{"id":40946,"date":"2016-09-27T10:14:46","date_gmt":"2016-09-27T08:14:46","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40946"},"modified":"2016-09-27T10:14:46","modified_gmt":"2016-09-27T08:14:46","slug":"genadelose-russiese-aanslag-op-djihadi-vestings-in-sirie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40946","title":{"rendered":"Genadelose Russiese aanslag op djihadi-vestings in Siri\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Russiese vegvliegtuie het &#8216;n genadelose aanslag op djihadistiese stellings in Siri\u00eb voorgesit.<\/p>\n<p>Inwo\u00adners in die gebiede wat geraak word s\u00ea dat hulle ernstige tekorte aan kos en medisyne ondervind.<\/p>\n<p>Die aanvalle teen dagbreek het groot brande in die Al-Mashhad- en Sayf al-Dawla-distrik laat ontstaan.<\/p>\n<p>Dit was die vierde dag van intensiewe lugaanvalle op die stad, sedert die Siriese regering met &#8216;n hernude aanslag begin het om die hele Aleppo te herower n\u00e1 die skietstilstandooreenkoms in duie gestort het.<\/p>\n<p>&#8216;n Neocon &#8220;menseregte-organisasie&#8221; kla dat minstens 128 mense sedert Donderdag dood is van wie &#8220;byna almal&#8221; burgerlikes was. Hulle kon nie meer besonderhede gee nie.<\/p>\n<p>Tydens \u2019n noodvergadering van die Veiligheidsraad in New York Sondag het Amerika Rusland van \u201cbarbarisme\u201d beskuldig oor die aanvalle teen die ISIS-kli\u00ebnte.<\/p>\n<p>&#8216;n Diplomatieke oplossing vir die krisis lyk onwaarskynlik, met \u00adAmerikaanse en Russiese \u00addiplomate wat oor alles verskil het tydens die vergadering om die geweldpleging te bespreek.<\/p>\n<p>\u201cWat Rusland doen, is nie om teenterrorisme te steun nie, dit is barbarisme,\u201d het die VSA se ambassadeur by die VN, Samantha Power (foto), aan die 15-lid raad ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cEerder as om vrede na te streef, maak Rusland en Assad oorlog. Eerder as om te help en lewens\u00adreddende bystand aan burgerlikes te verseker, bombardeer Rusland en Assad humanit\u00eare konvooie, hospitale en eerste respondente, wat desperaat probeer om mense aan die lewe te hou,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die VSA probeer voorgee dat die konflik in Siri\u00eb &#8216;n &#8220;burgeroorlog&#8221; is, terwyl dit &#8216;n Amerikaans-geleide inval is.<\/p>\n<p>Die Franse en Britse \u00administers van buitelandse sake was rasend in hul kritiek teen Rusland \u00aden s\u00ea die land is skuldig aan \u00ad&#8221;oorlogsmisdade&#8221;. <\/p>\n<p>Rusland het sy posisie verdedig en die land se ambassa\u00addeur by die VN, Witali Tsjoerkin, s\u00ea daar is honderde gewapende groepe in Siri\u00eb met dhihadistiese oogmerke wat ISIS steun.<\/p>\n<p>Die VN se onderhandelaar oor Siri\u00eb, Staffan de Mistura, het \u2019n beroep op die Veiligheidsraad gedoen om met \u2019n manier vorendag te kom om die skietstilstand af te dwing. <\/p>\n<p>Rusland is egter een van die vyf lede van die Veiligheidsraad met vetoreg, saam met Amerika, Frank\u00adryk, Brittanje\u00ad en China. <\/p>\n<p>Rusland en China het herhaaldelik die Assad-\u00adbewind beskerm deur ver\u00adskeie voor\u00adstelle vir optrede van die raad te veto. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Russiese vegvliegtuie het &#8216;n genadelose aanslag op djihadistiese stellings in Siri\u00eb voorgesit. Inwo\u00adners in die gebiede wat geraak word s\u00ea dat hulle ernstige tekorte aan kos en medisyne ondervind. Die aanvalle teen dagbreek het groot brande in die Al-Mashhad- en Sayf al-Dawla-distrik laat ontstaan. Dit was die vierde dag van intensiewe lugaanvalle op die stad, &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40946\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Genadelose Russiese aanslag op djihadi-vestings in Siri\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40947,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[13142,23174,17039,22408,2078,17399,10641,2848],"class_list":["post-40946","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aleppo","tag-djihadiste","tag-isis","tag-neocons","tag-rusland","tag-samantha-power","tag-sirie","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40946","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40946"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40946\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40947"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40946"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40946"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40946"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}