{"id":40567,"date":"2016-09-07T09:27:11","date_gmt":"2016-09-07T07:27:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40567"},"modified":"2016-09-07T09:28:27","modified_gmt":"2016-09-07T07:28:27","slug":"ob-aanstelling-da-potte-wat-ketels-verwyt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40567","title":{"rendered":"OB-aanstelling: DA-potte wat ketels verwyt"},"content":{"rendered":"<p>Die Nasionale Vergadering sal vandag besluit of hulle die aanbeveling aanvaar om die gewese ontleder van die Staatsveiligheidagentskap, Busisiwe Mkhwebane, as die nuwe Openbare Beskermer aan te stel. <\/p>\n<p>Die verslag van die ad hoc-komitee oor die OB sal vandag aan die Nasionale Vergadering vir finale oorweging voorgel\u00ea word. <\/p>\n<p>Al die partye, behalwe die DA, het bevestig dat hulle Mkhwebane se aanstelling steun. Die DA voer aan dat Mkhwebane &#8216;n spioen was en daarom nie geskik is vir die pos nie. <\/p>\n<p>Di\u00e9 beskuldiging kom hoofsaaklik van Glynnis Breytenbach wat voorheen deur die Nasionale Vervolgingsgesag self daarvan beskuldig is dat sy vir Israel spioeneer.<\/p>\n<p>Die DA LP Breytenbach, het ges\u00ea dat Mkhwebane gewerk het as &#8216;n spioen terwyl sy as &#8216;n immigrasiebeampte aan die Suid-Afrikaanse ambassade in China verbonde was.<\/p>\n<p>Die DA het ges\u00ea verskeie bronne het betroubaar aan hulle ges\u00ea dat Mkhwebane op die betaalstaat van die SSA was terwyl sy in China gewerk het.<\/p>\n<p>Die ANC het in reaksie daarop ges\u00ea Mkhwebane het geen wet oortree deur in diens van die SSA te wees nie.<\/p>\n<p>Die party s\u00ea ook regter Sharise Weiner (foto) het die beste gevaar in haar onderhoud. <\/p>\n<p>Minstens 60 persent van die parlementslede, dit wil s\u00ea 240 van die 400 lede, moet ten gunste van Mkhebane stem om haar aanstelling te kan bekragtig deur president Jacob Zuma.<\/p>\n<p>Weiner s\u00ea sy was as student &#8216;n stigterslid van Regslui vir Menseregte en het anti-apartheidsaktiviste &#8220;gratis&#8221; verdedig as advokaat.<\/p>\n<p>Advokate soos Weiner is destyds deur die ANC-terreurfonds wat vanuit Londen, Brittanje bedryf is, betaal.<\/p>\n<p>Sy het erken dat sy geen Afrikataal magtig is nie.<\/p>\n<p>Die DA het ook professor Richard Majola vanwe\u00eb sy ondervinding en kwalifikasie geloof, om kritiek teen hul voorkeur vir Weiner af te weer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Nasionale Vergadering sal vandag besluit of hulle die aanbeveling aanvaar om die gewese ontleder van die Staatsveiligheidagentskap, Busisiwe Mkhwebane, as die nuwe Openbare Beskermer aan te stel. Die verslag van die ad hoc-komitee oor die OB sal vandag aan die Nasionale Vergadering vir finale oorweging voorgel\u00ea word. Al die partye, behalwe die DA, het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40567\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;OB-aanstelling: DA-potte wat ketels verwyt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40568,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[5311,7599,5174,11921,7251,23150,17586],"class_list":["post-40567","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-china","tag-da","tag-israel","tag-ob","tag-openbare-beskermer","tag-sharise-weiner","tag-spioene"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40567","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40567"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40567\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40568"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40567"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40567"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40567"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}