{"id":41512,"date":"2016-10-27T07:04:56","date_gmt":"2016-10-27T05:04:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41512"},"modified":"2016-10-27T07:04:56","modified_gmt":"2016-10-27T05:04:56","slug":"eskom-sal-kernuitbreiding-bestuur","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41512","title":{"rendered":"Eskom sal kernuitbreiding bestuur"},"content":{"rendered":"<p>Die Minister van finansies, Pravin Gordhan het Woensdag bevestig in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk dat Eskom die betwiste kernverkrygingsprogram van die land sal bestuur.<\/p>\n<p>&#8220;Binne die raamwerk van die Ge\u00efntegreerde Hulpbronplan, is dit bevestig dat Eskom die voortou in die kernkraginisiatief sal neem,&#8221; het Gordhan ges\u00ea in die Parlement.<\/p>\n<p>Hy het bygevoeg dat die nasionale tesourie die verkrygingsproses sal monitor om te verseker dat dit deursigtig is en die belange Suid-Afrika dien.<\/p>\n<p>&#8220;Die Tesourie sal saam met die departement van [Openbare Ondernemings] Minister Lynne Browne werk om te verseker dat die skaal en infasering van die program in die beste belang van Suid-Afrika is en dat die re\u00eblings van verkryging deursigtig is en in ooreenstemming met die wet.&#8221;<\/p>\n<p>Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe, is &#8216;n voorstander van kernkrag en het in die afgelope weke gewaarsku dat Suid-Afrika nog &#8216;n verlammende tekort aan elektrisiteit sal ervaar binne &#8216;n dekade, tensy die program binnekort afskop.<\/p>\n<p>Hy het hernubare energie as &#8216;n geskikte alternatief verwerp en ges\u00ea dit kan nie aan basisaanvraagvereistes voldoen nie.<\/p>\n<p>Maar die nasionale tesourie het Molefe weerspreek in die mediumtermynbegrotingsrede.<\/p>\n<p>&#8220;Ge\u00efntegreerde hulpbronplanbeplanning moet rekening hou met die dalende koste van volhoubare energie en die moontlike gebruik vir die opwekking van basisaanvraagelektrisiteit,&#8221; luidens die dokument wat Gordhan ter tafel gel\u00ea het<\/p>\n<p>Nasionale Tesourie het opgemerk dat gevallestudies wat in Australi\u00eb, Denemarke, Portugal en Brittanje gedoen is, bevind het dat dit haalbaar is om in die vraag na energie te voorsien deur hernubare bronne. Plaaslike studies het tot dieselfde gevolgtrekking gekom, het hy bygevoeg.<\/p>\n<p>&#8220;Hoewel wind en sonkrag-tegnologie in die algemeen krag voorsien in die tussenposes, kan dit oorkom word deur die koppeling van geografies verspreide aanlegte aan die netwerk. Buigsame tegnologie soos gasturbines kan gebruik word om die gapings te vul.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Minister van finansies, Pravin Gordhan het Woensdag bevestig in sy mediumtermyn-begrotingsraamwerk dat Eskom die betwiste kernverkrygingsprogram van die land sal bestuur. &#8220;Binne die raamwerk van die Ge\u00efntegreerde Hulpbronplan, is dit bevestig dat Eskom die voortou in die kernkraginisiatief sal neem,&#8221; het Gordhan ges\u00ea in die Parlement. Hy het bygevoeg dat die nasionale tesourie die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41512\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Eskom sal kernuitbreiding bestuur&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41416,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5342,4827,23415,10580],"class_list":["post-41512","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-elektrisiteit","tag-eskom","tag-hernubare-bronne","tag-kernkrag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41512","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41512"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41512\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41416"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41512"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41512"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41512"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}