{"id":41159,"date":"2016-10-09T11:46:47","date_gmt":"2016-10-09T09:46:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41159"},"modified":"2016-10-13T09:15:27","modified_gmt":"2016-10-13T07:15:27","slug":"dan-roodt-in-stockholm-broei-n-regse-gevaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41159","title":{"rendered":"Dan Roodt: In Stockholm broei &#8216;n &#8216;regse gevaar&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Ek is nou maar enkele dae terug van my besoek aan Stockholm waar ek op uitnodiging aan die Identit\u00e4r Id\u00e9-konferensie op Saterdag 1 Oktober deelgeneem het. Oral in Europa het die woord &#8220;identit\u00ear&#8221; deesdae &#8216;n regse of nasionalistiese konnotasie en di\u00e9 konferensie wat jaarliks plaasvind gaan dan juis om temas soos identiteit, immigrasie en samewerking tussen patriotiese groepe in Europa en w\u00eareldwyd.<\/p>\n<p>Vanwe\u00eb vrese dat linkse groepe dalk die konferensie mag ontwrig, is die ligging eers omtrent &#8216;n uur of twee voor die tyd bekendgemaak. Van die konferensiegangers is aanges\u00ea om by die naaste moltreinstasie te wag totdat hulle per sms oor die lokaal ingelig is.<\/p>\n<p>Ek en twee Amerikaners was die enigste buitelandse sprekers wat ons voordragte op Engels gelewer het, terwyl die res van die verrigtinge alles in Sweeds plaasgevind het. Die gehoor van omtrent 200 mense het hoofsaaklik uit Swede, jonk en oud, bestaan. &#8216;n Viertal jong Lettiese politici het dit insgelyks bygewoon en ons het voor en n\u00e1 die konferensie in kafees en restaurante saam gekuier.<\/p>\n<p>Hierdie was my tweede besoek aan Swede, n\u00e1 2010 toe ek net vir twee dae in die stad was. Iewers op straat was daar &#8216;n plakkaat met die woorde: &#8220;Stockholm, hoofstad van Skandinawi\u00eb&#8221;, en &#8216;n mens kan seker nie daarmee verskil nie, want dit het iets van die grootsheid van Parys, Berlyn of Rome, met dieselfde ooraanbod van museums, historiese geboue, paleise, geskiedenis, luukse winkels, kafees, restaurante en &#8216;n lewendige naglewe. Ek het eers omtrent drie-uur in die oggend by die agterna-partytjie van Identit\u00e4r Id\u00e9 weggekom en was verbaas om te sien dat die moltrein steeds funksioneer en redelik vol passasiers is.<\/p>\n<p>Daar heers groot belangstelling in Suid-Afrika onder die meer konserwatiewe Swede wat in ons land die proefkonyn vir die oorlewing van die globale blanke, Westerse minderheid sien. Een van die jong Swede het selfs in die openbaar voor al die konferensiegangers teenoor my om verskoning gevra vir Swede se rol om die ANC\/SAKP in Suid-Afrika aan bewind te bring. Hy woon tans in Berlyn saam met &#8216;n Duitse vrou en het agterna teenoor my beken: &#8220;Die helfte van my menings is onwettig in Duitsland, maar ten minste voel dit nie so polities korrek soos Swede nie!&#8221;<\/p>\n<p>Eintlik het Afrikaners en Swede baie met mekaar in gemeen. Albei volkere is nasionalisties, hardwerkend, pragmaties en vooruitstrewend, behalwe dat ons albei op verskillende maniere in die twintigste eeu deur linkse politici op sleeptou geneem is tot hier waar ons om oorlewing moet veg. Terwyl Afrikaanse media deur die linkse Naspersgroep oorheers word, is die Bonnier-groep weer die mediamaatskappy wat omtrent alle koerante, tydskrifte, boeke en TV-kanale in Swede beheer. Die Bonniers is &#8216;n ryk Joodse familie wat aanvanklik boeke in Denemarke begin uitgee het en uiteindelik &#8216;n baie groot deel van die media in Swede en elders in Skandinawi\u00eb ingepalm het. In die sestiger- en sewentigerjare het &#8216;n joernalis, P\u00e4r Westberg, wat &#8216;n goeie vriend van die kommunistiese skryfster Nadine Gordimer in Suid-Afrika was, &#8216;n hele veldtog teen Suid-Afrika in die Bonnier-media, veral die invloedryke dagblad Dagens Nyheter, gevoer en sodoende die bevolking teen Afrikaners en blankes opgesweep.