{"id":41227,"date":"2016-10-11T23:31:26","date_gmt":"2016-10-11T21:31:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41227"},"modified":"2016-10-11T23:31:26","modified_gmt":"2016-10-11T21:31:26","slug":"motors-mx5-teenoor-slc","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41227","title":{"rendered":"Motors: MX5 teenoor SLC"},"content":{"rendered":"<p>Almal droom daarvan om \u2018n plat sportmotor te kan ry. Daar is al hoeveel liedjies daaroor geskryf maar min van ons kry ooit die geleentheid om dit werklik te ervaar!<\/p>\n<p>In Suid-Afrika is daar ook nie so baie afslaankapsportmotors om van te kies nie; ons het die voorreg gehad om twee relatief bekostigbare afslaankapsportmotors vir \u2018n paar dae te kon bestuur.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41230\" aria-describedby=\"caption-attachment-41230\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41230\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op.jpg\" alt=\"MX5 met kap opgeslaan\" width=\"640\" height=\"355\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op-300x166.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op-148x82.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op-31x17.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op-38x21.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-met-seildak-op-388x215.jpg 388w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41230\" class=\"wp-caption-text\">MX5 met kap opgeslaan<\/figcaption><\/figure>\n<h3>Mazda MX5<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41229\" aria-describedby=\"caption-attachment-41229\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41229\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter-300x225.jpg\" alt=\"Die MX5 van agter\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-agter.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41229\" class=\"wp-caption-text\">Die MX5 van agter<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die MX5 of Miata soos hy in die res van die w\u00eareld bekendstaan, is nou in sy vierde generasie en in elk van die vorige generasies het die motortjie letterlik duisende eenhede w\u00eareldwyd verkoop. Die rede? Wel eerstens is dit \u2018n klassieke wenresep vir n sportmotor: die MX5 is klein, lig en maklik om te bestuur. Hy is agterwielaangedrewe met \u2018n kort stert en lang neus. Die enjin is klein en baie lig maar tog kragtig. Kombineer die klein, ligte bakwerk met \u2018n ligte, kragtige enjin en die wenresep is \u2018n klassieke liggewigsportmotor.<\/p>\n<h3>Bakwerk<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41228\" aria-describedby=\"caption-attachment-41228\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41228\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant-300x133.jpg\" alt=\"Die MX5 van die kant af\" width=\"300\" height=\"133\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant-300x133.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant-148x65.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant-31x14.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant-38x17.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant-425x188.jpg 425w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-van-kant.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41228\" class=\"wp-caption-text\">Die MX5 van die kant af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Mazda se MX5 is meer van \u2018n evolusie as \u2018n revolusie: die lyne is sag dog doelgerig en onmiskenbaar Mazda met min wat verander het deur die vier generasies. Die motor het \u2018n klein bietjie langer en bre\u00ebr geword en die voor- en agterligte het heelwat verander, maar van enige kant af bekyk, kan die MX5 met geen ander motor ter w\u00eareld verwar word nie. Die dak is in egte klassieke sportmotortradisie \u2018n sagte lapdak wat nog met die hand op en af gevou moet word. Dit dra ook by tot die nostalgie van die egte sportmotorgevoel.<\/p>\n<h3>Binneruim<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41232\" aria-describedby=\"caption-attachment-41232\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41232\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel-300x199.jpg\" alt=\"Die MX5 se instrumentepaneel\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel-324x215.jpg 324w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-instrumentepaneel.