{"id":413,"date":"2007-05-09T08:30:03","date_gmt":"2007-05-09T08:30:03","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=413"},"modified":"2007-05-09T08:30:03","modified_gmt":"2007-05-09T08:30:03","slug":"die-menseregtekommissie-se-vreemde-uitsprake","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=413","title":{"rendered":"Die Menseregtekommissie se vreemde uitsprake"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Die  jongste in &#8216;n hele reeks vreemde uitsprake het&nbsp;gekom in &#8216;n nogal  belangwekkende beraad wat die MRK gehou het om die probleem van misdaad en die  impak daarvan op mensregte te bespreek.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Te  midde van die besprekings is opmerkings deur lede van die MRK gemaak wat &#8216;n mens  slegs kan laat wonder of die instansie dan nie aanvalle en moorde op plaasboere  as ernstige misdaad en &#8216;n growwe skending van menseregte beskou  nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die  landbouorganisasie, AgriSA, het syfers op die beraad voorgel&ecirc; wat  dit baie duidelik maak dat plaasaanvalle &#8216;n uiters sorgwekkende probleem is.  Volgens hulle syfers was daar sedert 1991 9 600 plaasaanvalle waarin 1560 mense vermoor is. Meer as twee-derdes van  die slagoffers van plaasaanvalle was wit wat dui op &#8216;n belangrike rol wat ras in  die aanvalle speel. Daar is ook kommer oor die wyse waarop boere deur sekere  nie-regeringsorganisasies en ook openbare amptenare uitgebeeld word, het die  organisasie daar aangevoer. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit  was egter nie voldoende rede vir Judith Cohen, &#8216;n kommissielid van die MRK, om  dit as vergrype van menseregte te beskou nie. Inteendeel, sy het AgriSA skerp  gekritiseer omdat hy aanvoer dat haatspraak &#8216;n sterk faktor is in  plaasmoorde.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Nie  alleen word hierdie syfers oor plaasmoorde betwis nie, het sy ges&ecirc;,  maar as daar mooi na die landbouorganisasie geluister word, is dit duidelik dat  hulle net begaan is oor wit plaasbewoners. Intussen kom daar steeds uitsettings  van werkers van plase voor en word plaaseienaars nie hieroor skuldig bevind nie,  het sy verder aangevoer.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\">Die  implikasie van mev Cohen se opmerkings is mos duidelik vir enigeen: aanvalle en  moorde op wittes op plase word nie deur die MRK as vergrype van menseregte  gesien nie, maar wel vermeende uitsettings van plaaswerkers.  <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">In  haar stelling oor afsettings wat steeds dikwels voorkom, het sy eenvoudig  bewerings van hierdie aard deur onder meer die minister van landbou en ander  ANC-leiers klakkeloos herhaal sonder om stawende syfers of ander bewyse te  gee.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dit  is juis hierdie soort benadering tot feite en die werklikheid wat &#8216;n mens uiters  bekommerd laat oor die regering en sy instansies, soos die MRK, se werklike erns  om misdaad en die aantasting van mense se reg op lewe en veiligheid aan te  spreek.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Daar  kan &#8216;n goeie saak uitgemaak word dat mev Cohen se opmerkings as &#8216;n herhaling van  die uitsprake van sekere nie-regeringsorganisasies gesien moet word en dus by  implikasie as haatspraak teen blanke boere beskou kan word.&nbsp; Maar dit sal niemand help om te probeer  om &#8216;n klag teen haar in te bring nie want die MRK wat veronderstel is om sulke  haatspraak te veroordeel en vas te vat, sal mos nie een van sy eie kommissielede  oor so iets skuldig bevind nie.<\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">En  die plaasaanvallers en moordenaars dink hulle kan maar lustig met hulle wrede en  bloedige dade voortgaan want wittes het duidelik in die o&euml; van  die regering en sy instansies nie menseregte nie.<\/p>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/remont-kompressorov-f3789533\/\">\u0440\u0435\u043c\u043e\u043d\u0442 \u043a\u043e\u043c\u043f\u0440\u0435\u0441\u0441\u043e\u0440\u043e\u0432 \u0432\u043e\u0437\u0434\u0443\u0448\u043d\u044b\u0445<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/sluganarodu.org\/slugi\/category0\/region17\/city45\/id707\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Sedert sy instelling het die  Menseregtekommissie of van sy lede verskeie kere met uitsprake en opmerkings  gekom wat wenkbroue hoog laat lig het. Ernstige bedenkinge is geopper oor die  organisasie se basiese benadering tot hierdie kwessie.<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[54],"tags":[21096,544],"class_list":["post-413","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c41-briewe","tag-s10-briewe","tag-die-menseregtekommissie-se-vreemde-uitsprake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/413","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=413"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/413\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=413"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=413"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=413"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}