{"id":40931,"date":"2016-09-27T09:20:45","date_gmt":"2016-09-27T07:20:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40931"},"modified":"2016-09-27T09:20:45","modified_gmt":"2016-09-27T07:20:45","slug":"wits-smeek-ovk-polisie-om-hulp-om-akademiese-jaar-te-red","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40931","title":{"rendered":"Wits smeek OVK, polisie om hulp om akademiese jaar te red"},"content":{"rendered":"<p>Die Universiteit van die Witwatersrand het die hulp van die Verkiesingskommissie ingeroep om die uitslag van &#8216;n meningspeiling oor die hervatting van lesings te verifieer. <\/p>\n<p>Die Universiteit doen blykbaar die peiling onder dosente en studente sodat hulle &#8216;n getallemeerderheid kan monster om die betogers te keer. <\/p>\n<p>Die woordvoerder van die Universiteit, Sherona Patel s\u00ea honderde e-posse is ontvang waarin gevra word dat die akademiese program hervat word. <\/p>\n<p>Sy s\u00ea die universiteit is van menig dat die stemme van die &#8220;meerderheid&#8221; gehoor moet word.<\/p>\n<p>Die universiteit het ook die hulp van die polisie ingeroep soos in &#8216;n anonieme brief aan alumni uiteengesit.<\/p>\n<p>By die Universiteit van die Witwatersrand het die leier van die veldtog oor universiteitsgeld, Mcebo Dlamini ges\u00ea meer as 50 vakbonde gaan hulle more by &#8216;n optog aansluit om gratis ho\u00ebr onderwys te eis.<\/p>\n<p>Intussen is verskeie kampusse landwyd gesluit weens voortslepende protesoptrede. Swart betogers het gedreig dat al die tersi\u00eare instellings in Gauteng vandeesweek gesluit sal word.<\/p>\n<p>By die Universiteit van Pretoria is die Oktoberreses vervroeg en die Universiteit bly gesluit tot die negende van aanstaande maand. <\/p>\n<p>Twee motors van personeellede is Maandag op die kampus aan die brand gesteek. <\/p>\n<p>Lesings by verskeie kampusse van die Tshwane Universiteit van Tegnologie is opgeskort en by die Universiteit van Johannesburg is lesings opgeskort en die biblioteek is gesluit. <\/p>\n<p>Lesings by die Universiteit van KwaZulu-Natal se kampus in Pietermaritzburg is ook steeds opgeskort. &#8216;n Koshuis se ingang is vroe\u00ebr aan die brand gesteek.<\/p>\n<p>Betogers het aangedui dat hulle hul oproer gaan voortsit ten spyte van elf studente wat verlede week weens die onrus op die kampus in hegtenis geneem is.<\/p>\n<p>Die Universiteit van Kaapstad moes sy somergradeplegtigheid tot Junie aanstaande jaar uitstel weens die voortslepende onluste oor universiteitsgeld. Klasse is ook vir nog &#8216;n week opgeskort en sal na verwagting aanstaande week hervat word. <\/p>\n<p>&#8216;n Woordvoerder vir die universiteit, Elijah Moholola s\u00ea hulle sal ook die oproeriges raadpleeg. <\/p>\n<p>Dit behels die jaareind-eksamen wat moontlik geraak kan word indien akademiese bedrywighede nie komende Maandag, soos beplan, hervat word nie.<\/p>\n<p>Oproeriges versprei boodskappe op sosiale media wat studente waarsku dat hulle hul akademiese loopbane vir &#8216;n jaar sal moet uitstel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Universiteit van die Witwatersrand het die hulp van die Verkiesingskommissie ingeroep om die uitslag van &#8216;n meningspeiling oor die hervatting van lesings te verifieer. Die Universiteit doen blykbaar die peiling onder dosente en studente sodat hulle &#8216;n getallemeerderheid kan monster om die betogers te keer. Die woordvoerder van die Universiteit, Sherona Patel s\u00ea honderde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40931\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wits smeek OVK, polisie om hulp om akademiese jaar te red&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40937,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5531,21577,19288,5489,5488,11922,5096,18154,15607,5008],"class_list":["post-40931","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brandstigting","tag-gratis-onderwys","tag-klasgelde","tag-onluste","tag-oproer","tag-ovk","tag-uk","tag-up","tag-vandale","tag-wits"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40931","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40931"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40931\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40937"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40931"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40931"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40931"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}