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41232\" class=\"wp-caption-text\">Die MX5 se instrumentepaneel<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die deure is lig en lank en neem nogal heelwat ruimte om oop te maak veral omdat jy werklik baie laag in die motor sit. Die deur moet wyd oopgemaak word om te kan in- en veral uitklim. Binne-in die nuwe MX5 is alles met sagte leer oorgetrek en daar is iets anders as in die vorige generasies: baie standaardtoerusting. Die leerstuurwiel het \u2018n satellietknopppie wat die radio, volume en togbeheer, asook die telefoon kan beheer. Daar is klimaatbeheer, asook twee outimatiese kantruite, die motor bied sleutellose toegang wat beteken dat jy slegs die sleutel aan jou persoon moet h\u00ea om die deure oop te sluit, asook die motor aan te skakel. Daar is re\u00ebnsensors om die ruitve\u00ebrs outomaties aan te skakel wanneer dit begin re\u00ebn, elektroniese wegvoubare kantspie\u00ebls, LED-xenonhoofligte met dagryfunksie wat outomaties aan- en afskakel na gelang van die lig rondom. Parkeersensors en \u2018n trukamera is ook standaardtoerusting.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41233\" aria-describedby=\"caption-attachment-41233\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41233\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim-300x199.jpg\" alt=\"Die MX5 se binneruim\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim-324x215.jpg 324w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-binneruim.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41233\" class=\"wp-caption-text\">Die MX5 se binneruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die kajuit is baie gemaklik as jy eers jou sit gekry het, langer mense sal effens sukkel om n gemaklike bestuursposisie te vind want die sitplek kan net so ver teruggeskuif word. Die stuurkolom is wel vir reik en hoogte verstelbaar, asook die sitplekke. Die kort sportratkierie l\u00ea net reg in die hand en alle instrumente is baie duidelik leesbaar. Daar is n raakskerm wat op die instrumentepaneel gemonteer is wat funksies van die radio en klimaatbeheer, ensovoorts, aan die insittendes vertoon. Ons het weereens die ou probleem dat die skerm nie kan wegvou nie en lyk asof hy net n\u00e1 die tyd daar vasgesit is.<\/p>\n<h3>Rit<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41231\" aria-describedby=\"caption-attachment-41231\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41231\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim-300x200.jpg\" alt=\"Die MX5 se bagasieruim\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim-323x215.jpg 323w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/MX5-laairuim.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41231\" class=\"wp-caption-text\">Die MX5 se bagasieruim<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die MX5 se ritgehalte is een van sy beste eienskappe met \u2018n baie presiese stuurgevoel en \u2018n mens kan letterlik voel wat die motor onder jou sitvlak doen. Dit is asof jy deel is van die motor en nie bloot in hom ry nie. Wat bietjie pla, is dat die neus baie lank is en die bestuursposisie is laer as die neus so jy moet wyd draai en ver van randstene af parkeer omdat jy nie die neus kan sien nie. Die ligte massa van die motor maak hom dan ook baie vlugvoetig en die gevoel en die geluid van die enjin kan jou baie maklik laat vergeet dat hierdie motor eintlik nie so vinnig is soos wat hy voel nie. Die onderstel en vering is ook tipies sportmotor ferm, maar nie so erg soos baie van die blitsbukse soos die Honda Type R of Golf GTi Clubsport nie.<\/p>\n<h3>Enjin<\/h3>\n<p>Mazda se SKYACTIVE-enjintegnologie is seker vir ons van die gevorderdste enjintegnologie wat tans beskikbaar is. Mazda put byna dieselfde krag uit geen-turbo-enjins as wat al die ander vervaardigers met turbo-aanjaers uit hul enjins tap. Die MX5 is toegerus met n 2.0-literenjin wat 118 Kw lewer en 200NM. Dit lyk op papier nie na syfers wat die koppe sal laat draai nie, maar die verstommende aspek hiervan is dat die enjin se uitlaatgassyfer dieselfde is as \u2018n 1.6-literenjin met 156 CO2g\/km. Brandstofverbruik is ook in pas met \u2018n turbo-aangejaagde enjin van dieselfde kapasiteit: slegs 6,7l\/100km. Wat die werkverrigting aanbetref, voel die MX5 heelwat vinniger as wat hy werklik is, maar die 100km\/u-merk word binne 7.3 sekondes bereik en die MX5 se asem raak anderkant 210km\/u eers op. Met die dak afgeslaan, voel enige spoed oor 160km\/u in elk geval te ongemaklik en buitendien waar in Suid-Afrika kan \u2018n mens so vinnig ry? Die motor is \u2018n regte sportmotor wat jou die wind-in-die-hare-gevoel gee, mooi lyk en maklik bestuur.<\/p>\n<h3>Gevolgtrekking<\/h3>\n<p>Teen R437 000 is die MX5 nie goedkoop nie, maar in sy segment en vir wat die motor jou bied, is dit n absolute winskoop. Mazda verkoop die MX5 met \u2018n 3-jaar- onbeperktekilometerwaarborg en \u2018n 3-jaar- onbeperktekilometerdiensplan as standaard.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41244\" aria-describedby=\"caption-attachment-41244\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption aligncenter\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41244\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200.jpg\" alt=\"Mercedes-Benz SLC 200\" width=\"640\" height=\"215\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200-300x101.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200-148x50.