{"id":41328,"date":"2016-10-17T06:57:30","date_gmt":"2016-10-17T04:57:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41328"},"modified":"2016-10-17T06:57:30","modified_gmt":"2016-10-17T04:57:30","slug":"meeste-klasse-hervat-maandag-by-universiteite","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41328","title":{"rendered":"Meeste klasse hervat Maandag by universiteite"},"content":{"rendered":"<p>Die Universiteit van Pretoria en die Tshwane Universiteit van Tegnologie sal na verwagting Maandag hul akademiese program hevat. <\/p>\n<p>Swart rewolusion\u00eares, meestal druipelinge, en veiligheidswagte het verlede week by die TUT slaags geraak uit protes teen die orde wat die instelling probeer herstel. &#8216;n Aantal oproeriges is in hegtenis geneem nadat hulle in die middestad van Pretoria betoog het. <\/p>\n<p>Voorlopige aanbevelings van &#8216;n &#8220;klasgeldkommissie&#8221;, wat deur president Jacob Zuma in die lewe geroep is, word volgende maand verwag en sal na verwagting sy werksaamhede Maandag hervat. <\/p>\n<p>Alhoewel die rewolusion\u00eares voorgee dat die onluste verband hou met klasgelde, is dit &#8216;n gerieflike verskoning vir &#8216;n politieke opstand wat deur Zuma se vyande aangeblaas word met ongeveer 5% van die sogenaamde &#8220;studente&#8221; wat tersi\u00eare onderrig gekaap het.<\/p>\n<p>Weens die gapende gebrek aan leierskap van die Universiteit van die Witwatersrand se Adam Habib, het swart rewolusion\u00eares die universiteit weer uitgedaag en die aandklokre\u00ebl verontagsaam. Habib is die rewolusion\u00eares telkens ter wille.<\/p>\n<p>Die universiteit het die klokre\u00ebl Vrydag ingestel wat bepaal dat studente van tienuur saans tot sesuur soggens nie buite koshuise mag wees nie. <\/p>\n<p>Groepies rewolusion\u00eares het egter buite koshuise saamgedrom, begin dreunsing en geweier om die vereistes van die klokre\u00ebl na te kom. Daarna het hulle paaie probeer versper. Die polisie het met rubberkoe\u00ebls die oproeriges uiteengejaag. Rewolusion\u00eares en die polisie het kort-kort slaags geraak.<\/p>\n<p>By die Universiteit van Kaapstad sal klasse ook na verwagting vandag hervat word. Klasse is geskeduleer om teen die tweede van aanstaande maand klaar te maak, waarna die eindeksamen op die sewende sal begin. <\/p>\n<p>Dit volg na die opskorting van klasse oor die voortslepende onluste die afgelope paar weke. <\/p>\n<p>Die Universiteit van Wes-Kaapland se bestuur en personeel hou &#8220;samesprekings met studenteorganisasies&#8221; terwyl die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie sy administratiewe bedrywighede na die Wingfield millit\u00eare basis in Goodwood verskuif het om ontwrigting tot die minimum te beperk. <\/p>\n<p>Geboue is verlede week aan die brand gesteek deur die rewolusion\u00eare voorhoede en veiligheidswagte is in een van die brandende geboue toegesluit. <\/p>\n<p>By die Universiteit Stellenbosch gaan klasse normaal voort.<\/p>\n<p>Die Universiteit van die Vrystaat het intussen &#8216;n reddingsplan aangekondig sodat studente die 2016 akademiese jaar kan voltooi.<\/p>\n<p>Die Bloemfontein- en Suid-kampus sal van 28 Oktober sluit alhoewel die universiteit nie vir die res van 2016 sal sluit nie.<\/p>\n<p>Onderrig sal gedurende November elektronies gelewer word. Op hierdie manier sal geen pogings om die res van die akademiese jaar te ontwrig, studente se akademiese program raak nie, het die UV in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Studente sal egter die eksamen op die kampus afl\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Universiteit van Pretoria en die Tshwane Universiteit van Tegnologie sal na verwagting Maandag hul akademiese program hevat. Swart rewolusion\u00eares, meestal druipelinge, en veiligheidswagte het verlede week by die TUT slaags geraak uit protes teen die orde wat die instelling probeer herstel. &#8216;n Aantal oproeriges is in hegtenis geneem nadat hulle in die middestad van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41328\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Meeste klasse hervat Maandag by universiteite&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41329,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[23370,23368,23369,17503,5096,4917,5008],"class_list":["post-41328","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-akademiese-jaar-2016","tag-rewolusioneres","tag-swart-onluste","tag-tuks","tag-uk","tag-universiteite","tag-wits"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41328","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41328"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41328\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41329"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41328"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41328"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41328"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}