{"id":40686,"date":"2016-09-13T09:04:02","date_gmt":"2016-09-13T07:04:02","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40686"},"modified":"2016-09-13T12:30:33","modified_gmt":"2016-09-13T10:30:33","slug":"twee-kaperverdagtes-vas-wat-enigte-kind-voor-haar-moeder-doodskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40686","title":{"rendered":"Twee kaperverdagtes vas wat enigste kind voor haar moeder doodskiet"},"content":{"rendered":"<p>Die Oos-Kaapse polisie het &#8216;n 16-jarige bruin seun en &#8216;n 15-jarige bruin meisie in hegtenis geneem in verband met die moord op die 63-jarige Magda van Vuuren in Port Elizabeth.<\/p>\n<p>Die seun het Van Vuuren doodgeskiet tydens &#8216;n beweerde kaping voor Van Vuuren se bejaarde moeder wat hulpeloos staan en toekyk het.<\/p>\n<p>Haar geskokte moeder Sally Potgieter, 83, het die verskriklike toneel reg voor haar Adcockvale-huis sien afspeel, teen ongeveer 15:00.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het die skote gehoor &#8211; ek dink twee,&#8221; s\u00ea Potgieter. Haar hande bewe terwyl sy na die plek in die straat wys waar haar dogter deur die bruin kapers geskiet is.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het so groot geskrik. Die tweede skoot het Magda getref en ek het gesien hoe sy in die straat inmekaarsak. Hy het [&#8216;n bruin tiener] weggery en sy het net daar in die straat gel\u00ea, plat op haar maag, nie beweeg nie. Sy was my enigste kind.&#8221;<\/p>\n<p>Die twee verdagtes is by &#8216;n vulstasie voorgekeer naby die Wells Estate-woonbuurt waar hulle vandaan kom.<\/p>\n<p>&#8216;n Polisiewoordvoerder, Alwin Labans s\u00ea die inhegtenisneming volg na die moord op Van Vuuren in Adcockvale.<\/p>\n<p>Labans s\u00ea Van Vuuren het na bewering verby &#8216;n groep skoolseuns gery toe een van hulle skote op haar afgevuur, haar noodlottig gewond het en toe in haar motor weggejaag het.<\/p>\n<p>Sy is in die rug getref en hospitaal toe geneem waar sy dood verklaar is. Die twee verdagtes sal binnekort in die jeughof verskyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Oos-Kaapse polisie het &#8216;n 16-jarige bruin seun en &#8216;n 15-jarige bruin meisie in hegtenis geneem in verband met die moord op die 63-jarige Magda van Vuuren in Port Elizabeth. Die seun het Van Vuuren doodgeskiet tydens &#8216;n beweerde kaping voor Van Vuuren se bejaarde moeder wat hulpeloos staan en toekyk het. Haar geskokte moeder &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40686\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee kaperverdagtes vas wat enigste kind voor haar moeder doodskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40687,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[10755,218,5170,21813,11079],"class_list":["post-40686","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-kaping","tag-misdaad","tag-moord","tag-port-elisabeth","tag-rassime"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40686\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40687"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}