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200-31x10.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200-38x13.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-200-425x143.jpg 425w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41244\" class=\"wp-caption-text\">Mercedes-Benz SLC 200<\/figcaption><\/figure>\n<h3>Mercedes SLC 200 AMG Line<\/h3>\n<p>Die SLC het die SLK vervang, inderdaad eintlik maar dieselfde motor met \u2018n ander naam. Dink \u2018n mens aan SLC, dan sien jy die aflaankap-Mercedesse van die sewentigerjare. Daardie SLC was destyd die vlagskip in die Mercedes-modelreeks en het later net die SL geword wat ons vandag nog as die vlagskip van die hele Mercedes-modelreeks beskou. Met die nuwe benamings het Mercedes eintlik die hele reeks net so effens ontrimpel en nou maak alles bietjie meer sin.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41238\" aria-describedby=\"caption-attachment-41238\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41238\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant-300x103.jpg\" alt=\"Die SLK teenoor die SLC van die kant af\" width=\"300\" height=\"103\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant-300x103.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant-148x51.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant-31x11.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant-38x13.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant-425x146.jpg 425w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-vs-SLC-van-kant.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41238\" class=\"wp-caption-text\">Die SLK teenoor die SLC van die kant af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Kortom, begin die reeks met die A-klas wat die intreevlakluikrug is, B-klas wat die gesinswaentjie is, C-klas wat die C-segment verteenwoordig, E-klas wat die D-segmentbesigheidsklas verteenwoordig en S-Klas wat die groot eksklusiewe klas verteenwoordig. Dan is daar al die G-klasse: as daar \u2019n G agter op \u2018n Mercedes staan, beteken dit dat hy deel is van die veldryklas, so kry ons die GLA wat veldry-A-klas beteken, GLC wat veldry-C-klas beteken, GLE wat veldry-E-klas aandui en GLS wat natuurlik die S-klas se veldryer is. Die gewone G-klas is die rowwe, geenfeiterjasieveldryer wat afgelei is van die \u201cGel\u00e4ndewagen\u201d van die tagtigs. Dan kry mens die SL wat die vlagskipafslaankap-Mercedes is en die SLC wat eintlik net SL \u201cCompact\u201d beteken, met ander woorde \u2018n kleiner, ligter weergawe van die SL. SL staan natuurlik vir \u201cSport Light\u201d.<br \/>\nD\u00edt nou daar gelaat. Ons het die SLC 200 AMG Line vir \u2018n paar dae onder hande geneem.<\/p>\n<h3>Bakwerk<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41240\" aria-describedby=\"caption-attachment-41240\" style=\"width: 198px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-agterligte.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41240\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-agterligte.jpg\" alt=\"SLK-agterligte\" width=\"198\" height=\"151\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-agterligte.jpg 198w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-agterligte-148x113.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-agterligte-31x24.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-agterligte-38x29.jpg 38w\" sizes=\"auto, (max-width: 198px) 100vw, 198px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41240\" class=\"wp-caption-text\">SLK-agterligte<\/figcaption><\/figure>\n<p>Soos in tipiese Mercedes-styl skreeu die SLC klas \u00e9n styl. Daar is net geen ander motor wat dieselfde gevoel as \u2018n Mercedes bied nie. Die SLC verskil baie min van die SLK wat hy vervang het. Daar is aan die voorkant ander hoofligte en \u2018n ander lugskort in die voorste buffer, die dagryligte is nou deel van die hoofligte en nie meer soos in die SLK \u2018n aparte ry liggies onder die hoofligte nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41243\" aria-describedby=\"caption-attachment-41243\" style=\"width: 185px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-agterligte.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41243\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-agterligte.jpg\" alt=\"SLC-agterligte\" width=\"185\" height=\"122\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-agterligte.jpg 185w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-agterligte-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-agterligte-31x20.