{"id":40507,"date":"2016-09-05T09:48:42","date_gmt":"2016-09-05T07:48:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40507"},"modified":"2016-09-05T09:48:42","modified_gmt":"2016-09-05T07:48:42","slug":"poetin-met-roomys-op-rooi-tapyt-gul-ontvang-by-g20","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40507","title":{"rendered":"Poetin met roomys op rooi tapyt gul ontvang by G20"},"content":{"rendered":"<p>Met die aankoms van president Obama in Hangzhou, was geen trap vir hom om die vliegtuig te verlaat nie en geen rooi tapyt nie.<\/p>\n<p>Obama moes &#8216;n nooduitgang gebruik. &#8216;n Chinese amptenaar is daarna deur die Amerikaanse perskorps en nasionale veiligheidsadviseur Susan Rice verskree, maar die Chinees het hom nie van stryk laat bring nie: &#8220;Dit is ons land. Dit is ons lughawe,&#8221; het die Chinese amptenaar ferm geantwoord.<\/p>\n<p>Die Russiese president Vladimir Poetin, het geen sulke probleme ondervind nie. Hy is op die rooi tapyt ontvang met sy geskenk van Russiese roomys aan Chinese leier Xi Jinping: &#8220;Ek het belowe ek sal roomys bring,&#8221; het Poetin ges\u00ea. <\/p>\n<p>Xi Jinping is &#8216;n liefhebber van Russiese roomys. &#8220;Baie dankie vir die geskenk, vir die lekker roomys. Met elke reis na Rusland vra ek altyd om Russiese roomys te koop. En dan, by die huis, eet ons dit,&#8221; het die Chinese leier geskerts toe hy die geskenk in ontvangs neem.<\/p>\n<p>Die verskille in die ontvangs van die twee w\u00eareldleiers, was oral merkbaar.<\/p>\n<p>Gesprekke tussen die Amerikaanse president Barack Obama en die Russiese president Vladimir Poetin op die kantlyn van die G20-beraad in China se Hangzhou, het langer geduur as wat beplan is.<\/p>\n<p>Die twee leiers het die Amerikaans-gesteunde inval in Siri\u00eb en die Oekra\u00efne bespreek, het die Kremlin se woordvoerder Dmitri Peskov ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Die vergadering was langer as wat beplan is. Siri\u00eb was in die eerste plek bespreek, en die Oekra\u00efne,&#8221; het die woordvoerder ges\u00ea.<\/p>\n<p>Poetin en Obama het ingestem tot informele samesprekings by die G20-beraad. <\/p>\n<p>In Siri\u00eb worstel Amerika en Rusland steeds met verskille oor &#8216;n skietstaking-ooreenkoms waar die gevegte in di\u00e9 land onverpoosd voortduur. <\/p>\n<p>Die twee is deel van 20 staatshoofde van die w\u00eareld se grootste ekonomie\u00eb wat hul jaarlikse beraad in Hangzhou hou. <\/p>\n<p>Aanduidings is dat die informele gesprekvoering meer produktief was. Die leiers van Duitsland en Turkye het samesprekings oor visumvergunnings gehou. <\/p>\n<p>Daar was &#8216;n geleentheid vir die nuwe Britse eerste minister, Theresa May, om haar land se toekoms n\u00e1 uittrede uit die Europese Unie te bespreek. Sy het ook met pres. Poetin vergader.<\/p>\n<p>Die president van China, Xi Jinping het tydens die opening gewaarsku dat die w\u00eareldekonomie by &#8216;n kruispad is en dat die G20-leiers op ekonomiese kwessies moet fokus.<\/p>\n<p>Intussen het die <em>US Peace Council (USPC)<\/em> ges\u00ea die kommerwekkende toestand in Siri\u00eb is nie die gevolg van &#8216;n burgeroorlog nie, maar &#8216;n inval.<\/p>\n<p>Henry Lowendorf, Lid van die Uitvoerende Raad van die USPC s\u00ea Christene word geteiken in Siri\u00eb.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het dorpe gesien, wat basies Christelike dorpe is, wat reeds bele\u00ebr is deur die [Moslem]terroriste, maar hulle is nou bevry. En die skade wat aan &#8216;n kosbaarheid soos die dorp genoem Maaloula, wat &#8216;n dorp is waar hulle nog Aramees praat, die taal van Jesus. En aanvalle op die Christelike bevolking.&#8221;<\/p>\n<p>Katar, Saoedi-Arabi\u00eb, Turkye, die Verenigde State van Amerika, en veral Israel steun die inval in Siri\u00eb en die destabilisering van die land, ten spyte van propaganda wat die teendeel wil beweer.<\/p>\n<p>Net soos Libi\u00eb voor die NAVO-bombardement, het Siri\u00eb gratis gesondheidsorg en gratis onderwys tot universiteit, maar anders as Libi\u00eb ook &#8216;n groot Christenbevolking.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die aankoms van president Obama in Hangzhou, was geen trap vir hom om die vliegtuig te verlaat nie en geen rooi tapyt nie. Obama moes &#8216;n nooduitgang gebruik. &#8216;n Chinese amptenaar is daarna deur die Amerikaanse perskorps en nasionale veiligheidsadviseur Susan Rice verskree, maar die Chinees het hom nie van stryk laat bring nie: &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40507\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Poetin met roomys op rooi tapyt gul ontvang by G20&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40508,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[],"class_list":["post-40507","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40507","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40507"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40507\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40508"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40507"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40507"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40507"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}