{"id":41352,"date":"2016-10-17T09:15:02","date_gmt":"2016-10-17T07:15:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41352"},"modified":"2016-10-17T09:15:16","modified_gmt":"2016-10-17T07:15:16","slug":"brief-die-afwesigheid-van-die-vaderfiguur-in-sa-blanke-politiek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41352","title":{"rendered":"Brief: Die afwesigheid van die vaderfiguur in SA blanke politiek"},"content":{"rendered":"<p>Daar kan gereken word dat PW Botha die laaste volksleier met erkende politieke mag was. Die gatomswaai-brigade wat hom opgevolg het se agendas en verskonings is nou nie juis gedoop in volksliefde nie. Die volkseie leiers van daardie tyd tot en met vandag het nie een regtig daarin geslaag\u00a0 om die steun van die groter blankedom in die land te trek nie.<\/p>\n<p>Vir ongeveer die laaste drie dekades sit ons dus met \u2018n leierskapskrisis. Die leiers wat daar was, was nie te vertrou nie en die goeie leiers is nie die kans gegun om te lei nie. Vandag sit ons in \u2018n groter krisis as ooit tevore met betrekking tot volkseie leiers. Daar is baie manne soos dr. Roodt, Steve Hofmeyer en ander wat poog om leiding te gee, maar hulle sterk punte is in ander velde en hulle bevind hulle in \u2018n situasie waar daar verwagtinge geskep word vir hulle om leiers te wees omdat daar niemand anders is nie. Met ander woorde, bloot omdat hulle leiers is op hulle gebied, moet hulle nou ook leiers wees in die kultuurpolitieke konteks van die volk.<\/p>\n<p>Daar word baie verwys na die idee dat ons nie leiers het nie. Myns insiens is die probleem egter dieper as dit. Ons het leiers, maar ons het die vaardigheid of die kennis oor hoe om te lei, verloor. As ons kyk na \u2018n familiebesigheid as voorbeeld sien ons dat die jonger geslag by die ouere oorneem. Eers leer hulle die operasionele kant deur onder die ou geslag te werk en daarna, soos hulle hulle bewys, word hulle &#8220;erken&#8221; en word die leierskap van daardie onderneming oorgegee. Net so behoort daar \u2018n vloei in politieke leiding binne \u2018n homogene groep te wees. Die jong manne moet eers leer by die ou manne en dan oorvat en verder lei.<\/p>\n<p>Met die uitwissing van politieke mag het hierdie vloei van leierskap tot stilstand gekom. Daar was skielik nie meer \u2018n familiebesigheid om te bestuur nie en die jonger geslag moes uitspring en gaan werk soek. Die gevolg is dat baie leiers hulle tans bevind in leiersposisies in die sakew\u00eareld, terwyl daar \u2018n vakuum in die kultuurpolitieke arena ontstaan het. Die afwesigheid van die vaderfiguur in die politiek het tot gevolg gehad dat die bestaan van die volk in twyfel getrek word. Sonder struktuur, is ons net \u2018n klomp wit mense hier in die Suidpunt van Afrika. Daar is geen land ter w\u00eareld wat nie \u2018n leier het nie. Dink jouself in hoe \u2018n land sal voortbestaan sonder \u2018n tipe regering? Netso deurmekaar is ons tans sonder leiers en \u2018n leierstruktuur.<\/p>\n<p>Die geslag wat nou moes lei, het dus geen erfenis van hulle vaders ontvang nie en laat dus ook geen erfenis vir die kinders na nie. So al die geslagte wat nou \u2018n voorbeeld van die vaderfiguur moes ontvang, sien niks behalwe Pokemons nie! Leiers op die internet wat jy oral soek net om te besef dit is alles \u2018n virtuele klugspul, net soos Pokemon.<\/p>\n<p>Die realiteit is dat die bestaan van ons volk in gedrang is. Sonder leierskap wag ons eenvoudig dat die laaste hoofstukke van ons geskiedenis oorgeskryf word deur die nuwe heersers, voor hulle ons taal en kultuur finaal uitwis en ons net \u2018n klomp kultuurlose individue word. Maar wat is die antwoord? Hoe oorbrug ons leierlose generasies?<\/p>\n<p>Die een opsie is om eenvoudig te wag en te hoop. Alhoewel dit vir sommiges klink na \u2018n belaglike idee is daar bewyse dat ons volk geneig is om te wag totdat ons in die hoek is voor daar leiers opstaan. Die oomblik as die krisis groot genoeg is, as daar niks meer oor is om te verloor nie, dan staan die leiers op en trek die wa deur die drif. Baie van die generaals in die ABO wou geen deel h\u00ea aan \u2018n oorlog nie, tog, toe die oorlog begin was hulle van die name wat in ons geskiedenis vereer word.<\/p>\n<p>\u2018n Ander opsie is om bestaande leiers te begin kredietwaardigheid gee deur massa-ondersteuning. Bestaande partye, groepe en organisasies het almal leiers in plek. Ek is egter nie oortuig dat hierdie opsie lewensvatbaar is nie. Die argument is eenvoudig dat as hierdie leiers so goed was, sou die mense hulle reeds ondersteun het.