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-agterligte-38x25.jpg 38w\" sizes=\"auto, (max-width: 185px) 100vw, 185px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41243\" class=\"wp-caption-text\">SLC-agterligte<\/figcaption><\/figure>\n<p>Agterlangs is dit slegs die uitlaatpype wat nou meer deel van die bakwerk lyk en dan natuurlik die kenteken wat SLC lees. Die wit truliggies is nou aan die onderkant van die agterste lig en nie meer aan die bokant soos di\u00e9 van die SLK nie. Die sierrooster van die SLC is ook meer gerond as di\u00e9 van die SLK. Die basiese resep van sportmotorontwerp soos met die MX5 is nog steeds hier sterk teenwoordig met \u2018n kort stert en lang neus. Baie klein oorhange voor en agter. Die SLC lyk werklik soos n mini-SL met stukkies wat aan die SLS asook die GT herinner.<\/p>\n<h3>Binneruim<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41239\" aria-describedby=\"caption-attachment-41239\" style=\"width: 197px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-ratkierie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41239\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-ratkierie.jpg\" alt=\"SLK-ratkierie\" width=\"197\" height=\"180\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-ratkierie.jpg 197w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-ratkierie-148x135.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-ratkierie-31x28.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLK-ratkierie-38x35.jpg 38w\" sizes=\"auto, (max-width: 197px) 100vw, 197px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41239\" class=\"wp-caption-text\">SLK-ratkierie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Wat die binneruim aanbetref, is die SLC byna identies aan die SLK, die kort ratkierie wat dieselfde is as in die AMG GT-motor en \u2018n meer geronder middelste gedeelte van die stuurwiel wat identies is aan die nuwe C-klas, verteenwoordig die groot verskille. Verder is die kleurskerm in die bestuurder se ooglyn tussen die spoed en toeremeter ook \u2018n nuwer weergawe as in die SLK.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41242\" aria-describedby=\"caption-attachment-41242\" style=\"width: 193px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-ratkierie.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41242\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-ratkierie.jpg\" alt=\"SLC-ratkierie\" width=\"193\" height=\"182\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-ratkierie.jpg 193w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-ratkierie-148x140.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-ratkierie-31x29.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-ratkierie-38x36.jpg 38w\" sizes=\"auto, (max-width: 193px) 100vw, 193px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41242\" class=\"wp-caption-text\">SLC-ratkierie<\/figcaption><\/figure>\n<p>Toerusting en bougehalte is uit die boonste rakke met swart leer wat alles bedek van die stuurwiel tot die binnekant van die deure. Alle instrumente is duidelik leesbaar met \u2018n logiese uitleg. Daar is afstandbeheerde knoppies op die stuurwiel vir die radio, togbeheer en om die aanboordrekenaar se funksies te beheer. In die SLC is die dak ook afslaanbaar soos in die MX5, maar hier gebeur alles elektronies. Wanner die dak heeltemal afgeslaan is, neem dit nogal heelwat plek in die begasieruim op en kan daar slegs klein plat items ingelaai word. Met die dak toegemaak, bied die SLC 335 liter se pakplek, met dak oop krimp dit na 225 liter toe, en toegang is baie beperk.<\/p>\n<h3>Enjin<\/h3>\n<figure id=\"attachment_41241\" aria-describedby=\"caption-attachment-41241\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41241\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant-300x199.jpg\" alt=\"SLC van die kant af\" width=\"300\" height=\"199\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant-300x199.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant-148x98.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant-325x215.jpg 325w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/SLC-van-kant.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41241\" class=\"wp-caption-text\">SLC van die kant af<\/figcaption><\/figure>\n<p>Ons toetsmotor is toegerus met Mercedes se 2.0-literturbo-aangejaagde enjin wat 135 Kw lewer en 300 Nm se wringkrag te danke aan die turbo. Brandstofverbruik is 6,1l\/100km en uitlaatgasse is 143g\/km. Daar is n 9-spoed- outomatiese ratkas wat ook deur middel van trekpedale agter die stuurwiel die bestuursgenot so bietjie kan aanvul. Ratskakelings is seepglad en die 2.0-literenjin grom erg soos \u2018n dier in \u2018n hok wanneer die lepel bietjie plat getrap word. Verrigting is 6,9 sekondes van rus tot 100km\/u en \u2018n heel onwettige 237 km\/u-maksimumsnelheid.