{"id":41081,"date":"2016-10-04T08:03:58","date_gmt":"2016-10-04T06:03:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=41081"},"modified":"2016-10-04T10:20:30","modified_gmt":"2016-10-04T08:20:30","slug":"colombiane-verwerp-ooreenkoms-met-marxistiese-rebelle","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=41081","title":{"rendered":"Colombiane verwerp ooreenkoms met Marxistiese rebelle"},"content":{"rendered":"<p>Colombia se regering en die Marxistiese Farc-guerrillas het Maandag alles in die stryd gewerp om \u2019n plan te laat herleef wat \u2019n einde aan die 52 jaar lange oorlog moet maak. <\/p>\n<p>Dit volg nadat kiesers \u2019n onderhandelde ooreenkoms tussen die twee partye in \u2019n referendum verwerp het. Kiesers meen die ooreenkoms is die rebelle te genadig.<\/p>\n<p>N\u00e1 die verpletterende politieke nederlaag het pres. Juan Manuel Santos Maandag probeer om ondersteuners van die vier jaar lange onderhandelinge met die Rewolusion\u00eare Gewapende Magte van Colombia (Farc) moed in te praat.<\/p>\n<p>Santos, het met opposisieleiers vergader, en twee kabinetsministers en die hoofonderhandelaar, Humberto de la Calle, aangestel om te poog om die vredesonderhandelings met die FARC-rebellegroep aan die gang te probeer hou. <\/p>\n<p>De la Calle het vroe\u00ebr aangebied om te bedank. <\/p>\n<p>Die voormalige president wat die leier is van die groep wat onderhandelings teenstaan, het veranderinge in die ooreenkoms met die rebelle ge\u00ebis. Hy glo soos baie Colombiane dat die regering te veel toegewings gemaak het.<\/p>\n<p>Meer as 220 000 mense is in Latyns-Amerika se langdurigste konflik in meer as \u2019n halfeeu dood.<\/p>\n<p>\u201cEk sal nie moed opgee nie. Ek sal aanhou na vrede soek tot die laaste minuut van my termyn,\u201d het Santos ges\u00ea, oomblikke nadat die referendum se uitslae Sondag bekend gemaak is. <\/p>\n<p>Rodrigo (Timochenko) Londono, die top FARC-bevelvoerder, het op sy beurt ook die versekering gegee dat die rebelle steeds daartoe verbind is om \u2019n vreedsame politieke party te word.<\/p>\n<p>\u201cFarc herbevestig sy uitgangspunt om net woorde as \u2019n wapen te gebruik om \u2019n nuwe toekoms te bou. Maak staat op ons, vrede sal se\u00ebvier,\u201d het Timochenko ges\u00ea.<\/p>\n<p>Santos, wat nie wetlik verplig was om \u2019n referendum uit te roep nie, oorweeg nou sy opsies.<\/p>\n<p>Die vredesooreenkoms wat verlede maand bereik en verlede week onderteken is, bied aan rebelle die moontlikheid om hul wapens aan die Verenigde Nasies te oorhandig, hul misdade te erken en \u2019n politieke party, gegrond op hul Marxistiese beleid, te vorm.<\/p>\n<p>Farc, wat in 1964 as \u2019n arbeiders\u00adklas-rewolusie begin het, behoort in staat te wees om aan die 2018-\u00adpresidentsverkiesing en die \u00adverkiesing vir die wetgewende vergadering deel te neem. <\/p>\n<p>Hierbenewens sal die groep van tien ongeopponeerde setels in die land se kongres tot 2026 \u00adgewaarborg wees.<\/p>\n<p>Dit het ondersteuners van die nee-stem woedend, want hulle meen die rebelle moet gevangenisstraf uitdien en nooit toegelaat word om die politieke terrein te betree nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Colombia se regering en die Marxistiese Farc-guerrillas het Maandag alles in die stryd gewerp om \u2019n plan te laat herleef wat \u2019n einde aan die 52 jaar lange oorlog moet maak. Dit volg nadat kiesers \u2019n onderhandelde ooreenkoms tussen die twee partye in \u2019n referendum verwerp het. Kiesers meen die ooreenkoms is die rebelle te &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=41081\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Colombiane verwerp ooreenkoms met Marxistiese rebelle&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":41082,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[9074,9073,23301,22038,14177,2848],"class_list":["post-41081","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-colombia","tag-farc","tag-marxistiese-rebelle","tag-suid-amerika","tag-vredesooreenkoms","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41081","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=41081"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/41081\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/41082"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=41081"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=41081"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=41081"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}