{"id":4136,"date":"2009-02-05T23:58:02","date_gmt":"2009-02-05T23:58:02","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4136"},"modified":"2009-02-05T23:58:02","modified_gmt":"2009-02-05T23:58:02","slug":"direkteurgeneraal-van-kommunikasie-bedank","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4136","title":{"rendered":"Direkteurgeneraal van kommunikasie bedank"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><span>Die direkteurgeneraal van kommunikasie, Lyndall Shope-Mafole, wat van haar kontrak vrygestel is met onmiddellike ingang het Donderdagaand ges&ecirc; haar skeiding van die departement was &quot;heeltemal vriendelik&quot;. Omdat sy nou voltyds vir die KVP se veldtog wil werk, het sy gevra dat haar kontraktydperk verkort word. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Shope-Mafole het by die KVP aangesluit net voor verlede jaar se nasionale konvensie in Sandton. By die party se stigting in Bloemfontein in Desember het sy die hoof geword van internasionale sake en &#39;n lid van die top-12 uitvoerendekomiteelede. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Sy het ges&ecirc; dat sy omtrent &#39;n week lank met haar minister Ivy Matsepe-Casaburri gepraat het omtrent haar wens om vrygestel te word van die kontrak, wat oorspronklik in 2010 <\/span><span>sou verval<\/span><span>. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Ek het Donderdag my versoek op papier gesit en dit gefinaliseer,&quot; het sy ges&ecirc;. &quot;Ek is verlig en dankbaar. Die minister was baie ondersteunend &ndash; sy kon &#39;nee&#39; ges&ecirc; het.&quot; <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Gegewe my verhoogde politieke betrokkenheid, het ek meer tyd nodig om die mense te dien,&quot; het sy ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Sy het ges&ecirc; dat sy haar volle gewig agter die KVP se verkiesingspogings gaan werp. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Shope-Mafole het ges&ecirc; sy het &quot;geen idee&quot; wie in haar plek by die departement gaan intree nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Hulle sal nou moet adverteer,&quot; het sy ges&ecirc;. &quot;Maar daar is &#39;n baie sterk en bekwame span, en dit het dit ook moontlik gemaak dat ek kan bedank.&quot;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Matsepe-Casaburri het Shope-Mafole bedank vir haar bydraes tot die openbare diens, &quot;haar uitstaande rol in die internasionale telekommunikasiesektor en haar leierskap in Afrika&quot; en het haar sterkte in haar nuwe aktiwiteite<\/span><span> toegewens<\/span><span>. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Ministeriewoordvoerder Joe Makhafola het ges&ecirc; Shope-Mafole se kontrak is verkort in ooreenstemming met die regulasies. Sy was vir &#39;n dekade aan die stuur van die departement. <\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/online-slots\/\">free casino games<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/12.10.2017\/aviadostavka_gruzov_spetsifika_preimuschestva_i_tovary\">topcargo \u0440\u0430\u0437\u0432\u043e\u0434<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die direkteurgeneraal van kommunikasie, Lyndall Shope-Mafole, wat van haar kontrak vrygestel is met onmiddellike ingang het Donderdagaand ges&ecirc; haar skeiding van die departement was &quot;heeltemal vriendelik&quot;. Omdat sy nou voltyds vir die KVP se veldtog wil werk, het sy gevra dat haar kontraktydperk verkort word. Shope-Mafole het by die KVP aangesluit net voor verlede jaar &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4136\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Direkteurgeneraal van kommunikasie bedank&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[51],"tags":[175,4004,21089],"class_list":["post-4136","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-suider-afrika","tag-afrikaanse-nuus","tag-direkteurgeneraal-van-kommunikasie-bedank","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4136","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4136"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4136\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4136"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4136"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4136"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}