{"id":40917,"date":"2016-09-26T09:01:04","date_gmt":"2016-09-26T07:01:04","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40917"},"modified":"2016-09-26T09:01:04","modified_gmt":"2016-09-26T07:01:04","slug":"nigeriese-voedselkrisis-laat-algar-koud","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40917","title":{"rendered":"Nigeriese voedselkrisis laat algar koud"},"content":{"rendered":"<p>Meer as 20 000 mense is reeds dood en meer as 2,6 miljoen is haweloos gelaat sedert Boko Haram-militante in 2009 met \u2019n insurgensie teen die Nigeriese ower\u00adhede begin het, het AFP berig.<\/p>\n<p>Ondanks die groot aantal mense wat hierdeur geraak word, het die situasie min aandag geniet in vergelyking met ander humanit\u00eare krisisse in die w\u00eareld, selfs binne Nigeri\u00eb.<\/p>\n<p>In Julie het die Verenigde Nasies (VN) aangekondig dat byna 250 000 kinders onder die ouderdom van vyf jaar vanjaar in die Borno-staat alleen aan ernstige ondervoeding ly en dat een in vyf, nagenoeg 50 000 sal sterf.<\/p>\n<p>Verlede maand het die VN ges\u00ea 4,5 miljoen mense in die noordoostelike state van Nigeri\u00eb benodig dringend voedselbystand, twee keer soveel as wat in Maart die geval was.<\/p>\n<p>Van hulle staar meer as 65 000 hongersnood in die gesig. Gevegte en onveiligheid het egter daartoe gelei dat van die gebiede wat die swaarste getref is, van hulp afgesny is. <\/p>\n<p>Dr. Bamidele Omotola, \u2019n spesialis in voeding verbonde aan die VN se Kinderfonds (Unicef) s\u00ea globale akute ondervoeding is \u201cver, ver, ver meer as wat \u2019n mens in noodtoestand aantref\u201d. <\/p>\n<p>\u201cEk onthou die laaste keer wat ons sulke ernstige gevalle gehad het. Dit was tydens die Nigeriese burgeroorlog vanaf 1967 tot 1970,\u201d het hy bygevoeg.<\/p>\n<p>Destyds is meer as \u2019n miljoen mense dood vanwe\u00eb hongersnood en siekte tydens die oorlog wat teweeggebring is deur die eensydige onafhanklikheidsverklaring deur Biafra in die suidooste van Nigeri\u00eb.<\/p>\n<p>Nou het gevegte boere verhinder om hul oeste aan te plant, gebiede is verwoes en landmyne is geplant met waterbronne wat besmet is en die tekort aan voedselvoorrade wat pryse by plaaslike markte die hoogte laat inskiet het. Terselfdertyd heers \u2019n resessie in Nigeri\u00eb. Die land se geldeenheid, die naira, het waarde verloor en inflasie het tot meer as 17 persent gestyg, wat kos, brandstof en goedere baie duur gemaak het.<\/p>\n<p>Dokters en gesondheidswerkers bied voedingsprogramme in kampe vir hawelose mense en by openbare gesondheidsklinieke in Maiduguri aan en sien daagliks die gevolge van die voedseltekorte.<\/p>\n<p>Desperate ondergewig kinders word geweeg en die omtrek van hul bo-arms word gemeet vir tekens van ondervoeding. <\/p>\n<p>Diegene wat te swak is om teen komplikasies soos masels, malaria en diarree te veg, word na \u2019n terapeutiese voedingsentrum in Gwange gestuur wat deur Dokters Sonder Grense (MSF) beman word.<\/p>\n<p>MSF s\u00ea in Julie is 290 pasi\u00ebnte opgeneem en 30 kinders is dood vanwe\u00eb erge ondervoeding. In Augustus het die getalle tot 387 opnames met 72 sterftes verhoog. <\/p>\n<p>Die Boko Haram-konflik en die gevolge het ook reeds oorgespoel na noordelike Kameroen, die suidooste van Niger en die weste van Tsjad met meer as 6,3 miljoen mense in die streek wat ernstige voedselonveiligheid in die gesig staar. <\/p>\n<p>Volgens die VN se humanit\u00eare ko\u00f6rdineerder in die streek, Toby Lanzer, is $385 miljoen nodig om die krisis in die noordooste van Nigeri\u00eb af te weer. Vir die streek word $559 miljoen benodig.<\/p>\n<p>Maar die hongersnood is nie alleen die gevolg van Mosleminsurgente nie. Talle kinders word verhonger deur hul ouers omdat hulle glo die kinders is &#8220;hekse&#8221;. Enkele van di\u00e9 duisende kinders word deur hulpwerkers (foto) gered. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer as 20 000 mense is reeds dood en meer as 2,6 miljoen is haweloos gelaat sedert Boko Haram-militante in 2009 met \u2019n insurgensie teen die Nigeriese ower\u00adhede begin het, het AFP berig. Ondanks die groot aantal mense wat hierdeur geraak word, het die situasie min aandag geniet in vergelyking met ander humanit\u00eare krisisse in &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40917\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nigeriese voedselkrisis laat algar koud&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40918,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23253,14396,6501,22426,9397,9298],"class_list":["post-40917","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-boko-hara","tag-heksery","tag-hongersnood","tag-hulpwerkers","tag-nigerie","tag-voedselhulp"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40917","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40917"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40917\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40918"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40917"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40917"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40917"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}