{"id":41402,"date":"2016-10-20T10:05:41","date_gmt":"2016-10-20T08:05:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41402"},"modified":"2016-10-20T10:05:41","modified_gmt":"2016-10-20T08:05:41","slug":"vsa-wil-isis-uit-mosoel-dryf-na-sirie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41402","title":{"rendered":"VSA wil ISIS uit Mosoel dryf na Siri\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Irakse en Koerdiese magte s\u00ea hulle het sowat 20 dorpies om Mosoel beveilig in die eerste dag van optrede om die terreurgroep ISIS uit die stad te dryf.<\/p>\n<p>Di\u00e9 stap deur die VSA word gedoen in die hoop dat ISIS na Siri\u00eb sal uitwyk, maar hul beweegrede word nie openbaar gemaak nie.<\/p>\n<p>Die jongste aanval op ISIS is &#8216;n berekende skuif vir pres. Barack Obama omdat die VSA die stryd in Siri\u00eb verloor het, maar Amerikaanse amptenare erken daar is geen tasbare plan vir die regering van die gebied rondom Mosoel sodra ISIS oorwin is nie.<\/p>\n<p>Die Internasionale Organisasie vir Migrasie (IOM) s\u00ea hy kry die gasmaskers gereed omdat ISIS vantevore sulke wapens teen Irakse en Koerdiese magte gebruik het, maar die kanse daarvoor is skraal aangesien die terreurgroep Amerikaanse wapentuig gebruik.<\/p>\n<p>Mosoel is Irak se tweede grootste stad en die grootste stedelike gebied wat deur militante van die Islamitiese Staat (ISIS) beset word.<\/p>\n<p>Die val van Mosoel sal &#8216;n belangrike oorwinning teen die Soenni-\u00addjihadiste in Irak wees, maar kan ook lei tot grondgrype tussen groepe wat in &#8216;n stryd teen mekaar gewikkel is sedert die regering van Saddam Hoesein in 2003 omvergewerp is.<\/p>\n<p>Die Irakse weermag en Pesjmerga-\u00admagte van Irakse Koerdistan het Maandag met groot mediageskal na Mosoel begin beweeg. Meer as 25 000 soldate is vir die veldtog ontplooi wat na verwagting weke indien nie maande nie kan duur.<\/p>\n<p>Hulle ontvang lugbystand van &#8216;n Amerikaans-geleide koalisie wat gestig is toe Isis in 2014 van Siri\u00eb na Irak beweeg het.<\/p>\n<p>Hoshjijar Zebari, &#8216;n senior Koerdiese amptenaar, s\u00ea die eerste operasies het geslaag danksy noue samewerking tussen die Irakse regering en Koerdiese Pesjmerga-vegters\u00ad en ISIS kon uit tien dorpies oos van Mosoel verdryf word.<\/p>\n<p>\u201cISIS is verward. Hulle weet nie of hulle &#8216;n aanval uit die ooste of die weste of die noorde moet verwag nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cDaar sal nie &#8216;n skouspelagtige aanval op Mosoel self wees nie. Dit sal baie versigtig gedoen word. Dit is &#8216;n ho\u00eb risiko-operasie vir almal.\u201d<\/p>\n<p>Aboe Bakr al-Baghdadi, Isis-leier,\u00ad en Fawzi Ali Noeimeh, plofstofdeskundige, is albei in Mosoel, s\u00ea Zebari.<\/p>\n<p>Dit beteken ISIS sal sterk weerstand bied.<\/p>\n<p>Sy vegters het die aanvalsmag met tien selfmoordbomme aangeval en die aanvalsmag het vyf dorpies omsingel, maar nie oorgeneem het.<\/p>\n<p>Die bewerings kon nie onafhanklik bevestig word nie.<\/p>\n<p>Die aanvalsmag is nog tussen 20 km en 50 km van Mosoel. Amptenare s\u00ea dit is &#8216;n \u201cvormingsoperasie\u201d om die aanvalsmag se posisie te verstewig.<\/p>\n<p>Haider al-Abadi, Irakse premier, het die aanval eergister bevestig, sowat twee jaar nadat Irak se naasgrootste stad in ISIS se beheer beland het.<\/p>\n<p>Die operasie is al sedert Julie met die VSA beplan. Die Verenigde Nasies s\u00ea tot een miljoen mense kan uit Mosoel vlug.<\/p>\n<p>Die eerste groep vlugtelinge word binne vyf of ses dae verwag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Irakse en Koerdiese magte s\u00ea hulle het sowat 20 dorpies om Mosoel beveilig in die eerste dag van optrede om die terreurgroep ISIS uit die stad te dryf. Di\u00e9 stap deur die VSA word gedoen in die hoop dat ISIS na Siri\u00eb sal uitwyk, maar hul beweegrede word nie openbaar gemaak nie. Die jongste aanval &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41402\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA wil ISIS uit Mosoel dryf na Siri\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39569,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7402,17039,23384,10641],"class_list":["post-41402","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-irak","tag-isis","tag-mosoel","tag-sirie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41402","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41402"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41402\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39569"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41402"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41402"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41402"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}