{"id":41468,"date":"2016-10-25T09:09:41","date_gmt":"2016-10-25T07:09:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41468"},"modified":"2016-10-25T09:09:41","modified_gmt":"2016-10-25T07:09:41","slug":"brief-is-universiteite-nog-relevant","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41468","title":{"rendered":"Brief: Is universiteite nog relevant?"},"content":{"rendered":"<p>Word die oorlewing van \u2018n volk bepaal deur haar vermo\u00eb om die status quo te beskerm of haar vermo\u00eb om aan te pas na gelang van omstandighede? Ek is oortuig die enigste manier vir ons as volk om te oorleef, is om meer analities en strategies na die w\u00eareld om ons te kyk en vinniger te reageer op veranderinge, terwyl ons vashou aan die kernwaardes van die volk.<\/p>\n<p>Ek sien daagliks hoe ongelukkig ons mense is oor die toestand van universiteite in die land. In \u2018n sekere sin is dit vir hulle ondenkbaar dat die lewe kan voortgaan sonder universiteite. Vir dekades lank is \u2018n graad by \u2018n universiteit beskou as verteenwoordigend van besonderse akademiese prestasie. Die vraag is: het dit nie dalk tyd geword om te gaan kyk of universiteite nog relevant is nie? Is ons nie besig om vas te kyk teen die sentiment van hierdie instellings bloot omdat dit deur ons gebaar is nie?<\/p>\n<p>In die jaar 2000 was \u2018n LLB-graad 4 jaar lank en het ek \u2018n Nokia-foon gehad met \u2018n groen skerm en die prentjies op my sms\u2019e is gemaak met punte, kommas en strepies. Vandag het ons slimfone (wanneer dit nie ontplof nie!) wat omtrent alles kan doen waaraan jy kan dink en \u2018n LLB-graad is nog steeds 4 jaar lank. As ons objektief hierna kyk, kan mens nie help om te wonder of universiteite dalk tred verloor het met die spoed waarteen die mensdom ontwikkel nie. Oorskadu die idee van \u2018n graad nie dalk \u2018n lomp waarheid nie?<\/p>\n<p>Hoeveel van ons het nie op die eerste werksdag gehoor: \u201cVergeet wat jy geleer het op <em>varsity<\/em> &#8211; hier is hoe dit werk in die regte lewe\u201d nie? N\u00e1 drie of vier jaar se studie is soveel mense ontnugter deur die praktyk. Hierdie gaping tussen teorie en praktyk is egter nie \u2018n nuwe debat nie, maar die gaping het aansienlik vergroot die laaste paar jaar. Daar is deesdae so &#8216;n wye verskeidenheid posbeskrywings dat meeste mense nie eers weet wat moet jy gaan studeer om \u2018n sekere pos te kry nie. Kortom, stuur ons ons kinders vir drie of vier jaar universiteit toe om teorie te gaan leer wat verouderd gaan wees teen die tyd dat hulle klaar is, om \u2018n graad te kry in \u2018n rigting wat hulle moontlik nie eers gaan gebruik nie, en d\u00edt teen \u2018n helse koste!<\/p>\n<p>Digitale media het in \u2018n kwessie van \u2018n paar jaar die w\u00eareld verander. Mense hoef nie meer te wag vir die koerant om te sien wat is nuus nie. Ons het toegang tot enige en alle inligting wat ons kan ronddra in ons broeksakke. Ons kan kommunikeer met enige iemand op aarde en dit alles gebeur in \u2018n kwessie van sekondes. So die waarde van \u2018n instelling wat toegang gegee het tot navorsing, teorie, inligting en opinies kan mos onmoontlik dieselfde weeg as wat dit twintig jaar terug gedoen het.<\/p>\n<p>Ons moet egter onderskei tussen die stelling dat universiteite nie meer relevant is nie, in teenstelling met die idee dat kennis, wysheid, opleiding en vaardigheid nie relevant is nie. Laasgenoemde is vandag meer noodsaaklik as in enige ander tyd in die mensdom se geskiedenis. Die uitdaging is om \u2018n alternatief te ontwikkel vir opleiding om kennis, wysheid en vaardighede oor te dra aan die individu, maar om dit te doen op \u2018n doeltreffende, toepaslike wyse, met ons kultuur se voortbestaan as subteks.<\/p>\n<p>Baie akademiese dissiplines het alreeds groot vordering gemaak om weg te breek van die oordrewe gewig wat \u2018n universtiteitsgraad dra en dit is vervang met meer doeltreffende alternatiewe. So \u2018n paar dekades terug was Christene beperk tot die paar bekende kerke waar die arme predikant sewe jaar moes studeer voor hy iemand kon begrawe. Vandag sien ons talle suksesvolle kerke waar die predikers of pastore gebruik maak van kursusse of mentorskappe. Baie van die bekende internasionale predikers het geen formele opleiding gehad nie en tog bereik hulle boodskap duisende mense.