<\/p>\n<h3>Gevolgtrekking<\/h3>\n<p>Die verskil tussen die MX5 en die SLC 200 is natuurlik die prys van die Benz wat R234 000 meer is, maar die ooreenkomste is volop. Albei is liggewigsportmotors met hope skop, albei is toegerus met alledaagse luukses wat dinge binne-in die motors net soveel lekkerder en gemakliker maak. Die verrigting is so naby aan mekaar dat jy werklik \u2018n goed geskoolde renjaer en natuurlik \u2018n renbaan gaan nodig h\u00ea om \u2018n wenner te kan kies. Wat lengte aanbetref, is die SLC slegs 2cm langer as die MX5 en minder as 1cm bre\u00ebr. Die MX5 is wel 7cm laer as die SLC maar die SLC se grondvryhoogte is weer 3,8cm laer as di\u00e9 van die MX5. Wat ander mededingers aanbetref, is daar nie werklik enige iets anders wat meeding nie. Mens kon dalk die Alfa 4C Spider ook hier inreken maar Alfa bemark die 4C Spider teen dubbel die R702 000 van die SLC en dan kry jy ook nie naastenby soveel motor soos die MX5 of die SLC nie. Porsche se Boxster is \u2018n ander mededinger, maar teen byna R80 000 duurder as die SLC bly die MX5 en die SLC die twee mees bekostigbare opsies in die sportmotorklas.<\/p>\n<h4><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Mazda MX5 R437 300<\/span><\/span><\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">b<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">uite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">3 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruim<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">gehalte<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\"> en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">a<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">fwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\"> en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">p<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">raktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">3 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">r<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">atkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">34 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<h4><strong><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Mercedes SLC 200 AMG Line R702 222<\/span><\/span><\/strong><\/h4>\n<table width=\"340\" cellspacing=\"0\" cellpadding=\"7\">\n<colgroup>\n<col width=\"240\" \/>\n<col width=\"70\" \/> <\/colgroup>\n<tbody>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Prys<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">3 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Voorkoms <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">b<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">uite <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Binneruim<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">gehalte<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\"> en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">a<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">fwerking<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Ruimte<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\"> en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">p<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">raktiese toepassing<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">4 uit 5 <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Agter die stuur<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Enjin en <\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">r<\/span><\/span><\/span><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">atkas<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Op die pad<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Veiligheid<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">5 uit 5<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<tr valign=\"top\">\n<td width=\"240\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">Totaal <\/span><\/span><\/span><\/td>\n<td width=\"70\"><span style=\"font-family: Cambria,serif;\"><span style=\"font-size: medium;\"><span lang=\"en-US\">37 uit 40<\/span><\/span><\/span><\/td>\n<\/tr>\n<\/tbody>\n<\/table>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Almal droom daarvan om \u2018n plat sportmotor te kan ry. Daar is al hoeveel liedjies daaroor geskryf maar min van ons kry ooit die geleentheid om dit werklik te ervaar! In Suid-Afrika is daar ook nie so baie afslaankapsportmotors om van te kies nie; ons het die voorreg gehad om twee relatief bekostigbare afslaankapsportmotors vir [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":8,"featured_media":41234,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[25,103],"tags":[23345,7678,23346,23347],"class_list":["post-41227","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-s28-motors","category-c94-padtoetse","tag-mazda","tag-mercedes-benz","tag-mx5","tag-slc-200"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41227","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/8"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41227"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41227\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41234"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41227"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41227"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41227"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}