{"id":41168,"date":"2016-10-09T22:41:49","date_gmt":"2016-10-09T20:41:49","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41168"},"modified":"2016-10-10T07:00:54","modified_gmt":"2016-10-10T05:00:54","slug":"die-stand-van-die-wedloop","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41168","title":{"rendered":"Die stand van die Amerikaanse wedloop"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_41169\" aria-describedby=\"caption-attachment-41169\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignnone\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41169\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild-300x191.jpg\" alt=\"v.l.n.r. Hillary, Evelyn, Bill Lynn. Die w\u00eareld se gevaarlikste skurke in een foto.\" width=\"300\" height=\"191\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild-300x191.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild-148x94.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild-31x20.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild-38x24.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild-338x215.jpg 338w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/Clinton_Rothschild.jpg 634w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-41169\" class=\"wp-caption-text\">v.l.n.r. Hillary, Evelyn, Bill en Lynn. Die w\u00eareld se gevaarlikste skurke in een foto.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Soos wat die aanloop na die presidentverkiesing van die Verenigde State vorder, word die stryd meer verbete en persoonlik. Albei partye probeer mekaar roskam oor hul slegte gedrag uit die verlede. Dit is natuurlik \u2018n gerieflike strategie om die aandag af te lei van die werklike kwessies wat ter sprake is.<\/p>\n<p>Net die afgelope Saterdag 8 Oktober het dit uitgelek dat Donald Trump iets onfatsoenliks kwytgeraak het oor vroue in \u2018n privaat onderhoud met iemand, en soos \u2018n kaarthuis wat instort, eis die Republikeinse agterban sy uittrede. Selfs die Piet Snot nuusmedia in Nederland het Trump se uitlatings voorbladnuus gegee. Van die Bush familie tot bykans dwars oor die linie begin die opwelling teen hom. Die idee hieragter is dat Hitlery die presidentskap moet oorneem, en net soos Poetin, word Trump ook nou as geestelik onstabiel en gevaarlik voorgehou.<\/p>\n<p>Sodra ons hierdie elitew\u00eareld van skadu\u2019s en intriges betree, is dit belangrik om te weet wat mense motiveer, aangesien die magte agter die skerms uiteindelik bepaal wat werklik aan die gang is en wat moet gebeur, en nie soseer die president nie.<\/p>\n<p>Hoewel Trump nog al die jare nou betrokke was by die politiek en partye gefinansier het, blyk dit dat hy inderdaad nie heeltemaal onderdanig gaan wees soos die grootbase in die VS sou wou nie, en daarom nou as \u2018n bedreiging gesien word.<\/p>\n<p>Sy opponent, Clinton, se gesondheid is egter so bedenklik dat dit af en toe lyk asof sy kunsmatig in lewe gehou word, en \u2018n mens wonder hoekom sy nie maar die handdoek wil ingooi nie. Dit is asof die duiwel agter haar sit.<\/p>\n<p>En dit is hierdie laasgenoemde stelling wat aandag geniet.<\/p>\n<p>Clinton se verlede is baie meer bekend, en uiters, uiters grimmig. Sy is \u2018n gewetenlose monster soos wat ons kan sien hoe sy as prokureur \u2018n verkragter verdedig het en sy 12-jarige slagoffer <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=qcqh0gRy-og\">uitgelag<\/a> het. Hierdie slagoffer het uiteindelik vyf dae in \u2018n koma gel\u00ea en was vir tien jaar in psigoterapie gewees vanwee hierdie aanval, terwyl die dader \u2013 danksy Clinton se geknoei en gelieg \u2013 slegs twee maande tronkstraf gekry het.<\/p>\n<p>Andersins het ook <a href=\"https:\/\/conservativedailypost.com\/breaking-hillary-sent-1-email-showing-terrorists-how-to-kill-amb-chris-stevens\/\">geblyk<\/a> dat sy indirek agter die moord van ambassadeur Chris Stevens in Benghazi, Libi\u00eb was. In haar uitgelekte eposse het sy die ambassadeur se hotel, afsprake en beveiligingssituasie verklap en het sodoende \u2018n skietskyf van hom gemaak. Agterna het sy die vermetelheid gehad om te beweer dat sy eie nalatigheid sy lewe gekos het. Desnieteenstaande was dit vir haar die perfekte verskoning gewees om van Khaddafi ontslae te raak en van sy land \u2013 wat die welvarendste in Noord-Afrika was \u2013 &#8216;n mislukte skurkestaat te maak. En nou sit Europa met die gebakte pere in die vorm van swart geluksoekers vermom as \u2018asielsoekers\u2019 wat die misdaadsyfer in Europa aansienlik laat styg het.<\/p>\n<p>Ook is dit <a href=\"http:\/\/www.thepoliticalinsider.com\/wikileaks-confirms-hillary-sold-weapons-isis-drops-another-bombshell-breaking-news\/\">bekend<\/a> dat sy die terreurgroep ISIS van wapens voorsien het en dat sy (mede)verantwoordelik was vir die belangrikste politieke krisisse van ons tyd. Die asielsoekers, die puinhoop in die Midde-Ooste sedert Irak, Jemen, die NAFTA-verdrag wat middelklas Amerikaners hul werk gekos het, is aan haar te danke. Daarbenewens het sy tydens haar eerste presidensi\u00eble wedloop in 2012 ges\u00ea dat sy Iran van die aardbodem wou vee en blykbaar het sy Libanon ook in die visier. Om maar te swyg oor Rusland.