{"id":41597,"date":"2016-11-03T07:35:56","date_gmt":"2016-11-03T05:35:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41597"},"modified":"2016-11-03T07:38:16","modified_gmt":"2016-11-03T05:38:16","slug":"paypal-stigter-thiel-ontbloot-leuen-van-diversiteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41597","title":{"rendered":"PayPal-stigter Thiel ontbloot leuen van &#8216;diversiteit&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>PayPal se medestigter en waagkapitalis Peter Thiel het Maandag ges\u00ea dat hy Donald Trump as president verkies by die Nasionale Persklub in Washington, en bygevoeg dat hy hom nie steur aan oproepe vir &#8220;diversiteit&#8221; nie.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy bevraagteken die ware betekenis van die term &#8220;diversiteit&#8221; en het spesifiek die LGBT-tydskrif, <em>The Advocate<\/em>, uitgesonder wat bevraagteken of Thiel, &#8216;n prominente konserwatiewe gay man, steeds beskou kan word as gay omdat hy Trump steun.<\/p>\n<p>&#8220;Die leuen agter die modewoord van diversiteit kan nie duideliker word nie,&#8221; het Thiel Maandag ges\u00ea. &#8220;As jy nie voldoen aan hulle re\u00ebls nie, is jy kamtig teen diversiteit, maak nie saak wat jou persoonlike agtergrond is nie.&#8221; <\/p>\n<p>Die tegnologie-entrepreneur beskou Trump as die beste keuse in die presidensi\u00eble wedloop, want Trump is sku vir meer oorlo\u00eb, en gereed om die probleme wat veroorsaak word deur internasionale handels- en regeringregulasies op te los om die ekonomie te red.<\/p>\n<p>Thiel staan in &#8216;n spervuur \u200b\u200bvan kritiek as gevolg van sy finansi\u00eble ondersteuning van die presidensi\u00eble veldtog van die Republikeine, maar hy het Maandag teruggekap teen Washington en Silicon Valley se elite.<\/p>\n<p>Hy is een van die enigstes wat Donald Trump ondersteun in Silicon Valley, en het sy steun vir die GOP-kandidaat bevestig deur te s\u00ea Trump verteenwoordig &#8216;n populistiese beweging wat groter is as sy kandidatuur.<\/p>\n<p>Thiel het ges\u00ea die elite steur hulle nie aan die ekonomiese probleme wat baie Amerikaners teister nie en bygevoeg dat liberale en joernaliste hulself soos verwende kinders gedra.<\/p>\n<p>Hy glo ook die Trump-verskynsel is hier om te bly. &#8220;Dit maak nie saak wat gebeur in hierdie verkiesing nie, wat Trump verteenwoordig is nie gek nie en dit gaan nie weg nie,&#8221; het hy aan die Nasionale Persklub ges\u00ea. &#8220;Hy lei &#8216;n nuwe Republikeinse Party verby die dogmas van Reaganisme.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Hy wys selfs na &#8216;n nuwe Amerikaanse politiek wat ontkenning oorwin het, borreldenke verwerp het en reken met die werklikheid.&#8221;<\/p>\n<p>Hoewel hy s\u00ea Trump dalk nie die ideale kandidaat is nie, is hy &#8216;n goeie begin.<\/p>\n<p>&#8220;Ek stem nie saam met alles wat Donald Trump ges\u00ea en gedoen het nie,&#8221; het hy ges\u00ea. &#8220;Dit is nie &#8216;n gebrek aan oordeel dat Amerikaners wil stem vir Trump nie; ons stem vir Trump omdat ons oordeel dat die [huidige] leierskap van ons land misluk het.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;&#8230; Net so veel as wat dit gaan oor die saak om Amerika groot te maak, is Trump se agenda oor die saak wat van Amerika &#8216;n normale land sal maak.&#8221; &#8216;n Normale land is &#8216;n land wat nie verdrink in die skuld nie, het Thiel bygevoeg.<\/p>\n<p>&#8220;&#8216;n Normale land nie &#8216;n halftriljoen dollar se handelstekort nie,&#8221; het hy vervolg. &#8220;&#8216;n Normale land veg nie vyf gelyktydige onverklaarde oorlo\u00eb nie. In &#8216;n normale land, doen die regering eintlik sy werk.&#8221;<\/p>\n<p>Thiel het ges\u00ea hy sou &#8216;n konfrontasie tussen Trump en Bernie Sanders verkies het: &#8220;Ek het nog altyd &#8216;n smaak vir buitestaander kandidate gehad.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PayPal se medestigter en waagkapitalis Peter Thiel het Maandag ges\u00ea dat hy Donald Trump as president verkies by die Nasionale Persklub in Washington, en bygevoeg dat hy hom nie steur aan oproepe vir &#8220;diversiteit&#8221; nie. Hy s\u00ea hy bevraagteken die ware betekenis van die term &#8220;diversiteit&#8221; en het spesifiek die LGBT-tydskrif, The Advocate, uitgesonder wat &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41597\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;PayPal-stigter Thiel ontbloot leuen van &#8216;diversiteit&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41598,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[21995,6210,16191,18545,7734,20899],"class_list":["post-41597","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-bernie-sanders","tag-diversiteit","tag-handelstekort","tag-peter-thiel","tag-skuld","tag-trump"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41597","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41597"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41597\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41598"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41597"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41597"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41597"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}