<\/p>\n<p>Dis &#8216;n stereotipe om te dink dat alle Swede steeds links of polities korrek is. Vandag in Suid-Afrika is die hele Afrikaner-elite in elk geval ewe links en polities korrek. Meer nog: die Afrikanerelite het anti-blank geraak, iets wat &#8216;n mens nie eens van die linkse Swede sou kon s\u00ea nie. Die Universiteit van Stellenbosch het &#8216;n eredoktorsgraad postuum aan &#8216;n kommunistiese saboteur uit &#8216;n goeie Bloemfonteinse familie, Bram Fischer, toegeken. By verre die meerderheid Afrikaners stem vir &#8216;n linkse, multikulturele, anti-Westerse party, die DA. Indien &#8216;n mens van buite na Afrikaners kyk, kom dit voor asof die meeste van ons mense ultraliberaal of selfs kommunisties is. Tog weet ons dis nie die geval nie: om die spreekwoordelike braaivleisvure verdra ons skaars die juk van die huidige oorheersing.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41161\" aria-describedby=\"caption-attachment-41161\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41161\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z-300x225.jpg\" alt=\"Hierdie plakkers moedig vlugtelinge aan &quot;huis toe te gaan&quot;\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29428064603_8bb422375b_z.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41161\" class=\"wp-caption-text\">Hierdie plakkers moedig vlugtelinge aan om &#8220;huis toe te gaan&#8221;<\/figcaption><\/figure>\n<p>Dieselfde geld vele van die Swede wat ek ontmoet het, en wat fel gekant is teen die beleid van hul linkse regering om immigrante en vlugtelinge uit Noord-Afrika en die Midde-Ooste na hul land in te voer. Van die regse Swede voer &#8216;n verbete stryd teen d\u00edt wat hulle as die kolonisering van hul ontwikkelde, eerstew\u00eareldland deur hordes immigrante uit die derde w\u00eareld sien. Hulle brand selfs geboue af waar immigrante geherberg word, of betoog daarteen. Die regse party, die Sweedse Demokrate, geniet tans ongeveer dertig persent steun, volgens meningsopnames, ondanks histeriese kritiek deur die hoofstroommedia, veral natuurlik di\u00e9 van die Bonnier-groep.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41165\" aria-describedby=\"caption-attachment-41165\" style=\"width: 640px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-41165\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z.jpg\" alt=\"Stockholm bestaan eintlik uit honderde eilande wat met br\u00fbe verbind is.\" width=\"640\" height=\"480\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z.jpg 640w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985058721_c1eb02e0e3_z-287x215.jpg 287w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41165\" class=\"wp-caption-text\">Stockholm bestaan eintlik uit honderde eilande wat met br\u00fbe verbind is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Nog &#8216;n stereotipe oor Swede is dat die mense mooi is. Dis egter nogal waar. Naas Afrikaners wat ook fisiek aantreklik is, is Swede seker van die mooiste mense op aarde. Behalwe: Afrikaners n\u00e1 dertig is geneig om oorgewig te raak en lyk soms onversorg. Hierteenoor, ook omdat soveel van hulle oral heen fietsry, lyk die gemiddelde Sweedse man of vrou fiks, viets en versorg. Stockholm is &#8216;n mekka vir die fietsryer, want oral is daar fietspaaie en by elke woonstelgebou sien mens dosyne fietse staan. Van die modieuse vrouens wat deftig aangetrek is, huiwer nie om per fiets te gaan inkopies doen nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41163\" aria-describedby=\"caption-attachment-41163\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41163\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z-300x225.jpg\" alt=\"In die moltrein is daar meesal blankes; let ook op hoe skoon die vloer is.