<\/p>\n<p>Dus, wat die geesteswetenskappe betref, is daar reeds alternatiewe beskikbaar. Bitter min kunstenaars studeer kuns, bitter min musikante studeer musiek en filosowe is werkloos met of sonder \u2018n graad. Die uitdaging word aansienlik moeiliker met meer gereguleerde rigtings soos die regte. Een alternatief wat reeds beskikbaar is, is om langafstand-onderrig te ontvang. Ek weet van heelwat mense wat hulle grade gekry het en \u2018n voltydse werk gehad het. Dit kan gedoen word.<\/p>\n<p>Ek dink die ideaal is egter om \u2018n meer praktyk-gedrewe alternatief daar te stel. Een so &#8216;n voorbeeld is dat mense in die regsberoep \u2018n sentrum op die been bring vir jong mense. So &#8216;n sentrum moet skakel met die praktyke en studente moet van die eerste dag af betrokke wees by die praktyk. Die model sal baie korter en meer intensief wees as die vierjaargraad wat hulle gedoen het. Stel \u2018n streng toelatingsvereiste en maak seker almal voldoen aan die vereiste voor hulle die beroep professioneel kan begin beoefen. In plaas daarvan dat hulle vir vier jaar jol en partytjie hou en nagte om studeer voor eksamens, gaan hulle nou elke dag op hoogte wees van wat aangaan in die beroep. Hulle projekte en take kan geskoei wees op die behoeftes van die betrokke praktyke en sodoende skep hulle waarde vir die aandeelhouers. \u2018n Eenvoudige beursmodel kan gebruik word om mense te finansier wat nie kan betaal nie of \u2018n lening wat hulle kan afbetaal sodra hulle toegelaat is om te praktiseer.<\/p>\n<p>Hetsy dit regte, medies of enige ander wetenskap is, daar is alternatiewe om meer bedryfsgedrewe opleiding daar te stel. Ek is daarvan oortuig dat daar meer relevante maniere is om jou kind se toekoms te verseker as die huidige universiteite. Universiteite het \u2018n plek geword waar duisende mense vir \u2018n jaar of drie rondhang teen groot koste met te veel tyd tot hul beskikking terwyl die w\u00eareld in daardie selfde tyd alweer besig is om te verander.<\/p>\n<p>Dit wil voorkom asof universiteite die slagoffers gaan word van politieke, grootliks rasgedrewe standpunte. Die ondoeltreffendheid van die instellings, koste en risiko vir ons jeug watd daaraan verbonde is, word net al groter. Wat ons nodig het, is dat akademici begin koppe bymekaar sit om alternatiewe daar te stel. Die uitdaging bly om erkenning te kry vir die alternatief by \u2018n regering wat duidelik sy eie agendas dryf en sy mag op minderheidsgroepe wil afdwing.<\/p>\n<p>Gelukkig is daar baie mense onder ons met universiteitsgrade wat \u2018n oplossing vir die probleem sal kan voorstel\u2026 of is dit nie relevant nie?<\/p>\n<p>&#8211; Vannermerwe<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Word die oorlewing van \u2018n volk bepaal deur haar vermo\u00eb om die status quo te beskerm of haar vermo\u00eb om aan te pas na gelang van omstandighede? Ek is oortuig die enigste manier vir ons as volk om te oorleef, is om meer analities en strategies na die w\u00eareld om ons te kyk en vinniger &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41468\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Is universiteite nog relevant?&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41478,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[23404,20464,20365,16346,21090,4917],"class_list":["post-41468","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings","tag-kennis","tag-opleiding","tag-regte","tag-selfone","tag-s26-tegnologie","tag-universiteite"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41468","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41468"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41468\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41478"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41468"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41468"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41468"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}