{"id":4056,"date":"2009-01-28T03:30:24","date_gmt":"2009-01-28T03:30:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4056"},"modified":"2009-01-28T03:30:24","modified_gmt":"2009-01-28T03:30:24","slug":"dood-van-israelse-soldaat-verbreek-gasa-skietstilstand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4056","title":{"rendered":"Dood van Israelse soldaat verbreek Gasa-skietstilstand"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/israelsoldate.jpg\" width=\"240\" height=\"200\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Israelse soldate<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>&#39;n Israelse soldaat is Dinsdag klaarblyklik dood naby aan die grens met die Gasastrook in wat Palestyne ges&ecirc; het voorkom as &#39;n aanval deur militante in &#39;n verbreking van die skietstilstand wat meer as &#39;n week terug gemaak is. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>In dieselfde gebied is &#39;n Palestyn later deur Israelse vuur dood, het plaaslike mediese beamptes ges&ecirc;. Die man was na bewering &#39;n boer. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die Israelse weermag, wat sensuur toepas op sterftes tot n&aacute; die naasbestaandes in kennis gestel is, het ges&ecirc; dat &#39;n bom ontplof het naby die magte aan die Israelse kant van die grens by die Kissufimkruising in die sentraal-Gasastrook. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die Israelse weermag het geweier om kommentaar te lewer oor sterftes, maar Al-Arabiya-televisie het ges&ecirc; een soldaat is dood en drie gewond. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Dit sal die eerste Israelse sterfte wees sedert Israel die 22-dae-offensief op die kus-enklawe op 18 Januarie<\/span><span> be&euml;indig het. <\/span><span> Dit is ook n&aacute; &#39;n eerste besoek aan die streek van president Obama se nuwe gesant vir die Midde-Ooste, George Mitchell. Volgens Obama sal Mitchell &quot;konstant en geesdriftig&quot; vrede najaag.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Palestyne wat naby die Kissufimkruising woon, het aan Reuters ges&ecirc; hulle het &#39;n klein groepie gewapende mans gesien wat in die oggendmis na die grens beweeg het. Later het hulle ontploffings en skote gehoor. Hulle het nie die gewapende mans sien terugkeer nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&#39;n Palestynse amptenaar in Gasa is deur Israelse amptenare meegedeel dat die vervoer van voorrade deur die grenspos vir die dag gestaak sal word. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>N&oacute;g die regerende Hamasbeweging n&oacute;g enige van hulle geallieerde groepe het verantwoordelikheid vir die insident aanvaar. Van die ander meer prominente groepe is die Islamitiese Jihad en die Volksweerstandkomitees wat beide&nbsp; tot die skietstilstand <\/span><span>ingestem het<\/span><span>. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Inwoners het later Israelse aanvalshelikopters in die lug gesien en Israelse infanterie wat binne die Gasastrook.<\/span><span> beweeg het<\/span><span> Omtrent &#39;n kilometer suid van Kissufim het Israelse vuur die lewe van &#39;n 27-jarige Palestynse man geneem, het mediese personeel ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Tien Israelse soldate is dood in die offensief wat presies &#39;n maand gelede op 27 Desember begin het. Sowat 1 300 Palestyne is dood en drie Israelse burgerlikes. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Hamas en Israel het aparte skietstilstande verklaar en beide kante onderhandel deur Egiptiese onderhandelaars om &#39;n langerdurende skietstilstand aanvaar te kry. Hamas eis &#39;n verligting van die Israelse blokkade teen die gebied waar sowat 1,5 miljoen mense woon. Israel soek waarborge dat Hamas nie weer vuurpylaanvalle op hulle dorpe sal uitvoer nie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>By &#39;n vergadering met Mitchell en die minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het Obama Maandag ges&ecirc;: &quot;Die saak van vrede in die Midde-Ooste is belangrik vir Amerika en ons nasionale belange. Dit is ook vir my persoonlik belangrik.&quot;<\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/rating-casino\/\">top<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0438\u043d\u0442\u0435\u0440\u0432\u044c\u044e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Israelse soldate &#39;n Israelse soldaat is Dinsdag klaarblyklik dood naby aan die grens met die Gasastrook in wat Palestyne ges&ecirc; het voorkom as &#39;n aanval deur militante in &#39;n verbreking van die skietstilstand wat meer as &#39;n week terug gemaak is. In dieselfde gebied is &#39;n Palestyn later deur Israelse vuur dood, het plaaslike mediese &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=4056\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Dood van Israelse soldaat verbreek Gasa-skietstilstand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[3377,3394,3918,162,21089,165],"class_list":["post-4056","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-beeld","tag-die-burger","tag-dood-van-israeli-soldaat-verbreek-gasa-skietstilstand","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-praag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4056","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4056"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4056\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4056"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4056"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4056"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}