{"id":40824,"date":"2016-09-21T08:46:07","date_gmt":"2016-09-21T06:46:07","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40824"},"modified":"2016-09-21T09:10:45","modified_gmt":"2016-09-21T07:10:45","slug":"klipgooiers-val-imbole-van-witheid-by-wits-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40824","title":{"rendered":"Klipgooiers val simbole van &#8216;witheid&#8217; by Wits aan"},"content":{"rendered":"<p>Tydens gister se onluste deur swart studente aan die Universiteit van die Witwatersrand is simbole van &#8220;witheid&#8221; soos die Grootsaal met sy nieuklassieke pilare aangeval. Vir die eerste keer in die geskiedenis is die ruite van die ingang tot die Grootsaal waar geslagte Engelse studente hul graaddiplomas onder begeleiding van &#8220;Gaudeamus igitur&#8221; ontvang het, stukkend gegooi.<\/p>\n<figure id=\"attachment_40828\" aria-describedby=\"caption-attachment-40828\" style=\"width: 169px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-40828\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall-169x300.jpg\" alt=\"Die ingang van die Grootsaal by Wits nadat dit deur klipgooiende studente beskadig is.\" width=\"169\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall-169x300.jpg 169w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall-83x148.jpg 83w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall-17x31.jpg 17w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall-21x38.jpg 21w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall-121x215.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/wits_great_hall.jpg 540w\" sizes=\"auto, (max-width: 169px) 85vw, 169px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-40828\" class=\"wp-caption-text\">Die ingang van die Grootsaal by Wits nadat dit deur klipgooiende studente beskadig is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Onlustonele soos laas in die tagtigerjare gesien is toe die Skandinawiese lande, die Anglikaanse Kerk en Oos-Duitsland tienmiljoene dollar bestee het om oproer in Suid-Afrika aan te blaas, het hul gister op die kampus van di\u00e9 links-liberale universiteit afgespeel. Aanvanklik het privaatveiligheidspersoneel die Grootsaal teen klipgooiers probeer beskerm en selfs van die klippe teruggegooi, waarna polisie-ondersteuning bygekom het. Van die akademiese personeel wat gewoonlik hul studente in polities korrekte ideologie soos &#8220;witheidstudies&#8221;, feminisme, marxisme, rassisme en gay studies onderrig, was n\u00earens te sien nie.<\/p>\n<p>Een van die groot opstokers op die kampus is &#8216;n Indi\u00ebrstudente wat ook sekretaris-generaal van die verteenwoordigende studenteraad is, Fasiha Hassan. Sy het die polisie en privaatveiligheidsbeamptes op die kampus as &#8220;misdadigers&#8221; beskryf.<\/p>\n<figure id=\"attachment_40829\" aria-describedby=\"caption-attachment-40829\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-40829\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan-300x174.jpg\" alt=\"Fasiha Hassan\" width=\"300\" height=\"174\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan-300x174.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan-148x86.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan-31x18.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan-38x22.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan-370x215.jpg 370w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/fasiha_hassan.jpg 501w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-40829\" class=\"wp-caption-text\">Fasiha Hassan<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8220;N\u00e1 wat ons van die polisie en privaatveiligheid gesien het, is dit duidelik dat hulle nie hier is om ons te beskerm nie&#8230; trouens, hulle is almal misdadigers op ons kampus,&#8221; het Fasiha Hassan aan die oproerige studente ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die polisie moes van skokgranate gebruik maak om die klipgooiende swart studente in bedwang te bring. Op &#8216;n stadium was &#8216;n groot skare op die plein reg voor die historiese &#8220;sentrale blok&#8221; met die Grootsaal gegroepeer en het die gebou met groot klippe en bakstene bestook.<\/p>\n<p>Een-en-dertig studente is gister vir oproerige gedrag en saakbeskadiging in hegtenis geneem, maar is gistermiddag weer onvoorwaardelik vrygelaat.<\/p>\n<p>Swart studente, wat reeds NSFAS-lenings van die staat ontvang wat hulle agterna nie terugbetaal nie, betoog vir &#8220;gratis opvoeding vir almal&#8221;. &#8216;n Opgeruide swart studente het op die liberale dekaan vir studentesake, Rob Sharman, tydens &#8216;n SAUK-TV-onderhoud begin skree en hom daarvan beskuldig dat hy twee koshuise laat afbreek om parkeerplek vir studente van die sakeskool &#8220;wat kan betaal&#8221; te bou. Die hele onderhoud is hier op die <a href=\"https:\/\/youtu.be\/AbYCSu0pNEA\">SAUK se YouTube<\/a> te siene, maar hier volg die laaste 44 sekondes waartydens Sharman verneder word nadat hy minute lank sprakeloos teenoor haar tirade gelaat is.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"https:\/\/www.youtube.com\/embed\/1ogOVZ40L3w\" width=\"560\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Ironies genoeg kritiseer Rob Sharman in die voorafgaande gedeelte van die onderhoud die polisie dat hulle &#8216;n skokgranaat na die swart studente gewerp het, wat agterna &#8220;paniek&#8221; veroorsaak het.<\/p>\n<p>Voor die klipgooiery het &#8216;n groot skare van ongeveer 500 swart studente van die Parktown-kampus (voormalige JCE of Johannesburg College of Education) na die hoofkampus op Braamfontein in Empireweg gestap sodat verkeer heeltemal tot stilstand gebring is.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n persverklaring van die universiteit gaan Wits na afloop van gister se klipgooiery en onluste vir die res van die week gesluit wees. Tuks, wat ook gister onder geringe brandstigting en betogings deurgeloop het, gaan egter vandag normaalweg voort en studente is gevra om klasse by te woon. Toetse aan die Universiteit van Pretoria wat gister weens oproerige swart studente afgestel is, sal aanstaande week geskryf word.<\/p>\n<p>Die Universiteit van Kaapstad is insgelyks vir die res van die week gesluit verklaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Tydens gister se onluste deur swart studente aan die Universiteit van die Witwatersrand is simbole van &#8220;witheid&#8221; soos die Grootsaal met sy nieuklassieke pilare aangeval. Vir die eerste keer in die geskiedenis is die ruite van die ingang tot die Grootsaal waar geslagte Engelse studente hul graaddiplomas onder begeleiding van &#8220;Gaudeamus igitur&#8221; ontvang het, stukkend &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40824\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Klipgooiers val simbole van &#8216;witheid&#8217; by Wits aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40825,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5531,11388,5489,23229,6585,5008],"class_list":["post-40824","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brandstigting","tag-klipgooiers","tag-onluste","tag-rob-sharman","tag-universiteit-van-die-witwatersrand","tag-wits"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40824","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40824"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40824\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40825"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40824"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40824"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40824"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}