{"id":41583,"date":"2016-11-02T06:59:38","date_gmt":"2016-11-02T04:59:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41583"},"modified":"2016-11-02T09:05:07","modified_gmt":"2016-11-02T07:05:07","slug":"washington-begin-vuurmaak-onder-kartoem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41583","title":{"rendered":"Washington begin vuurmaak onder Kartoem"},"content":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama het Amerika se sanksies teen Soedan met nog &#8216;n jaar verleng en s\u00ea Kartoem se beleidsrigtings bly &#8216;n \u201cbuitengewone bedreiging\u201d vir die nasionale veiligheid van Amerika.<\/p>\n<p>Soedan is sedert 1997 onderworpe aan &#8216;n Amerikaanse handelsembargo vir steun aan Islamitiese groepe. Al-Ka\u00efda\u00ad se leier, Osama bin Laden, was vanaf 1992 tot 1996 in Kartoem gestasioneer.<\/p>\n<p>In onlangse jare is die Soedanese regering se verskroeide aarde taktieke teen etniese minderheidsrebelle in Darfoer as rede aangevoer waarom die sanksies nie opgehef is nie.<\/p>\n<p>Obama het Maandag opdrag gegee dat die sanksies vir nog &#8216;n jaar vanaf 3 November verleng word.<\/p>\n<p>\u201cDie optrede en beleid van die regering van Soedan gaan voort om &#8216;n buitengewone bedreiging vir die nasionale sekuriteit en buitelandse beleid van Amerika te wees,\u201d het hy in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Daar was bespiegelinge dat die sankies moontlik opgehef kon word, n\u00e1 herhaalde besoeke die afgelope maande aan Kartoem deur Amerika se spesiale gesant, Donald Booth.<\/p>\n<p>In &#8216;n afsonderlike verklaring deur die Amerikaanse ambassade in Kartoem, word ges\u00ea die sankies is bloot tegnies van aard en dat dit steeds verlig kan word.<\/p>\n<p>Dit was \u201cdeel van &#8216;n roetine, jaarlikse proses wat nie die vermo\u00eb van die president om sanksies op enige tydstip in die toekoms te verlig, in die gedrang bring nie,\u201d lui die verklaring deur die ambassade. <\/p>\n<p>Amerika, wat Soedan sedert 1993 op &#8216;n swartlys as borg van terrorisme het, is van voorneme om voort te gaan met sy beleid van betrokkenheid, voeg die ambassade by. <\/p>\n<p>Washington was &#8216;n sleutelrolspeler in die vredesooreenkomste wat in 2011 tot Suid-Soedan se onafhanklikwording gelei het en daar was destyds sprake dat Soedan, as beloning, van die swartlys verwyder sou word.<\/p>\n<p>Die Darfoer-konflik vertroebel egter steeds betrekkinge.<\/p>\n<p>Pres. Omar al-Bashir word deur die Internasionale Geregshof gesoek op klagte van oorlogmisdade en volksmoord, wat met die konflik verband hou. Hy ontken die klagte.<\/p>\n<p>In September verlede jaar het Washington geweier om &#8216;n visum aan Basjier uit te reik om die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies (VN) by te woon en as verduideliking die Internasionale Geregshof se dagvaarding aangevoer.<\/p>\n<p>Die VN s\u00ea minstens 300 000 mense is dood en meer as 2,5 miljoen is haweloos gelaat sedert die Darfoer-konflik in 2003 uitgebreek het. \b<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Pres. Barack Obama het Amerika se sanksies teen Soedan met nog &#8216;n jaar verleng en s\u00ea Kartoem se beleidsrigtings bly &#8216;n \u201cbuitengewone bedreiging\u201d vir die nasionale veiligheid van Amerika. Soedan is sedert 1997 onderworpe aan &#8216;n Amerikaanse handelsembargo vir steun aan Islamitiese groepe. Al-Ka\u00efda\u00ad se leier, Osama bin Laden, was vanaf 1992 tot 1996 in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41583\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Washington begin vuurmaak onder Kartoem&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":20707,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23437,6141,9592,2260,5072],"class_list":["post-41583","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-darfoer","tag-osama-bin-laden","tag-sanksies","tag-soedan","tag-washington"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41583","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41583"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41583\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/20707"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41583"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41583"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41583"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}