{"id":40849,"date":"2016-09-22T07:06:12","date_gmt":"2016-09-22T05:06:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40849"},"modified":"2016-09-22T07:22:22","modified_gmt":"2016-09-22T05:22:22","slug":"tweede-nag-van-geweld-in-charlotte-nc-oor-swart-boekleser","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40849","title":{"rendered":"Tweede nag van geweld in Charlotte, NC oor swart &#8216;boekleser&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Geweld het vir &#8216;n tweede nag die Amerikaanse stad Charlotte ontsier nadat swart inwoners die strate ingevaar het.<\/p>\n<p>Hulle is ontstoke omdat &#8216;n swart man deur die polisie doodgeskiet is. Hulle beweer hy was besig om &#8216;n boek te lees toe hy in koele bloede doodgeskiet is, maar getuies vertel &#8216;n ander storie.<\/p>\n<p>Een persoon is geskiet tydens die protesoptrede en is in &#8216;n kritieke toestand. Volgens die polisie is die persoon deur &#8216;n burgerlike geskiet, en nie deur die polisie nie. <\/p>\n<p>Onluspolisie het traanrook gebruik om die tierende horde swart oproeriges uiteen te jaag. Hulle moes ook skokgranate gebruik nadat betogers hulle met vuurwerke bestook het.<\/p>\n<p>BLM-aktiviste s\u00ea die polisie en &#8220;witheid&#8221; is verantwoordelik vir die geweld na die dood van &#8216;n &#8220;onskuldige&#8221; swart &#8220;boekleser&#8221;.<\/p>\n<p>Die 43-jarige Keith Lamont Scott is Dinsdagaand deur &#8216;n swart polisiebeampte doodgeskiet. <\/p>\n<p>Sestien polisiebeamptes is tydens die eerste nag van oproer beseer en een is ook in die gesig met &#8216;n klip getref, het amptenare ges\u00ea.<\/p>\n<p>Verslae is vroeg Woensdag ontvang van motoriste wat op die Interstate 85 aangeval is en hul voertuie beskadig is toe betogers klippe, bottels en verkeerske\u00ebls vanaf br\u00fbe gegooi het.<\/p>\n<p>Swart betogers het die Time Warner Cable Arena, die tuiste van die NBA se Charlotte Hornets, geplunder. Hulle het ook die NASCAR Hall of Fame, &#8216;n Buffalo Wild Wings en &#8216;n Westin leeggedra, volgens die Charlotte Observer.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" data-lang=\"en\">\n<p lang=\"en\" dir=\"ltr\">Protester kicking and breaking apartment windows on live tv <a href=\"https:\/\/twitter.com\/hashtag\/CharlotteProtest?src=hash\">#CharlotteProtest<\/a> <a href=\"https:\/\/t.co\/BLNUiYAaAk\">pic.twitter.com\/BLNUiYAaAk<\/a><\/p>\n<p>&mdash; gifdsports (@gifdsports) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/gifdsports\/status\/778787322141765632\">September 22, 2016<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script async src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p>Charlotte se burgemeester Jennifer Roberts het &#8216;n Woensdag by &#8216;n perskonferensie gevra dat die gemeenskap kalm moet bly en moet wag vir die feite voor hulle haastige gevolgtrekkings maak.<\/p>\n<p>Haar kommentaar kom net &#8216;n uur voor &#8216;n aktivistegroep sy eie nuuskonferensie gehou het om die swart gemeenskap oor te haal tot &#8216;n ekonomiese boikot van wit besighede in Charlotte.<\/p>\n<p>&#8216;n CNN-verslaggewer Ed Lavandera is neergevel deur &#8216;n oproerige terwyl hy besig was met lewendige verslagdoening.<\/p>\n<p>Charlotte-Mecklenburg se polisiehoof Kerr Putney het ges\u00ea beamptes wat Scott genader het, het nie &#8216;n boek gevind op die toneel van die skietery nie, in teenstelling met wat sosiale media beweer.<\/p>\n<p>Hulle het wel &#8216;n wapen op die toneel gevind. &#8220;Ons het &#8216;n wapen gevind. Die wapen was daar en getuies het dit bevestig, en meer [getuies] as net die beamptes.&#8221;<\/p>\n<p>Maar die bewerings op sosiale media dat Scott besig was om &#8216;n boek te lees toe hy doodgeskiet is, is egter binne enkele ure meer as &#8216;n halfmiljoen keer gedeel.<\/p>\n<p>Die swart inwoners het daarna uitgevaar op &#8216;n plundertog na Walmart op Noord Tryon Street omstreeks 03:30. <\/p>\n<p>Drie of meer vragmotors is gestop en geplunder op die Interstate 85, en brande is gestig om die pad af te sper.<\/p>\n<p>Slegs een persoon is tot dusver in hegtenis geneem, het die polisie ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die polisie het ges\u00ea hulle was op soek na iemand weens &#8216;n uitstaande lasbrief toe hulle sien Scott verlaat sy motor met &#8216;n geweer.<\/p>\n<p>Beamptes het Scott genader waarna hy &#8216;n &#8220;dodelike bedreiging vir die beamptes&#8221; geword het toe hy die wapen op hulle gerig het, volgens die polisieverklaring.<\/p>\n<p>Openbare rekords toon dat Scott skuldig bevind is in April 2004 aan &#8216;n misdryf van aanranding met &#8216;n dodelike wapen. Ander aanklagte sluit aanranding op &#8216;n kind onder 12 in, aanranding op &#8216;n vrou en doodsdreigemente.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Geweld het vir &#8216;n tweede nag die Amerikaanse stad Charlotte ontsier nadat swart inwoners die strate ingevaar het. Hulle is ontstoke omdat &#8216;n swart man deur die polisie doodgeskiet is. Hulle beweer hy was besig om &#8216;n boek te lees toe hy in koele bloede doodgeskiet is, maar getuies vertel &#8216;n ander storie. Een persoon &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40849\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Tweede nag van geweld in Charlotte, NC oor swart &#8216;boekleser&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40850,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[23233,23234,5488,7398,17092,12152,2848],"class_list":["post-40849","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-charlotte","tag-keith-lamont-scott","tag-oproer","tag-polisiegeweld","tag-rassegeweld","tag-skietery","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40849","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40849"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40849\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40850"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40849"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40849"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40849"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}