{"id":41517,"date":"2016-10-27T07:23:55","date_gmt":"2016-10-27T05:23:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41517"},"modified":"2016-10-27T08:11:37","modified_gmt":"2016-10-27T06:11:37","slug":"vrou-dood-in-lugballonongeluk-naby-brits","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41517","title":{"rendered":"Vrou dood in lugballonongeluk naby Brits"},"content":{"rendered":"<p>Die Mediclinic Brits het bevestig dat die vrou wat in &#8216;n lugballon-ongeluk by die Hartbeespoortdam ernstig beseer is, Woensdagaand in di\u00e9 hospitaal oorlede is.<\/p>\n<p>Hospitaal-woordvoerder, Retha Mostert, s\u00ea die vrou was in haar 40&#8217;s.  <\/p>\n<p>Volgens Mostert is nog &#8216;n beseerde vrou in &#8216;n stabiele toestand in die hospitaal. Haar vierjarige dogtertjie is ook beseer en per helikopter na &#8216;n hospitaal in Johannesburg vervoer. Haar toestand is ook bestendig.<\/p>\n<p>Bill Harrop, eienaar van Bill Harrop&#8217;s Original Safaris, s\u00ea die vlie\u00ebnier moes &#8216;n noodlanding uitvoer weens sterk wind naby die Buffelspoortdam in Noordwes.<\/p>\n<p>Die lugballonmandjie het tydens die landing op die grond gesleep. Daar was 12 passasiers aan boord, insluitend die vlie\u00ebnier.  Di\u00e9 lugballon-onderneming het intussen sy medelye uitgespreek teenoor die oorledene se naasbestaandes. <\/p>\n<p>Harrop s\u00ea hulle werk nou saam met die Burgerlugvaartowerheid wat die ondersoek na die ongeluk hanteer. Di\u00e9 onderneming het ook sy eie ondersoek begin. <\/p>\n<p>Die Burgerlugvaartowerheid het bevestig dat hulle die ongeluk ondersoek waarin die lugballonmandjie tydens die noodlanding op die grond gesleep en teen &#8216;n boom gebots het. <\/p>\n<p>Harrop s\u00ea die wind was gister ses keer sterker as die weervoorspelling se skatting.      <\/p>\n<p>&#8220;Die wind het &#8216;n baie wye area gedek. Ander vlie\u00ebniers het ook gevlieg daardie oggend en het dieselfde toestande ervaar. Hulle was gelukkig genoeg om veilig te kon land,&#8221; voeg Harrop by.<\/p>\n<p>Harrop s\u00ea die ongeluk kon nie vermy word nie en dit is die eerste ongeluk waarby een van sy lugballone betrokke is. Hy s\u00ea hulle het al sowat 100 000 passasiers vervoer.<\/p>\n<p>&#8220;Ons kyk tans waar ons kan help en wil duidelikheid oor die kwessie kry. Eerlikwaar dink ek nie sou enige ander vlie\u00ebnier beter gevaar het as ons vlie\u00ebnier in daardie omstandighede op die gegewe oggend nie,&#8221; s\u00ea Harrop.<\/p>\n<p>Die beseerde dogtertjie is met &#8216;n Netcare2-helikopter na &#8216;n hospitaal in Johannesburg vervoer. Twee ander passasiers is deur paramedici van Hartbeespoort EMS na &#8216;n nabygele\u00eb hospitaal vervoer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Mediclinic Brits het bevestig dat die vrou wat in &#8216;n lugballon-ongeluk by die Hartbeespoortdam ernstig beseer is, Woensdagaand in di\u00e9 hospitaal oorlede is. Hospitaal-woordvoerder, Retha Mostert, s\u00ea die vrou was in haar 40&#8217;s. Volgens Mostert is nog &#8216;n beseerde vrou in &#8216;n stabiele toestand in die hospitaal. Haar vierjarige dogtertjie is ook beseer en &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41517\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrou dood in lugballonongeluk naby Brits&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41518,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5383,23418,23416,23417],"class_list":["post-41517","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brits","tag-burgerlugvaartowerheid","tag-lugballonongeluk","tag-noordwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41517","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41517"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41517\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41518"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41517"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41517"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41517"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}