\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29440813714_328c3eb81c_z.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41163\" class=\"wp-caption-text\">In die moltrein is daar meesal blankes; let ook op hoe skoon die vloer is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die openbare vervoer werk uitstekend en &#8216;n mens kan oral per trein, moltrein, bus en selfs boot kom, want die moltreinkaart gee insgelyks toegang tot bote wat op die mere, kanale en riviere van di\u00e9 waterryke stad vaar. Sommige mense pendel blykbaar per boot tussen die huis en die werk.<\/p>\n<p>Hoewel die uitspraak aanvanklik vreemd op die oor val, is Sweeds ook &#8216;n Germaanse taal wat nie so ver van Afrikaans verwyder is nie. Vele woorde kan &#8216;n mens maklik ontsyfer, soos byvoorbeeld &#8220;utgang&#8221; wat uitgang beteken, &#8220;bok&#8221; (boek), &#8220;hastighet&#8221; (letterlik haastigheid, maar ook internetspoed), ens. Feitlik alle Swede praat egter Engels en daarmee kan mens ook gemaklik oor die weg kom, veral nadat jy ges\u00ea het: &#8220;Jag talar lite svenska&#8221; (Ek praat &#8216;n bietjie Sweeds). Anders as in Suid-Afrika waar Afrikaners so laks is om hul eie taal in die openbaar te skryf, is alle kennisgewings in Swede egter in Sweeds. Selfs by die lughawe en toeristebestemmings is daar uiters min Engels te bespeur, wat &#8216;n verfrissende blyk van die mense se taal- ek kultuurtrots is.<\/p>\n<p>Op &#8216;n stadium het ek in die Stureplan-buurt ingevaar op soek na my Franse skoenpolitoer met byewas wat &#8216;n mens glad nie in Suid-Afrika vind nie, en oral waar ek by winkels of op straat navraag gedoen het, het mense uit hul pad gegaan om my te help. Uiteindelik het ek by twee skoenwinkels, Skoaktiebolaget en B\u00e4ckmans geholpe geraak. Agter in die winkel by B\u00e4ckmans sit twee jong, blonde Swede en skoene versool. In di\u00e9 opsig is Stockholm &#8216;n reuseweergawe van Orania, want &#8216;n mens sien baie min anderskleuriges wat enige handearbeid verrig. Trouens, in die hele Stockholm is daar baie min van die immigrante te siene waarteen konserwatiewe Swede betoog en &#8216;n stryd voer. Blykbaar is hulle aan die buitewyke van die stad in bepaalde ghettobuurte te vinde, waar hulle van staatstoelaes leef en, anders as die Swede, nie veel werk verrig nie.<\/p>\n<figure id=\"attachment_41162\" aria-describedby=\"caption-attachment-41162\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-41162\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z-300x225.jpg\" alt=\"Hierdie posafleweringswa het ek op 'n Sondag gewaar; kennelik word daar 7 dae per week pos afgelewer.\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/29985085291_1dc93d8cb5_z.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-41162\" class=\"wp-caption-text\">Hierdie posafleweringswa het ek op &#8216;n Sondag gewaar; kennelik word daar 7 dae per week pos afgelewer.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die pos word deur stereotipe Sweedse blondines vervoer en afgelewer (sien foto hiernaas), en blykbaar beskik Swede oor die beste posdiens in die hele Europa, want 95% van alle posstukke word binne 24 uur afgelewer, selfs op die mees afgele\u00eb dorpies in die binneland.<\/p>\n<p>Die legendariese Sweedse internetspoed (hastighet) is werklik verstommend, want in die woonstel waar ek tuisgegaan het, het ek op my selfoon &#8216;n aflaaispoed van 184 megabisse per sekonde en &#8216;n oplaaispoed van 154 megabisse per sekonde gemeet. Honderde foto&#8217;s op my selfoon is binne &#8216;n minuut of twee opgelaai en aanlyn geberg, iets wat met Suid-Afrikaanse ADSL ure of selfs dae lank sou neem.