{"id":4086,"date":"2009-02-02T00:23:01","date_gmt":"2009-02-02T00:23:01","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4086"},"modified":"2009-02-02T00:23:01","modified_gmt":"2009-02-02T00:23:01","slug":"oeps-ja-dit-was-ek-erken-phelps-oor-bongfotos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4086","title":{"rendered":"Oeps ja, dit was ek, erken Phelps oor bongfoto&#8217;s"},"content":{"rendered":"\n<p align=\"justify\"><span><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/phelps.jpg\" width=\"154\" height=\"240\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die Olimpiese superheld, Michael Phelps het &quot;berouwaardige&quot; gedrag en &quot;swak oordeel&quot; erken nadat &#39;n foto waarin hy suig aan &#39;n daggapyp, in &#39;n Sondagkoerant in Brittanje verskyn het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>In &#39;n verklaring het die swemmer, wat &#39;n rekordgetal van agt goue medaljes by die Beijing Olimpiese Spele gewen het,<span>&nbsp; <\/span>nie die outentiekheid van die eksklusiewe foto wat deur die poniekoerant, News of the World, gepubliseer is, ontken nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Ek is betrek in gedrag wat betreurenswaardig was en swak oordeel gedemonstreer het,&quot; het Phelps ges&ecirc;. &quot;Ek is 23 jaar oud en ondanks die suksesse wat ek in die swembad gehad het, het ek op &#39;n onvolwasse en onvanpaste manier opgetree; nie op die wyse wat mense van my verwag nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Hieroor is ek jammer. Ek belowe my aanhangers en die publiek dat dit nie weer sal gebeur nie.&quot;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>News of the World s&ecirc; die foto is geneem gedurende &#39;n huisfuif terwyl Phelps die Universiteit van Suid-Karolina besoek het.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Gedurende die reis het hy een van die skool se voetbalwedstryde meegemaak en &#39;n groot ovasie van die skare ontvang toe hy voorgestel is.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Al het die koerant nie uitdruklik aangevoer dat Phelps giggelgroente gerook het nie, s&ecirc; dit dat die pyp gewoonlik vir di&eacute; doel aangewend word en die koerant het ook &#39;n anonieme fuifganger aangehaal wat ges&ecirc; het die Olimpiese kampioen was &quot;buite beheer van die eerste oomblik wat hy daar opgedaag het.&quot;<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die partytjie het amper drie maande na die Olimpiese Spele plaasgevind terwyl Phelps &#39;n lang blaaskans van sy oefenprogram geneem het en dit sal na verwagting geen uitwerking op die agt goues wat hy in Beijing gewen het, h&ecirc; nie.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hy is nog nooit positief getoets vir verbode middele nie en het selfs tot bykomende toetse tydens die Spele ingestem.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Phelps was oor die naweek in Tampa vir die Super Bowl-week om aansporingsverskynings vir &#39;n borg te maak. Maar hy het die stad voor gister se wedstryd tussen die Pittsburgh Steelers en die Arizona Cardinals verlaat en afstand gedoen van sy oorspronklike plan om by die Raymond James Stadion te wees.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Phelps het &#39;n paar weke gelede teruggekeer na die swembad om met voorbereidings te begin vir hierdie jaar se w&ecirc;reldkampioenskappe in Rome. Hy is van plan om aan sy eerste na-Olimpiese byeenkoms in Maart tydens &#39;n Grand Prix-geleentheid in Austin, Texas deel te neem.<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/kompressormash.com\/products\/peskostruynoe-oborudovanie-f6342574\/\">\u0441\u043e\u043f\u043b\u043e \u0434\u043b\u044f \u043f\u0435\u0441\u043a\u043e\u0441\u0442\u0440\u0443\u044f<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/datakam.com.ua\/object\/filchakov-aleksandr\">\u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Olimpiese superheld, Michael Phelps het &quot;berouwaardige&quot; gedrag en &quot;swak oordeel&quot; erken nadat &#39;n foto waarin hy suig aan &#39;n daggapyp, in &#39;n Sondagkoerant in Brittanje verskyn het. In &#39;n verklaring het die swemmer, wat &#39;n rekordgetal van agt goue medaljes by die Beijing Olimpiese Spele gewen het,&nbsp; nie die outentiekheid van die eksklusiewe foto &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4086\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Oeps ja, dit was ek, erken Phelps oor bongfoto&#8217;s&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[3952,3953,162,3951,21089,3950],"class_list":["post-4086","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-dit-was-ek","tag-erken-phelps-oor-bongfotos","tag-internasionale-nuus","tag-ja","tag-nuus","tag-uh"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4086","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4086"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4086\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4086"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4086"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4086"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}