{"id":40533,"date":"2016-09-06T08:51:11","date_gmt":"2016-09-06T06:51:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40533"},"modified":"2016-09-06T08:51:11","modified_gmt":"2016-09-06T06:51:11","slug":"obama-dreig-met-kuberoorlog-na-china-rusland-skroewe-aandraai-by-g20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40533","title":{"rendered":"Obama dreig met kuberoorlog na China, Rusland skroewe aandraai by G20"},"content":{"rendered":"<p>By die G20-beraad in China het president Obama gedreig om &#8216;n kuberoorlog teen Rusland te loods en ges\u00ea: &#8220;Kyk, ons beweeg in &#8216;n nuwe era hier waar &#8216;n aantal lande &#8216;n groot kapasiteit het. En eerlik, ons het meer kapasiteit as enigiemand, beide aanvallend en verdedigend.&#8221;<\/p>\n<p>Die kil betrekkinge tussen die VSA aan die een kant en Rusland en China aan die ander, was duidelik uit die ontmoeting tussen die onderskeie staatshoofde (foto bo) by die beraad in Hangzhou.<\/p>\n<p>Die kommentaar van Obama bestaan nie in &#8216;n vakuum nie, met die Withuis wat &#8216;n federale ondersoek na &#8220;Russiese inmenging&#8221; in die 2016 presidensi\u00eble veldtog van stapel gestuur het na aanleiding van &#8216;n brief deur Senator Harry Reid aan die FBI se Direkteur James Comey.<\/p>\n<p>Daarin beweer Reid dat Poetin verkiesingsuitslae tot voordeel van Donald Trump kan manipuleer wat hy as &#8216;n &#8220;verraderlike agent van Rusland&#8221; in drie uit vyf paragrawe skets.<\/p>\n<p>Die Chinese weermag het intussen aangekondig dat hulle Siriese soldate van die mediese dienste sal voorsien om Rusland by te staan. <\/p>\n<p>Maar almal verstaan \u200b\u200bdat hierdie ooreenkoms en Chinese toetrede die magsbalans in die Midde-Ooste teen die Obama-administrasie gelaai het.<\/p>\n<p>Vir die afgelope vier jaar, is die helfte van die milit\u00eare dokters in Siri\u00eb opgelei in China, alhoewel die Volksrepubliek van China voorheen geweier het om betrokke te raak in enige vorm van samewerking wat deur Washington as milit\u00eare hulp ge\u00efnterpreteer kan word. <\/p>\n<p>Rusland het voorheen &#8216;n identiese ooreenkoms met Siri\u00eb aan die begin van 2012 aangegaan, maar milit\u00eare hulp is drie en &#8216;n half jaar later goedgekeur.<\/p>\n<p>Kennelik het die ooreenkoms &#8216;n Amerikaanse vrees aangewakker dat China ook binnekort milit\u00ear in Siri\u00eb sal toetree.<\/p>\n<p>Afrika is intussen hoog op die beraad se ontwikkelingsagenda geplaas na druk deur China.<\/p>\n<p>Een van die konsepresolusies deur leiers van die voorste nywerheidslande wat in Hangzhou was instemming tot samewerking om ekonomiese groei in Afrika te bevorder. <\/p>\n<p>Die Chinese president, Xi JinPing, het deur middel van &#8216;n tolk ges\u00ea Afrikabevolkings sal bevoordeel word deur inklusiewe groei. <\/p>\n<p>Nie-Westers leiers wat die beraad van die G20-lande bygewoon het wat pas in China te einde geloop het, eis die hervorming van die w\u00eareld se leningsinstellings soos die Internasionale Fonds en die W\u00eareldbank. <\/p>\n<p>Hulle eis dat die IMF sy kwota en stemreg herverdeel sodat dit &#8216;n regverdige weerspie\u00ebling is van die status van opkomende markte en ontwikkelende lande. <\/p>\n<p>Xi JingPing het deur &#8216;n tolk ges\u00ea finansi\u00eble instellings behoort sensitief te wees teenoor armer lande. <\/p>\n<p>&#8216;n Aksieplan op die Agenda vir Volhoubare Ontwikkeling vir 2030 is aanvaar en dit is die eerste keer dat die G20 as &#8216;n groep hul steun toes\u00ea aan nywerheidsontwikkeling in Afrika en alle ander ontwikkelende lande.<\/p>\n<p>Die leiers van die sterk nywerheidslande het ook onderneem om handelbeperkings te verwyder en die w\u00eareldekonomie op &#8216;n groeipad te plaas. <\/p>\n<p>Die IMF het die w\u00eareldgroei vir die jaar tot net bokant drie persent aangepas en vir aanstaande jaar tot tussen drie en vier persent.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>By die G20-beraad in China het president Obama gedreig om &#8216;n kuberoorlog teen Rusland te loods en ges\u00ea: &#8220;Kyk, ons beweeg in &#8216;n nuwe era hier waar &#8216;n aantal lande &#8216;n groot kapasiteit het. En eerlik, ons het meer kapasiteit as enigiemand, beide aanvallend en verdedigend.&#8221; Die kil betrekkinge tussen die VSA aan die een &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40533\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Obama dreig met kuberoorlog na China, Rusland skroewe aandraai by G20&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40535,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5311,12308,6993,2686,5440,10641,20899],"class_list":["post-40533","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-china","tag-g20","tag-kuberoorlog","tag-obama","tag-poetin","tag-sirie","tag-trump"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40533","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40533"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40533\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40535"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40533"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40533"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40533"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}