<\/p>\n<p>Hoewel Swede reeds dekades lank oor linkse, Sosiaal-Demokratiese regerings beskik, sou dit verkeerd wees om dit as sosialisties te tipeer. Afgesien van die drankhandel wat geheel en al deur die staat beheer word, blykbaar om alkoholisme te bekamp, word feitlik alle dienste deur privaatmaatskappye gelewer. Selfs die posdiens is gedeeltelik geprivatiseer en mens kan by &#8216;n toonbank in die supermark briewe en pakkies pos. Belastings is wel hoog, maar ek het agtergekom dat almal strokies van hul betalings in kafees en restaurante versamel om dit agterna as uitgawes op hul belastingvorms te eis.<\/p>\n<p>Stockholm is &#8216;n duur stad, byna so duur soos New York of Londen, ook wat verblyf betref, maar is oogluikend welvarend, skoon, goed onderhou en georganiseerd. Selfs in die stasies kom mens luukse winkels en kafees te\u00eb.<\/p>\n<p>Trouens, tesame met hul nywerhede, ho\u00eb tegnologie, goeie skole en universiteite, kultuur en letterkunde, verteenwoordig Swede iets van &#8216;n blanke, Westerse utopie. As ek Sweeds was, sou ek saam met die regse Swede herberge vir vlugtelinge afgebrand het! Waarom so &#8216;n idilliese samelewing met aggressiewe Moslems en ander derdew\u00eareldimmigrante bederf?<\/p>\n<p>Maar nes die Afrikanerelite nie lank gelede nie, is die linkse Sweedse politici vasbeslote om hul eie land oor die afgrond te smyt en &#8216;n multikulturele hel van konflik, geweld en misdaad daarvan te maak. Waarom? wil &#8216;n mens vra.<\/p>\n<p>Swede is ook pioniers wat van hul koue, onherbergsame land &#8216;n paradys gemaak het. &#8216;n Jong Sweed vanuit die noorde van die land met spierwit hare en blou-blou o\u00eb het my hartlik uitgenooi om saam met my gesin te kom kyk hoe dit in die winter lyk as dit minus vyf en dertig grade Celsius buite is. Om in daardie koue te boer, paaie en huise te bou, skool te gaan, ens., verg omtrent soveel vasberadenheid en durf soos om oor die Drakensberge te trek.<\/p>\n<p>Eintlik het ons baie met Swede in gemeen: ons praat albei een van die kleiner Germaanse tale, ons word albei deur linkses verdruk en ons hou albei van orde en dissipline. Die huidige pro-Afrikaanse beweging onder Afrikaners is &#8216;n minderheidsbeweging, net soos die patriotiese Swede &#8216;n minderheid van omtrent 30% in hul land verteenwoordig.<\/p>\n<p>My gevoel is dat ons in die toekoms baie meer met Swede gaan saamwerk. Ek het soveel goeie vriende daar gemaak dat dit eintlik onafwendbaar is.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-41164\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-225x300.jpg\" alt=\"time_europe_right\" width=\"225\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-225x300.jpg 225w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-768x1024.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-111x148.jpg 111w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-23x31.jpg 23w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-29x38.jpg 29w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right-161x215.jpg 161w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/10\/time_europe_right.jpg 840w\" sizes=\"auto, (max-width: 225px) 100vw, 225px\" \/><\/a>Oral in Europa is dit tans in die mode om regs of nasionalisties te wees, veral onder jongmense en Swede is geen uitsondering nie. Waaraan &#8216;n hele klomp Swede egter baie hard werk, is om &#8216;n hele pro-blanke, pro-Westerse beweging uit al die losse groepe in Europa saam te snoer deur byvoorbeeld boeke en webwerwe uit Europese tale oor en waar te laat vertaal. Sodoende raak &#8220;Stockholm, hoofstad van Skandinawi\u00eb&#8221; amper &#8220;Stockholm, hoofstad van nasionalistiese Europa&#8221;, die setel van die regse gevaar waaroor die Amerikaanse nuustydksrif <em>Time<\/em> onlangs berig het.