{"id":40617,"date":"2016-09-08T12:04:29","date_gmt":"2016-09-08T10:04:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40617"},"modified":"2016-09-08T12:10:14","modified_gmt":"2016-09-08T10:10:14","slug":"karel-combrinck-ondermaanse-manewales","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40617","title":{"rendered":"Karel Combrinck: Ondermaanse manewales"},"content":{"rendered":"<blockquote><p>Life&#8217;s but a walking shadow, a poor player<br \/>\nThat struts and frets his hour upon the stage<br \/>\nAnd then is heard no more: it is a tale<br \/>\nTold by an idiot, full of sound and fury,<br \/>\nSignifying nothing<\/p>\n<ul>\n<li>Skakespeare, Macbeth<\/li>\n<\/ul>\n<\/blockquote>\n<p>Foto hier bo: Ontwerp van &#8216;n teaterstel vir Samuel Beckett se toneelstuk: <em>Wagtend op Godot<\/em>.<\/p>\n<figure id=\"attachment_40619\" aria-describedby=\"caption-attachment-40619\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-40619\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-300x212.jpg\" alt=\"Loopgraaf tydens die eerste w\u00eareldoorlog\" width=\"300\" height=\"212\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-300x212.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-768x543.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-148x105.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-31x22.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-38x27.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo-304x215.jpg 304w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/loopgraaf_ewo.jpg 964w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 100vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-40619\" class=\"wp-caption-text\">Loopgraaf tydens die eerste w\u00eareldoorlog<\/figcaption><\/figure>\n<p>&#8216;n Loopgraaf in die EWO. Miljoene mense het letterlik vir jare lank so gelewe. Miljoene het ook nooit weer teruggekom nie. Beelde soos hierdie, tesame met die vernietiging van die kultuurstad, Dresden, die atoombombardemente van Hirosjima en Nagasaki en die napalmaanvalle op die bevolking van Vi\u00ebtnam is diep gegrafeer in die psige van die moderne mens. Ons kan sekerlik byvoeg die verskroeide-aardeprogram van die Britte gedurende die ABO en die volkeremoord in die konsentrasiekampe. Beskawings wat tot sulke gruweldade instaat is, kan net nie as beskaafd beskou word nie en daarom word die term &#8220;beskaafd&#8221; op sigself ook betekenisloos\u00a0.<\/p>\n<p>Wat kan meer absurd wees as mense van dieselfde ras, van dieselfde geloof en van dieselfde kultuur wat mekaar by die miljoene uitroei in rot- en rioolbesmette loopgrawe met kanonne, bomme, bajonette en gifgas sonder dat hulle hoegenaamd weet waarom hulle daar is of omdat hulle dink hulle is daar omdat &#8216;n halfgek student &#8216;n Oostenrykse operetteprins in Sarajewo vermoor het? As die mensdom na Nietzsche se verklaring van 1885 nog hoegenaamd in die sin van die lewe kon glo, was dit na hierdie kataklismes bykans nie meer moontlik nie.<\/p>\n<p>In sy <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=40519\">rubriek oor die haregedoente<\/a> van 5 September praat dr Roodt van die &#8220;tragikomedie wat as die nuwe Suid-Afrika bekendstaan&#8221;. Tragikomies is dit inderdaad, oftewel teater van die absurde.<\/p>\n<p>Dit is nou eenmaal in die aard van die mens dat hy sal vra na die sin van sy bestaan en van die lewe self. Die rakke van biblioteke staan vol bande deur filosowe, digters en ander denkers wat hierdie ewigdurende vraag probeer deurvors.