{"id":40732,"date":"2016-09-15T06:35:19","date_gmt":"2016-09-15T04:35:19","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40732"},"modified":"2016-09-15T09:58:22","modified_gmt":"2016-09-15T07:58:22","slug":"zim-stel-nuwe-verbod-op-betogings-in","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40732","title":{"rendered":"Zim stel nuwe verbod op betogings in"},"content":{"rendered":"<p>Die Zimbabwiese polisie het \u2019n nuwe verbod op betogings in die hoofstad, Harare, ingestel, het die staatsmedia berig.<\/p>\n<p>Die aankondiging is gedoen net ure nadat \u2019n koalisie van opposisiepartye aangekondig het dat hulle Saterdag massabetogings landwyd sal hou, het AFP berig.<\/p>\n<p>Die opposisie dring aan dat hervormings v\u00f3\u00f3r die 2018-verkiesings plaasvind.<\/p>\n<p>Anti-regering veldtogvoerders het ges\u00ea hulle sal die verbod verontag\u00adsaam en hulle op app\u00e8l tot die land se howe wend.<\/p>\n<p>\u201cHierdie is die laaste \u00adstuiptrekkings van \u2019n sterwende bewind en ons verwag niks beter van hulle nie,\u201d het Douglas Mwozora, woordvoerder van die opposisieparty, die Movement for Democratic Change (MDC), ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cHulle het geen respek vir die \u00adlandswette nie, maar ons sal nie ons grondwetlike regte prysgee nie.<br \/>\n\u201cOns sal teruggaan na die howe en hierdie onwettige verbod uitdaag,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2019n Vroe\u00ebre verbod op betogings in Harare is verlede week deur die hof verwerp, ondanks pres. Robert Mugabe wat regters vir hul \u201converantwoordelike\u201d uitsprake gekritiseer het.<\/p>\n<p>In \u2019n kennisgewing in die \u00adstaatsbeheerde Herald-koerant, het die polisiehoof, Newbert Saunyama, ges\u00ea \u2019n verbod is ingestel teen enige openbare betogings wat vanaf Vrydag vir een maand van krag sal wees.<\/p>\n<p>Hardlife Mudzingwa, \u2019n woord\u00advoerder vir die drukgroep, Tajamuka het op sy beurt ges\u00ea: \u201cOns sal nie aan hierdie ongrondwetlike opdrag van die polisie gehoor gee nie.\u201d<\/p>\n<p>Opposisie teen Mugabe se 36-jaar lange bewind het in afgelope maande toegeneem met \u2019n string openbare \u00adbetogings oor die ekonomiese krisis wat banke \u2019n tekort aan kontant laat ondervind het en die regering wat sukkel om sy werknemers betyds te betaal.<\/p>\n<p>Die 92-jarige Mugabe het in die verlede dikwels geweld gebruik om sy opponente te onderdruk. Hy het die naweek gewaarsku dat betogers \u201c\u2019n gevaarlike spel speel\u201d.<\/p>\n<p>\u201cLaat die opposisiepartye en diegene wat na chaos, wanorde en gewelddadige betogings streef, gewaarsku wees dat ons geduld besig is om op te raak,\u201d het Mugabe by Zanu-PF se sentrale komiteevergadering ges\u00ea.<\/p>\n<p>Verlede week het die regering planne aangekondig om 25 000 poste af te skaf nadat dit aan die lig gekom het dat 97 persent van die staat se inkomste aan\u00ad \u00adstaatsamptenare se salarisse bestee word. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Zimbabwiese polisie het \u2019n nuwe verbod op betogings in die hoofstad, Harare, ingestel, het die staatsmedia berig. Die aankondiging is gedoen net ure nadat \u2019n koalisie van opposisiepartye aangekondig het dat hulle Saterdag massabetogings landwyd sal hou, het AFP berig. Die opposisie dring aan dat hervormings v\u00f3\u00f3r die 2018-verkiesings plaasvind. Anti-regering veldtogvoerders het ges\u00ea &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40732\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zim stel nuwe verbod op betogings in&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40733,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7080,7431,9496,6034,5210,2251],"class_list":["post-40732","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-harare","tag-mdc","tag-opposisie","tag-robert-mugabe","tag-zanu-pf","tag-zimbabwe"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40732","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40732"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40732\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40733"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40732"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40732"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40732"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}