{"id":40474,"date":"2016-09-02T10:02:32","date_gmt":"2016-09-02T08:02:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40474"},"modified":"2016-09-02T10:02:32","modified_gmt":"2016-09-02T08:02:32","slug":"geweld-breek-in-gaboen-uit-na-bongo-wen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40474","title":{"rendered":"Geweld breek in Gaboen uit na Bongo wen"},"content":{"rendered":"<p>Gaboen se presidensi\u00eble wag het in die nag die opposisieparty se hoofkantoor aangeval. Minstens een persoon het omgekom en minstens 20 is beseer, het opposisiewoordvoerders ges\u00ea.<\/p>\n<p>Dit volg na betogings teen die herverkiesing van die Sentraal-Afrika-land se president en waar &#8216;n duidend mense reeds aangehou word.<\/p>\n<p>Pres. Ali Bongo Ondimba het die opposisie-kandidaat met \u2018n klein meerderheid verslaan en daardeur die tafel vir die onluste gedek.<\/p>\n<p>Bongo het met 49,8 persent van die stemme teenoor Ping se 48,2 persent gese\u00ebvier. Die grondwetlike hof moet die voorlopige uitslae nog finaliseer.<\/p>\n<p>Die aanval deur soldate in groet barette, wat hulle as lede van die presidensi\u00eble wag ge\u00efdentifiseer het, het omstreeks 01:00 Donderdag plaasgevind. Ping was nie ten tyde van die aanval in die kompleks nie.<\/p>\n<p>\u2018n Inwoner s\u00ea regeringsmagte het ook die RTN-opposisie se radio- en televisiestasie aangeval.<\/p>\n<p>Voor die aanval het die polisie traangas na honderde opposisiebetogers in die hoofstad, Libreville, afgevuur. Die betogers het op hul beurt motors en rommel voor die Nasionale Vergadering aan die brand gesteek. <\/p>\n<p>Ooggetuies s\u00ea betogers in verskeie distrikte het \u2018n inkoopsentrum gevandaliseer, \u2018n bank beroof en geboue aan die brand gesteek.<\/p>\n<p>Onluste en plundery het ook voorgekom nadat Bongo tydens vorige verkiesings in 2009, n\u00e1 die dood van sy pa, Omar Bongo, aan bewind gekom het.<\/p>\n<p>Waarnemers van die Europese Unie het die gebrek aan deursigtigheid met verkiesingsuitslae gekritiseer.<\/p>\n<p>Hulle het in \u2018n verklaring \u2018n beroep op Gaboen gedoen om die volledige uitslae vir elke stempunt te publiseer en alle rolspelers gemaan om te help om die vrede te bewaar.<\/p>\n<p>Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Ban Ki-moon, het politieke leiers en hul ondersteuners aangeraai om hulle te weerhou van verdere dade wat vrede en stabiliteit in die land kan ondermyn.<\/p>\n<p>In Suid-Afrika het minstens 400 Gaboenese burgers by die Franse Konsulaat in Kaapstad Donderdag betoog oor die betwiste verkiesingsuitslae.<\/p>\n<p>Die betogers het baniere opgehou terwyl hulle die volkslied van hul land gesing het.<\/p>\n<p>Hulle beweer dat die regerende party stemme ten gunste van Bongo gemanipuleer het.<\/p>\n<p>Die Bongo&#8217;s, een familie, klou nou al aan die Wes-Afrika-land se leierspos vir byna vyf dekades. Ali Bongo het oorgeneem by sy pa, Omar Bongo, in 2009 n\u00e1 sy dood.<\/p>\n<p>Daar word vermoed dat Jean Ping, die werklike verkose president van die land is na verkiesingsbedrog.<\/p>\n<p>Die bevolkingsgetalle van Haut-Ogoou\u00e9-streek is op Wikipedia vyf of ses keer aangepas gedurende die aanloop tot die verkiesing, met President Bongo wat met meer as 99% van die stemme gewen het. <\/p>\n<p>Dit beteken dat die hele bevolking ouer as 18 jaar en stemgeregtig is, het een ontleder ges\u00ea.<\/p>\n<p>Frankryk is besonder gretig dat Bongo die leisels aan Ping, &#8216;n half-Chinees, oorhandig. Parys het &#8216;n beroep op Bongo gedoen om af te stap omdat hulle voel dat China te veel van &#8216;n invloed oor Gaboen deur omkoopgeld verkry het.<\/p>\n<p>Ping is &#8216;n gewese swaer van Bongo wat met sy suster getroud was. Hy is dus goed bekend met hoe die vurk in die hef steek in die Bongo-binnekring. Frankryk het Ping se verskiesingsveldtog in hul voormalige kolonie bestuur.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Gaboen se presidensi\u00eble wag het in die nag die opposisieparty se hoofkantoor aangeval. Minstens een persoon het omgekom en minstens 20 is beseer, het opposisiewoordvoerders ges\u00ea. Dit volg na betogings teen die herverkiesing van die Sentraal-Afrika-land se president en waar &#8216;n duidend mense reeds aangehou word. Pres. Ali Bongo Ondimba het die opposisie-kandidaat met \u2018n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40474\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Geweld breek in Gaboen uit na Bongo wen&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40475,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5311,1093,17201,10052,21028],"class_list":["post-40474","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-china","tag-frankryk","tag-gaboen","tag-minerale","tag-termyne"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40474","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40474"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40474\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40475"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40474"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40474"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40474"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}