<\/p>\n<p>Die meeste normale mense sal seker die een of ander tyd voel dat hulle lewe geen sin het nie en meer nog, dat die lewe in sy geheel sonder sin is. Hoeveel sin is daar te make uit &#8216;n w\u00eareld waar mense in die naam van God &#8216;n bom in &#8216;n hospitaal gooi of met &#8216;n vragmotor tussen &#8216;n massa feesvierendes injaag of waar &#8216;n twaalfjarige kind homself en &#8216;n honderdtal ander mense op &#8216;n bruilof aan flarde skiet? &#8216;n Gelowige mens sou sekerlik moeite h\u00ea om sulke gebeure te verklaar as die Wil van God. Tog is daar &#8220;gelowige&#8221; Moslems wat dit wel so verklaar, maar dit is Moslems. Die vraag is hoe verklaar \u00f3ns dit ? Die meeste mense probeer nie om verklarings vir absurditeit te vind nie, maar om bloot so goed as moontlik daarmee saam te leef. (Hulle <em>cope.<\/em>)<\/p>\n<p>Alledaagse voorbeelde van die absurditeit van ons bestaan is reeds in &#8216;n vorige stuk (<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=27393\">Absurditeit is ons daaglikse brood<\/a> van 5 Okt 2014) genoem en verskeie van hulle bevat die mengsel van komedie en tragedie wat so kenmerkend is van die teater van die absurde.<\/p>\n<p>Die enkele belangstellendes wat tot hier gelees het, sou miskien kon raai dat die onderwerp van hierdie artikel die teater van die absurde is. Hulle het reg geraai. Dit gaan in hierdie stuk nie om die sinvolheid of andersins van die lewe in die algemeen nie, maar om die teater van die absurde as liter\u00eare vorm spesifiek.<\/p>\n<p>Of &#8216;n mens die lewe sal beskou as sinvol of absurd sal, soos ges\u00ea, in &#8216;n groot mate saamhang met sy algemene lewensbeskouing. Is hy byvoorbeeld gelowig, of inteendeel &#8216;n ate\u00efs? Vir &#8216;n gelowige mens om die lewe as sinloos te sien, is &#8216;n paradoks. Maar baie mense, waarskynlik die oorgrote meerderheid, is geen gelowiges nie, of bewys net lippediens daaraan.<\/p>\n<p>Veral sedert Friedrich Nietzsche se nihilistiese uitsprake van laat in die negentiende eeu worstel skrywers en filosowe onverpoos (en tevergeefs miskien) met die probleem van watter sin gemaak kan word uit &#8216;n lewe sonder God. En dan, soos in die eerste paragraaf hierbo gestel, selfs gelowige mense vind dit soms moeilik om die w\u00eareld konsekwent uit &#8216;n gelowige perspektief te verklaar.<\/p>\n<p>Veral in die twintigste eeu was toneelskrywers soos die Ier Samuel Beckett en die Roemeen Eug\u00e8ne Ionesco eksponente van hierdie letterkundige genre as ons dit so kan noem. &#8216;n Goeie voorbeeld is die teaterstuk <em>Wagtend op Godot<\/em> van Beckett waarin die hoofkarakters in &#8216;n kloustrofobiese landskap rondwroeg op soek na iets wat nie bestaan nie. Die titel <em>Wagtend op Godot<\/em> is al vertolk as sou dit beteken wagtend op God, maar dis onseker.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"aligncenter wp-image-40620\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2.jpg\" alt=\"teatervdabsurde2\" width=\"620\" height=\"465\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2.jpg 960w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2-768x576.jpg 768w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/teatervdabsurde2-287x215.jpg 287w\" sizes=\"auto, (max-width: 620px) 100vw, 620px\" \/><\/a><\/p>\n<p>Kenmerkend van die teater van die absurde is onder meer die vermenging van komiese en tragiese elemente, satire, oordrywing, karikatuur, die voorstelling van karakters as harlekyne of marionette, die dekonstruksie van logiese of samehangende taalgebruik en van element\u00eare logika wat soms so ver gaan as &#8216;n soort nagmerrie. Hoe sou &#8216;n bestaan sonder sin anders voorgestel kon word as deur onsamehangende dialoog en groteske situasies ? As ons nie wil huil oor die menslike lot nie, kan ons minstens daaroor lag, al is die lag dan ook hoe wrang.