{"id":41379,"date":"2016-10-19T15:39:08","date_gmt":"2016-10-19T13:39:08","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41379"},"modified":"2016-10-19T15:39:36","modified_gmt":"2016-10-19T13:39:36","slug":"oproer-tref-windhoek-se-kampus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41379","title":{"rendered":"Oproer tref Windhoek se kampus"},"content":{"rendered":"<p>Universiteit van Namibi\u00eb het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroe\u00ebr aangedui dat studente wat sukkel, gehelp sal word met registrasiegelde. Maar volgens Nyati het nie een van die groep van sowat 40 studente wat gister voor die administratiewe gebou gevra het dat \u201ceksamens moet val\u201d, om geldelike hulp aansoek gedoen nie.<\/p>\n<p>\u201cDaar is mini-beurse in die Stigting-afdeling, sowel as die registrateur en dekaan se kantoor waar finansi\u00eble hulp beskikbaar is vir studente met uiters desperate finansi\u00eble beperkinge en wat akademies goed vaar.\u201d<\/p>\n<p>\u201cOns kon nie een opspoor wat di\u00e9 kantore genader het nie.\u201d <\/p>\n<p>Die universiteit het Maandagaand laat weet eksamens vir Dinsdag en Woensdag is uitgestel.<\/p>\n<p>Oproeriges het Maandag chaos in verskeie lesinglokale gesaai toe hulle studente se eksamenroosters summier begin opskeur het. Die Republikein beskryf die situasie as volg:<\/p>\n<blockquote><p>Duisende studente het Maandagoggend via Unam se webportaal kennis gekry dat elke student sy eksamenrooster by aangewese lokale op die kampus moes gaan afhaal. Studente wie se studentegelde nie vereffen was nie, sou nie toegelaat word om hul eksamens af te l\u00ea nie. Eksamenroosters is voorheen op die webportaal geplaas waar studente dit self kon aflaai. <\/p>\n<p>Volgens Nyati is dit om te verhoed dat studente die roosters van hul eie webportaal uitdruk, nadat die verskuldigde bedrag aan die universiteit verander is om \u2019n balans van nul te wys.<\/p>\n<p>\u201cDie universiteit het besluit om self die roosters te druk en persoonlik aan studente te oorhandig. Di\u00e9 wat nie gelde verskuldig is nie, kry \u2019n amptelike stempel wat dit bevestig.\u201d<\/p>\n<p>Hy het beklemtoon dat studente toestemming het om te betoog.<\/p>\n<p>\u201cOns het egter gevind daar is di\u00e9 wat hul frustrasie uitwoed, omdat hulle blykbaar nie eens vir die eksamen kon kwalifiseer nie. Dis hulle wat die vrede bedreig. Ons het daarom besluit om die dienste van \u2018vredesbeamptes\u2019 (polisie) te bekom.\u201d<\/p>\n<p>Uitstaande studiegelde van internasionale studente wat by Unam studeer, beloop volgens Nyati sowat N$10 miljoen. <\/p>\n<p>\u201cOngelukkig het hulle nou ook by die betogers aangesluit.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Tweedejaarstudent het die uitdeel van eksamenroosters aan studente op kampus as \u201cchaoties\u201d beskryf. <\/p>\n<p>\u201cElke fakulteit is toegewys aan \u2019n sekere lokaal. By een lokaal was daar tot 800 studente met vier tot ses mense wat almal moes help.\u201d Volgens hom het studente later ongeduldig begin raak en selfs deur \u2019n deur gebreek. Eksamenroosters wat in stapels gereed was om aan studente uitgedeel te word, is opgeskeur.<\/p>\n<p>\u201cDit het van die een lokaal na die ander oorgespoel. Ek dink die opstokers voel hulle kan met hul optrede Unam sover kry dat hulle w\u00e9l kan skryf en hul uitslae kry wanneer die skuld vereffen is.\u201d<\/p>\n<p>Unam het op 27 Julie vanjaar \u2019n amptelike kennisgewing op sy webtuiste geplaas waarin duidelik gemaak word dat uitstaande gelde v\u00f3\u00f3r of op 30 September betaalbaar is. Volgens die kennisgewing het studenteskuld by die universiteit vanjaar beduidend gestyg as gevolg van \u2019n besluit om studente te registreer, sonder dat die normale betalingsvereistes by registrasie geld. Die gevolg is dat die universiteit nou beduidende tekorte in sy 2016-begroting het. <\/p>\n<p>Die kennisgewing in Julie beklemtoon dat studente met uitstaande studentegelde ni\u00e9 toegelaat sal word om die Oktober 2016-eksamens af te l\u00ea nie. <\/p><\/blockquote>\n<p>Die bestuur het aangedui dat eksamens op al die universiteit se kampusse afgestel is vir Dinsdag en Woensdag. Die nuwe datums sal mettertyd bekend gemaak word. <\/p>\n<p>Eksamens wat soos oorspronklik Donderdag sou plaasvind, gaan soos normaal voort. <\/p>\n<p>Maar studente wat reeds betaal het kla die uitstel van eksamens raak alle studente, insluitend di\u00e9 wat soos sy reeds haar rekening ten volle vereffen het.<\/p>\n<p>Hulle bevraagteken Unam se tydsberekening om op die dag v\u00f3\u00f3r \u2019n eksamen vir studente te laat weet skuld sluit vir hulle die deur tot eksamenlokale. <\/p>\n<p>\u201cDit is onregverdig en moes voor die tyd gekommunikeer en uitgeklaar gewees het,\u201d het een ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Universiteit van Namibi\u00eb het die eksamens wat Dinsdag moes begin, uitgestel nadat oproeriges amok gemaak het omdat hulle daarvan weerhou word om te skryf tensy hul studiegelde betaal word, het die Republikein berig. Die registrateur, Sifiso Nyati, het vroe\u00ebr aangedui dat studente wat sukkel, gehelp sal word met registrasiegelde. Maar volgens Nyati het nie een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41379\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oproer tref Windhoek se kampus&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41380,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[21578,19288,6831,5488,21063],"class_list":["post-41379","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eksamens","tag-klasgelde","tag-namibie","tag-oproer","tag-unam"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41379","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41379"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41379\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41380"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41379"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41379"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41379"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}