{"id":40597,"date":"2016-09-08T07:37:47","date_gmt":"2016-09-08T05:37:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40597"},"modified":"2016-09-08T07:37:47","modified_gmt":"2016-09-08T05:37:47","slug":"vrygewige-obama-ontmoet-ook-vloekende-duterte-in-laos","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40597","title":{"rendered":"Vrygewige Obama ontmoet ook vloekende Duterte in Laos"},"content":{"rendered":"<p>President Barack Obama het wit-skuld-diplomasie en &#8216;n oop beursie probeer om Laos in Suid-Oos-Asi\u00eb na Amerika se kant oor te wen, nadat dit by die G20-beraad geblyk het dat Rusland al hoe meer vriende in die streek maak.<\/p>\n<p>Obama het die Vi\u00ebtnam-oorlog gebruik &#8211; wat die VSA verloor het &#8211; om hulde aan die oorlewendes te bring wat vermink is deur meer as 80 miljoen onontplofde bomme wat Amerika dekades gelede op Laos afgegooi het.<\/p>\n<p>Daarna het hy wit Amerikaners &#8220;lui&#8221;, &#8220;afgeslote&#8221; en &#8220;oningelig&#8221; genoem. Dit was duidelik dat hy nie homself ingesluit het in di\u00e9 negatiewe kommentaar nie.<\/p>\n<p>Hy het onderneem dat Amerika nagenoeg US$90 miljoen oor die volgende drie jaar sal bestee om te help om dit op te ruim.<\/p>\n<p>Ongeveer 20 000 mense is sedert die einde van die oorlog in ontploffings van ou bomme dood of beseer.<\/p>\n<p>&#8216;n Halfeeu gelede het Amerika Laos die geskiedenis se mees gebombardeerde land gemaak, en nagenoeg 2 miljoen ton plofstof in \u2019n koverte nege jaar lange operasie van die Vi\u00ebtnam-oorlog afgegooi. <\/p>\n<p>Obama is die eerste Amerikaanse president om Laos te besoek.<\/p>\n<p>Ondertussen het die Filippynse \u00adpresident, Rodrigo Duterte Obama kortliks ontmoet Woensdag, net enkele dae na die vuurvreter-politikus die Amerikaanse president &#8216;n &#8220;seun van &#8216;n hoer&#8221; genoem het.<\/p>\n<p>Die ontmoeting het plaasgevind net voor &#8216;n ete tydens &#8216;n beraad van die plaaslike leiers in Laos, het amptenare aangedui.<\/p>\n<p>In &#8216;n bondige verklaring, het die Withuis ges\u00ea: &#8220;Obama het &#8216;n kort gesprek met President Duterte voor die ASEAN gala-dinee gehad.&#8221;<\/p>\n<p>Obama het Dinsdag se beplande vergadering met Duterte &#8220;afgestel&#8221; na die Filippynse president se belediging die vorige dag. Die Filippynse beurs het skerp gedaal daarna.<\/p>\n<p>Sy uitbarsting was na aanleiding van Amerikaanse bewerings dat Obama beplan om Duterte oor die kole te haal omdat sy anti-misdaadveldtog reeds 3000 lewens ge\u00ebis het in net meer as twee maande.<\/p>\n<p>&#8220;Jy moet respek h\u00ea. Moet nie net weggooivrae vra en stellings maak nie. Seun van &#8216;n hoer, ek sal vir julle vervloek in daardie forum [ASEAN],&#8221; het Duterte aan verslaggewers ges\u00ea toe hy gevra is oor sy boodskap aan Obama.<\/p>\n<p>Die twee lande bots oor satellietbeelde wat Chinese aktiwiteit aan die kus van die Filippyne toon.<\/p>\n<p>Duterte se regering het ges\u00ea hulle het bewyse dat China stappe doen om met baggerwerk te begin, &#8216;n groot eskalasie.<\/p>\n<p>Maar die Withuis s\u00ea die Chinese aktiwiteit in die gebied is op dieselfde vlak as die vorige maande.<\/p>\n<p>Duterte het vroe\u00ebr Woensdag in &#8216;n verklaring ges\u00ea hy sal langs Obama sit by die gala-dinee ten spyte daarvan dat hy Obama gevloek het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Barack Obama het wit-skuld-diplomasie en &#8216;n oop beursie probeer om Laos in Suid-Oos-Asi\u00eb na Amerika se kant oor te wen, nadat dit by die G20-beraad geblyk het dat Rusland al hoe meer vriende in die streek maak. Obama het die Vi\u00ebtnam-oorlog gebruik &#8211; wat die VSA verloor het &#8211; om hulde aan die oorlewendes &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40597\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vrygewige Obama ontmoet ook vloekende Duterte in Laos&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40598,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6830,5311,14150,17506,23160,2686,23161,7849],"class_list":["post-40597","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-anti-wit","tag-china","tag-filippyne","tag-hulp","tag-laos","tag-obama","tag-pres-duterte","tag-withuis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40597","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40597"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40597\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40598"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40597"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40597"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40597"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}