<\/p>\n<p>Nou is dit egter nodig om te beklemtoon dat die teater van die absurde nie die gedagte van die sinneloosheid van ons bestaan geskep het nie, maar bloot in woord en handeling gestalte gegee het aan &#8216;n tydsgees. Dit is tog meesal die geval: die teater skep nie die w\u00eareldorde nie, maar plaas dit bloot in &#8216;n min of meer konkrete vorm visueel ten toon. Shakespeare stel dit in die teaterstuk Hamlet so: &#8220;the purpose of playing whose end, both at the first and now, was and is, to hold as&#8217;t were the mirror up to nature&#8221;. &#8220;Nature&#8221; het hier die betekenis van die werklikheid, die natuurlike orde van dinge soos dit is.<\/p>\n<p>Die twintigste-eeuse teater van die absurde is ook nie die eerste liter\u00eare verskynsel wat die sinneloosheid van ons bestaan probeer verwoord nie. Koning Lear en sy metgeselle se manewales op die verlate vlakte is &#8216;n sprekende voorbeeld van die teater van die absurde en so is ook die streke van Miguel Cervantes se Don Quijote, asook van die verspotte karakters van Moli\u00e8re.<\/p>\n<p>Maar die ware bron van die literatuur van die absurde is nie letterkundig van aard nie. Dis die lewe self, die menslike komedie, waarvan die Suid-Afrikaanse samelewing &#8216;n uitmuntende voorbeeld is.<\/p>\n<p>Ten spyte van die hansworsery is die teater van die absurde wesenlik pessimisties. Leef ons nie almal in pessimistiese tye nie? Almal sal nie saamstem met die nihlistiese onderbou van hierdie kunsvorm nie, maar geen moderne mens kan afsydig staan nie teenoor die doenighede wat op die verhoog voor hom afspeel en wat die verlorenheid van ons moderne w\u00eareld so treffend weerspie\u00ebl. Vandaar dan ook die vreemde impak van die teater van die absurde op &#8216;n moderne gehoor .<\/p>\n<p>Die teater van die absurde hou ten nouste verband met die eksistensialisme. &#8216;n Mens sou kon s\u00ea die eksistensialisme verskaf die intellektuele raamwerk vir die teater van die absurde. Laasgenoemde gee visuele gestalte aan die gedagtegang wat eersgenoemde in woorde uitdruk. Daar is wel ook belangrike verskille. Waar die teater van die absurde selfs nie eers probeer om sin aan die w\u00eareld te gee nie, meen die eksistensialis dat hy wel betekenis aan sy bestaan kan gee en die w\u00eareld &#8216;n beter plek kan maak deur sy eie bemoeienis. Dit is waarom Jean-Paul Sartre ges\u00ea het &#8220;die eksistensialisme is &#8216;n humanisme&#8221;. Die humanisme trag by uitstek om van die w\u00eareld &#8216;n &#8220;beter&#8221; plek te maak.<\/p>\n<p>Vir &#8216;n duidelike en bondige uiteensetting van die wesenseienskappe van die eksistensialisme lees Leon Lemmer se artikel <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=40333\">Selfmisleiding weens valse bewustheid en slegte geloof<\/a> van 28 Augustus.<\/p>\n<p>Onder die verlorenes en verdwaaldes wat die eksistensi\u00eble letterkundige w\u00eareld bevolk, is goeie voorbeelde die karakters Joseph K in Franz Kafka se roman <em>Der Prozesz<\/em> (Die verhoor) en Meursault in Albert Camus se roman <em>L&#8217;Etranger<\/em> (<a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?wpsc-product=die-buitestaander-deur-albert-camus\">Die buitestaander<\/a> wat deur PRAAG uitgegee is.)<\/p>\n<figure id=\"attachment_40622\" aria-describedby=\"caption-attachment-40622\" style=\"width: 333px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-full wp-image-40622\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka.jpg\" alt=\"Franz Kafka\" width=\"333\" height=\"248\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka.jpg 333w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka-300x223.