali, n\u00e1 \u2018n bloedige week vir buitelandse magte wat in die land gestasioneer is, het die Verenigde Nasies (VN) in \u2018n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Sewe ander vredebewaarders, ook van Togo, is in die aanval in die sentrale Mopti-streek dood, het die VN-sending in Mali, bekend as Minusma, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Nadat \u2018n landmyn of selfgeprakseerde ploftoestel ontplof het, het die aanvallers met gewere op die konvooi losgebrand. Die VN het nie die aanvallers ge\u00efdentifiseer nie.<\/p>\n<p>Meer as 11 000 VN-polisiebeamptes en milit\u00eare personeel doen tans diens in Mali in \u2018n poging om die veiligheid in wettelose dele van die Sahel-nasie te verseker. <\/p>\n<p>Die aanval kom \u2018n dag nadat \u2018n Franse soldaat wat in Frankryk se &#8220;Barkhane&#8221;-teenterroristemag diens doen, in \u2018n soortgelyke voorval dood is.<\/p>\n<p>Hy het aan sy beserings beswyk n\u00e1 \u2018n landmynontploffing naby die noordelike dorp Kidal waarvoor die Islamitiese groep Ansar Dine, wat bande met Al-Ka\u00efda het, aanspreeklikheid aanvaar het.<\/p>\n<p>Die Franse minister van verdediging, Jean-Yves Le Drian, het Sondag \u2018n beroep op Mali se president gedoen om vrede in die onstabiele noorde van die land te herstel.<\/p>\n<p>Ansar Dine het Sondag ook aanspreeklikheid aanvaar vir die plundering van \u2018n weermagbasis in die noorde van die land waar hulle wapens en voertuie gesteel het nadat troepe van hul posisies gevlug het. <\/p>\n<p>Die djihadiste s\u00ea verskeie Malinese soldate is in die aanval dood, maar dit is deur onafhanklike bronne en weermagoffisiere ontken.<\/p>\n<p>Meer as 30 Minusma-troepe is reeds die afgelope jaar dood, die meeste nog in enige VN-vredesending. Die sending ly ook onder logistieke mislukkings en die VN het erken dat sy personeel hulle aan marteling en seksuele misbruik skuldig gemaak het en een gevangene in aanhouding dood is. <\/p>\n<p>Die Mopti-aanval het plaasgevind ten tyde van Kanada se minister van verdediging, Harjit Sajjan, se samesprekings met topamptenare in Bamako voor die ontplooiing van 600 Kanadese vredebewaarders in Afrika en waarskynlik in Mali.<\/p>\n<p>Die VN oorweeg dit om Kanadese taktiese helikopters in die gebied te ontplooi sodra Nederlandse lugsteun in Januarie 2017 onttrek word.<\/p>\n<p>Minusma het in 2013 in Mali ontplooi nadat Franse magte vroe\u00ebr ontplooi is om djihadiste te verdryf uit sleutel noordelike stede wat deur hulle ingeneem is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Vredebewaarder van Togo en twee Malinese burgerlikes is dood in \u2018n aanval op \u2018n milit\u00eare konvooi in Mali, n\u00e1 \u2018n bloedige week vir buitelandse magte wat in die land gestasioneer is, het die Verenigde Nasies (VN) in \u2018n verklaring ges\u00ea. Sewe ander vredebewaarders, ook van Togo, is in die aanval in die sentrale Mopti-streek &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41677\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Franse moeilikheid in Mali hou nie op nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41678,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23458,5311,1093,15225,8451],"class_list":["post-41677","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-ansar-dine","tag-china","tag-frankryk","tag-konflik","tag-mali"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41677","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41677"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41677\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41678"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41677"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41677"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41677"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}