<\/p>\n<p>Daar is egter \u2018n ander idee wat dalk kan help met die krisis, maar dit is \u2018n waagstuk. Neem in ag dat meeste mense onder 40 nie milit\u00eare opleiding gehad het nie. Nie net sit ons met generasies sonder die vaardighede in iets soos gevegskuns nie, maar ons sit ook met generasies sonder die dissipline en loutering wat van ware leiers verwag word. Met ander woorde die laaste generasie leiers is nou tussen 40 en 65, die tipiese ouderdom waarop leiers die verhoog beset. As hierdie generasie leierloos verdwyn, sonder om \u2018n nalatenskap agter te laat, kan ons die idee van \u2018n volk vergeet.<\/p>\n<p>Stel jou voor die leiers van \u2018n groep soos 32 (die Buffels) kom bymekaar en stig \u2018n burgerregte-organisasie. Soos almal weet was 32 veelrassig, meertalig en was die eenheid onder hulle gebou op wedersydse vertroue, respek en \u2018n stel kernwaardes. Die oomblik as so &#8216;n groep gaan bymekaarkom met die doelwit om die regte van minderheidsgroepe te beskerm, gaan dit skokgolwe deur die politieke landskap stuur. Ons kan van die ou weermag s\u00ea en dink wat ons wil, maar hulle het leiers gekweek en dissipline afgedwing. Hierdie \u201cou\u201d manne sal die ideale platform skep vir die nuwe generasie om die kern van leierskap te leer. Sit hierby die kennis en strategiese denke van iemand soos dr. Roodt en die charisma van die flambojante Steve en skielik het jy \u2018n leierskorps wat die behoudende individu en die minderheidsgroepe kan verteenwoordig.<\/p>\n<p>Neem in ag dat ons troep nie net baklei het vir die wit mense in Suid Afrika nie. Hulle het baklei vir hulle land. So die idee van \u2018n organisasie wat vir Suid-Afrika baklei, is iets wat elke persoon wat diensplig gedoen het verstaan. Daar is dus onmiddellik \u2018n netwerk of band tussen die oudsoldate.<\/p>\n<p>Ons moet ook nie die rol van oorlogsveterane onderskat nie. Van Amerika tot in Zimbabwe is die veterane \u2018n naturlike drukgroep om van kennis te neem, maar op die oomblik het ons nie toegang daartoe nie. Ons het egter nodig om ons stryd te sien in die internasionale konteks en daarom gaan dit nie help om \u2018n groep te stig wat bloot die behoud van een volkie probeer najaag nie. Die hele w\u00eareld stoei met hierdie liberale ideologie en die konserwatiewe waardestel is oral besig om weerstand te begin bied. Ons moet dus \u2018n platform daarstel wat in dieselfde waardestel beweeg en terselfdertyd vir ons as \u2018n unieke kultuurgroep beskerming bied.<\/p>\n<p>Dit is heel moontlik \u2018n verregaande idee dat die oudsoldate of \u2018n legendariese groep binne die oudsoldate soos \u2018n 32 Bataljon die nuwe gesig van volksoorlewing moet word. Die idee sal egter radikale groepe soos die EFF iets gee om oor te dink. In \u2018n land waar daar tans geen teenpool is nie, sal iets soos die Nuwe Buffels die aandag van duisende trek en kan dit heel moontlik die antwoord wees vir \u2018n volk wat tans soos weeskinders sonder \u2018n leiersfiguur rondswerf.<\/p>\n<p>Wie weet, as daar nou \u2018n leier in sy Army Browns opstaan, was Oom Siener dalk nie te ver uit met sy \u201cMan in Bruin\u201d-visioen nie\u2026<\/p>\n<p>&#8211; Vannermerwe<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar kan gereken word dat PW Botha die laaste volksleier met erkende politieke mag was. Die gatomswaai-brigade wat hom opgevolg het se agendas en verskonings is nou nie juis gedoop in volksliefde nie. Die volkseie leiers van daardie tyd tot en met vandag het nie een regtig daarin geslaag\u00a0 om die steun van die groter &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41352\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brief: Die afwesigheid van die vaderfiguur in SA blanke politiek&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41353,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[86,11],"tags":[],"class_list":["post-41352","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c77-briewe","category-s7-menings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41352","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41352"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41352\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41353"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41352"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41352"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41352"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}