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka-148x110.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka-38x28.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2016\/09\/franz_kafka-289x215.jpg 289w\" sizes=\"auto, (max-width: 333px) 100vw, 333px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-40622\" class=\"wp-caption-text\">Franz Kafka<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die naam K lyk baie na &#8216;n verwysing na die skrywer self. K weet nie waarvan hy aangekla word nie en hy weet ook nie wie hom vervolg nie, miskien &#8216;n soort gesiglose totalit\u00eare burokrasie. In <a href=\"http:\/\/praag.co.za\/?wpsc-product=die-buitestaander-deur-albert-camus\">Die buitestaander<\/a>, &#8216;n roman van Albert Camus gaan dit om die amoraliteit van Meursault, &#8216;n onbetrokke, afsydige, emosioneel neutrale en onge\u00ebrgde figuur wat uiteindelik &#8216;n soort eie waarheid en outentisiteit probeer vind, vry van sosiale voorskrifte en konvensionele moraliteit.<\/p>\n<p>Die roman maak deel uit van &#8216;n groep van vier werke wat Albert Camus self beskryf het as sy &#8220;Siklus van die absurde&#8221; en wat ook nog insluit die essay, <em>Die Sisyphusmite<\/em> en die teaterstukke <em>Caligula<\/em> en <em>Die misverstand<\/em>. <em>Die Sisyphusmite<\/em> gee misien die duidelikste uiteensetting van wat Camus met eksistensialisme bedoel. Sisyphus is &#8216;n figuur uit die Griekse mitologie wat as straf vir oortredings van sosiale en morele kodes van die tyd, verdoem is om &#8216;n reuseklip tot in alle ewigheid teen &#8216;n berg op te rol. Telkens as hy &#8216;n bietjie vorder, rol die klip net weer terug. Camus beskou Sisyphus as &#8216;n gelukkige mens wat sy geluk put uit sy volgehoue poging om hierdie doelwit te bereik wat hy uit die staanspoor weet onuitvoerbaar is.<\/p>\n<p>Die teater van die absurde stel &#8216;n hele versameling kultuurgoedere daar waarvan &#8216;n ingeligte en denkende mens graag sal wil kennis neem.<\/p>\n<p>Enkele eksistentialiste en skrywers van die absurde:<\/p>\n<p>Martin Heidegger<br \/>\nKarl Jaspers<br \/>\nS\u00f8ren Kierkegaard<br \/>\nJean-Paul Sartre<br \/>\nSimone de Beauvoir<br \/>\nAlbert Camus<br \/>\nMaurice Merleau-Ponty<br \/>\nFeodor Dostojefski<br \/>\nSamuel Beckett<br \/>\nEug\u00e8ne Ionesco<br \/>\nArthur Adamof<br \/>\nEdward Albee<br \/>\nTom Stoppard<br \/>\nHarold Pinter<br \/>\nJean Genet<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Life&#8217;s but a walking shadow, a poor player That struts and frets his hour upon the stage And then is heard no more: it is a tale Told by an idiot, full of sound and fury, Signifying nothing Skakespeare, Macbeth Foto hier bo: Ontwerp van &#8216;n teaterstel vir Samuel Beckett se toneelstuk: Wagtend op Godot. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":40618,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[23167,11648,23168,23166,23169,14636,17271,18200],"class_list":["post-40617","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-absurde","tag-albert-camus","tag-die-buitestaander","tag-eksistensialisme","tag-eugene-ionesco","tag-nietzsche","tag-samuel-beckett","tag-teater-van-die-absurde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40617","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40617"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40617\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40618"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40617"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40617"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40617"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}