{"id":4095,"date":"2009-02-02T05:27:06","date_gmt":"2009-02-02T05:27:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4095"},"modified":"2009-02-02T05:27:06","modified_gmt":"2009-02-02T05:27:06","slug":"vat-vet-kinders-weg-vra-dokters","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4095","title":{"rendered":"Vat vet kinders weg, vra dokters"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\">Erg oorgewig kinders behoort by kinderbeskermingsowerhede aangemeld te word en selfs in sorg geplaas te word indien die ouers onwillig is of nie in staat is om hulle te help om gewig te verloor nie, redeneer spesialiste in Australi&euml;. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die volgehoue mislukking van ouers om behandeling vir hulle oorgewigkinders te bekom, kan as mediese nalatigheid beskou word, wanneer die kind ly aan, of die risiko loop om te ly aan erge gesondheidsprobleme wat met oorgewig geassosieer word. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Klinici het reeds &#329; regsbevoegdheid om welsynsowerhede te kontak wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg in die behandeling van ander siektes, soos byvoorbeeld ouers wat medikasie vir &#329; MIV-positiewe kind weier of &#329; lewensreddende bloedoortapping weens geloofsbesware. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dokters by die kinderhospitaal in Westmead s&ecirc; in die Mediese joernaal van Australi&euml; dat die toenemende verskynsel van vetsug laat baie gesondheidswerkers onseker of hulle die kinderbeskermingswerkers in kennis moet stel wanneer ouers nalaat om mediese advies te volg. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Ons argumenteer dat om die kinderbeskermingsdienste in ekstreme gevalle in kennis te stel &#329; gepaste professionele reaksie sal wees,&quot; het kindervetsugspesialiste dr. Shirley Alexander en professor Louise Baur geskryf. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Dr. Alexander het ges&ecirc; dat die multi-dissiplin&ecirc;re span spesialiste by die kinderhospitaal in Westmead wat na ekstreme gevalle van oorgewig kinders gekyk het, die Nieu-Suid-Wallis-departement van gemeenskapsdiens (DOCS) gekontak het in gevalle waar ouers onwillig of nie in staat was om met mediese advies saam te werk nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">&quot;Die kind mag insulienweerstandig wees en mens het hulle op medikasie gesit om te help om diabetes te voorkom en die ouers stem nie saam met die toedien van die medikasie nie, of mens lewer bewyse dat kinders &#329; ho&euml;r risiko loop om vetsugtig te wees indien hulle &#329; TV in die slaapkamer het en ouers weier om die TV te verwyder,&quot; het dr. Alexander ges&ecirc;. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die artikel wat gister gepubliseer is, het die gevallestudie van Jade, &#329; 4-jarige meisietjie gebruik. Sy is 110cm lank en het 40 kilogram geweeg. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Sy het verwante gesondheidsprobleme gehad insluitend &#329; vetterige lewer, hiperinsulinemie en obstruktiewe slaap-apnee. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Haar ouers, wat van mekaar verwyder is, laat haar toe om tot 6 ure per dag televisie te kyk en te eet net wat sy wil. Hulle het ook verskeie kere nie opgedaag by afsprake met die dieetkundiges en ander gesondheidswerkers nie. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">N&aacute; 12 maande het haar gewig toegeneem en Jade het aan ho&euml; bloeddruk gely en was ook aggressief. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">Die hospitaal het DOCS gekontak en Jade is in die hospitaal opgeneem, waar &#329; program van daaglikse liggaamlike aktiwiteit ingestel is en ook &#329; gesonde dieet, wat haar 3 kilogram binne twee weke laat verloor het. <\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\">N&aacute; haar ontslag het die owerhede aangedring op besoeke onder toesig aan haar pa en gemeenskapsgesondheidwerkers het die ma besoek om haar te leer om gesonde kos te koop en te kook en Jade het nog &#329; rokgrootte verloor. <\/p>\n<div align=\"justify\">  Dr. Alexander het ges&ecirc; dat hoewel dit &#329; sensitiewe saak is om kinders in sorg te plaas, die in kennis stel van kinderbeskermingswerkers soms mag lei tot ander vorme van ingryping, soos finansi&euml;le hulp om gesonde kos te koop of die opstel van &quot;verantwoordelikheidskontrakte&quot;.<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/decoration-materials\/finishing-materials-pair\/\">\u0434\u043b\u044f \u0431\u0430\u043d\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Erg oorgewig kinders behoort by kinderbeskermingsowerhede aangemeld te word en selfs in sorg geplaas te word indien die ouers onwillig is of nie in staat is om hulle te help om gewig te verloor nie, redeneer spesialiste in Australi&euml;. Die volgehoue mislukking van ouers om behandeling vir hulle oorgewigkinders te bekom, kan as mediese nalatigheid &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4095\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vat vet kinders weg, vra dokters&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[162,21089,3961,3962],"class_list":["post-4095","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-vat-vet-kinders-weg","tag-vra-dokters"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4095","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4095"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4095\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4095"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4095"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4095"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}