<\/p>\n<p>Suid-Afrika as antipode van die w\u00eareld beleef tans sy kommunistiese\/sosialistiese fase, d\u00edt wat Europa in 1989 afgeskud het. Ook die meeste lede van die Afrikanelite en ou Broederbond-NP het hulle daartoe bekeer en is byvoorbeeld regstreeks verantwoordelik vir die revolusion\u00eare gemors wat ons tans op ons kampusse waarneem.<\/p>\n<p>Persoonlik neem ek verlief daarmee dat die Afrikanerelite en die hoofstroommedia my as nie-linkse minag en sensureer. Intellektueel voel ek my veel meer tuis in Swede of Frankryk waar &#8216;n magdom nuwe boeke verskyn waarin indringend oor die toekoms van die Westerse beskawing besin word as in polities korrekte Suid-Afrika waar die gesanik oor rassisme enige werklike debat onmoontlik maak.<\/p>\n<p>In di\u00e9 opsig is die minderheid Afrikaners wat nog weerstand teen die links-revolusion\u00eare waansin in Suid-Afrika probeer bied en vir wie &#8220;witheid&#8221; of Westersheid nie &#8216;n vloekwoord is nie, seker eerder &#8220;Eurokaners&#8221; as die verloopte Afrikaners waarna Leon Lemmer so gereeld in sy rubrieke verwys. In elk geval het Naspers en die Afrikanerelite lankal afskeid van die begrip &#8220;Afrikaner&#8221; of &#8220;Boer&#8221; geneem en beskou hulle hul as multikulturele &#8220;Suid-Afrikaners&#8221; met &#8216;n afkeer van die tradisionele Afrikaanse kultuur, selfs van Afrikaans as onderrigmedium. Meer as 200 professore aan die Universiteit van Stellenbosch het &#8216;n petisie onderteken om Afrikaans aan di\u00e9 instelling af te skaf.<\/p>\n<p>Wat idees betref, het ons Afrikaners ballinge in ons eie land geword, want die heersende Afromarxisme en Anglo-Amerikaanse politieke korrektheid maak eintlik ons hele bestaan onmoontlik. Ons word as ongewenstes beskou, of in Thabo Mbeki se gevleuelde woorde: &#8220;Setlaars wat versuim het om te vertrek.&#8221;<\/p>\n<p>Maar die wiel is besig om te draai. Soos wat die Berlynse Muur wonderbaarlik in 1989 in duie gestort het, neem vele vandag die hamer teen geestelike kommunisme op, van Stockholm tot hier in Johannesburg en Pretoria. Op &#8216;n menigte webblaaie en op sosiale media gis en borrel dit behoorlik.<\/p>\n<p>Van die verre noorde van Europa tot hier by ons aan die suidpunt van Afrika, slaan die tekens van opstand teen die linkse hegemonie &#8211; d\u00edt wat Mikhail Gorbatsjof die &#8220;nuwe USSR in Wes-Europa&#8221; genoem het &#8211; uit soos Namakwalandse madeliefies in die lente.<\/p>\n<p>Ons staan nie meer alleen nie. Net d\u00edt gee mens al hoop vir die toekoms.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ek is nou maar enkele dae terug van my besoek aan Stockholm waar ek op uitnodiging aan die Identit\u00e4r Id\u00e9-konferensie op Saterdag 1 Oktober deelgeneem het. Oral in Europa het die woord &#8220;identit\u00ear&#8221; deesdae &#8216;n regse of nasionalistiese konnotasie en di\u00e9 konferensie wat jaarliks plaasvind gaan dan juis om temas soos identiteit, immigrasie en samewerking [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":41160,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41,10],"tags":[17733,6279,7342,23330,4708,2227,8385,2242,8707],"class_list":["post-41159","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c22-dan-roodt","category-rubrieke","tag-afrikanerelite","tag-berlyn","tag-berlynse-muur","tag-identitar-ide","tag-kommunisme","tag-nasionalisme","tag-stockholm","tag-suid-afrika","tag-swede"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41159","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41159"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41159\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41160"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41159"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41159"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41159"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}