<\/p>\n<p>Kortom, as Clinton aan bewind kom, gaan die Derde W\u00eareldoorlog uitbreek.<\/p>\n<p>Origens, vir die belangstellendes kan <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=JJ4mR2NDF20\">hier<\/a> gesien word hoe sy en manlief hul korrupte emporium opgebou het met geld uit koka\u00efene en hoedat hulle selfs minderjarige kinders aan hierdie gif verslaaf het. Dit is domweg verbysterend hoe hulle soveel mag en invloed kon monster met hierdie kriminele geskiedenis, volledig met \u2018n hele aantal vermoordes wat \u2018n bedreiging vir hulle gevorm het. \u2018n Mens sou byna dink dat Al Capone meer integriteit gehad het. Selfs die MK Ultraslaaf Cathy O\u2019Brien het in haar werk <em>TranceFormation of America<\/em> (uit 1996) geskryf hoedat sy in die tagtiger jare Bill Clinton se dwelmkoerier was en dat Hillary haar seksueel gemolesteer het. Dit is ook bekend dat Hillary die vroue wat deur haar man seksueel aangerand is, afdreig en tot swye intimideer.<\/p>\n<p>Daar is egter enkele aannames om te beweer dat die duiwel w\u00e9l agter Hillary aan is, en dit mag verklaar waarom sy ondanks haar siektetoestand nie durf om te stop nie.<\/p>\n<p>Waar Obama die <a href=\"http:\/\/www.rense.com\/general81\/abig.htm\">marionet<\/a> van die Poolse kommunis en Ruslandhater Zbigniew Brzezinski is, lyk dit asof Clinton die <a href=\"http:\/\/yournewswire.com\/wikileaks-reveal-clinton-ties-to-rothschilds-and-occult-cabal\/\">dienaar<\/a> van die Groot Satan homself is, naamlik Sir Evelyn de Rothschild.<\/p>\n<p>In \u2018n <a href=\"https:\/\/wikileaks.org\/clinton-emails\/emailid\/1570\">eposwisseling<\/a> uit 2010 blyk haar onderdanigheid aan Lynn Forester de Rothschild, die vrou van Evelyn, waarin Hillary as Minister van Buitelandse Sake (Secretary of State) haar nederige om verskoning gevra het, kompleet met die woorde \u201cLet me know what penance I owe you\u201d, wat nogal verdag klink vir \u2018n minister. Ek dink haar wedloop, ondanks haar siekte, is haar boetedoening.<\/p>\n<p>Sir Evelyn is \u2018n bekende globalis en het al <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=FRrv1pSzGyc\">gepleit<\/a> vir die invoering van \u2018n globale munteenheid, en dit mag \u2018n verklaring bied vir die vernietiging van Libi\u00eb, wie se munteenheid aan die goudstandaard gekoppel was. Iran se Sjariabanke val ook buite sy beheer en nou weet ons hoekom Hillary daardie land ook wil vernietig. Vergelyk dit met Griekeland wie se ekonomie heeltemaal vernietig is as gevolg van die ho\u00eb Euro en dan weet ons dat die invoering van \u2018n globale munteenheid die w\u00eareld se arm lande op soortgelyke manier gaan beskadig met onbetaalbare staatskulde, oorlog, resessie en massamigrasie as resultaat.<\/p>\n<p>Enkele maande gelede het mevrou Rothschild \u2018n fondsinsamelingdinee vir die Clintons gehou op die landgoed van haar neef Jacob de Rothschild, teen \u2018n honderd duisend dollar per bord. Overgezet zijnde beteken dit dat hulle haar nou eien, en net soos wat \u2018n mens geen paaie sou wou kruis met \u2018n bedugte maffiabaas nie, durf n\u00f2g die Clintons, n\u00f2g die hoofstroommedia teen die wil van die Rothschilds te gaan. Onthou, PW Botha het destyds ook omkoopgeld van Jacob de Rothschild geweier en het kort daarna \u2018n \u201cberoerte\u201d gehad; \u2018n vriendlike versoek om sy amp neer te l\u00ea, sou \u2018n mens byna s\u00ea.<\/p>\n<p>Terwyl die hoofstroommedia \u2018n hele spektakel oor Trump se opmerkings maak van meer as tien jaar gelede, word die realiteit verswyg oor die situasie van sy teenstander Hillary Clinton.<\/p>\n<p>Hoewel ek bepaald geen simpatie vir haar het nie, werp die bogenoemde inligting \u2018n ander perspektief op haar verbete aanvalle op Trump en haar siekte. Haar Faustiaanse verbond met die Rothschilds vermoed ek is die werklike rede vir haar deursettingsvermo\u00eb ondanks haar swak gesondheid en nie Trump se opmerkings nie.<\/p>\n<p>Ongelukkig is die werklikheid in ons tyd altyd grimmiger as wat ons dink.<\/p>\n<p>Kom ons hoop maar dat Trump sy beloftes sal nakom en gespaar sal bly van enige \u201cberoertes\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos wat die aanloop na die presidentverkiesing van die Verenigde State vorder, word die stryd meer verbete en persoonlik. Albei partye probeer mekaar roskam oor hul slegte gedrag uit die verlede. Dit is natuurlik \u2018n gerieflike strategie om die aandag af te lei van die werklike kwessies wat ter sprake is. Net die afgelope Saterdag [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[43,10],"tags":[22221,23331,5829,23332,7721],"class_list":["post-41168","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c24-joseph-secreve","category-rubrieke","tag-donald-j-trump","tag-evelyn-de-rothschild","tag-hillary-clinton","tag-lynn-forester-de-rothschild","tag-pw-botha"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41168","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41168"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41168\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41168"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41168"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41168"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}