{"id":404,"date":"2007-05-08T08:21:57","date_gmt":"2007-05-08T08:21:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=404"},"modified":"2007-05-08T08:21:57","modified_gmt":"2007-05-08T08:21:57","slug":"afrika-bekommerd-oor-sarkozy","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=404","title":{"rendered":"Afrika bekommerd oor Sarkozy"},"content":{"rendered":"<p>Oesman Diarra uit Mali was &quot;baie bang&quot; toe hy hoor wie die verkiesing gewen het. Diarra is die voorsitter van die AEM oftewel die <em>Assosiasie vir die Uitgesettes van Mali<\/em> in Bamako. &quot;Dis &#8216;n ou wat baie streng is oor immigrasie ten nadele van Mali&euml;rs en Wes-Afrikane.&quot; Die voorsitter het in Mei 2006 &#8216;n veldtog teen Sarkozy se besoek aan Mali gevoer.<\/p>\n<p>&#8216;n Nie-regeringsorganisasie in Dakar, Senegal, wat met menseregte gemoeid is se sekretaris Alouine Tine s&ecirc; prontuit dat &quot;die verkiesing van Sarkozy nie groot entoesiasme in Afrika gaande gemaak het nie.&quot;<\/p>\n<p>&quot;Hy (Sarkozy) het probeer om die Le Peniste te sjarmeer met verregse temas. Hy het Afrikane se gevoelens openlik geminag, binnelands en buitelands,&quot; het hy benadruk. &quot;Afrikane verwag &#8216;n ommekeer in polisiebeheer, onwettige immigrasie en visum-aansoeke.&quot;<\/p>\n<p>Die Senegalese koerant <em>Le Soleil<\/em>, pro-regeringsmondstuk, skryf dat Sarkozy &quot;deur die Afrika-massas gesien word as die laagtepunt van &#8216;n Frankryk wat agter sy barrikades skuil en sonder ophou die verwerping van die swart kontinent&nbsp; ignoreer.&quot; <\/p>\n<p>In Kinshasa skryf die onafhanklike koerant <em>Le Potentiel <\/em>dat Sarkozy &quot;in Afrika net immigrasie wat Frankryk benadeel raaksien&quot; en &quot;alles wat Afrika vir Frankryk en Franssprekendes beteken, ignoreer.&quot;<\/p>\n<p>Die opposisie-aktivis uit die Ivoorkus, Alassane Ouattara, was egter meer optimisties oor die vooruitsigte van &quot;modernisering&quot; wat die nuwe presidentskap kan inhou. Ook Jean-Pierre Bemba wat tans in Portugal skuil nadat hy onlangs uit die DRK moes vlug hoop dat Frankryk se nuwe politiek na &quot;demokrasie en goeie regering&quot; sal lei.<\/p>\n<p>In Johannesburg het Franse kiesers by die <em>Alliance Fran&ccedil;aise <\/em>vertel dat daar ongeveer 2000 geregistreede kiesers in die stad is en 800 in Kaapstad wat kon gaan stem het. Daar was glo enkele stemme vir die verlinkse kandidate. Di&eacute; soort stemme word deesdae in Frankryk as &quot;taktiese&quot; stemme beskryf.<\/p>\n<p>Die meerderheid stemme in Johannesburg het egter aan Le Pen gegaan. Volgens een Fransman kan dit toegeskryf word aan die feit dat die Franse wat hier woon eerder van die &quot;ancien regime&quot;-soort is.<\/p>\n<p>Sarkozy het Sondagaand, net na sy oorwinning, homself ten gunste van &#8216;n Mediterreense Unie uitgespreek wat saam besluite ten opsige van &quot;beheerde immigrasie en ambisieuse ontwikkeling&quot; kan neem. Dit sal &#8216;n skakel tussen Europa en Afrika wees.<\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/99spravok.ru\/spravka-086-u-vrachebnoe-zaklyuchenie\">\u0441\u043f\u0440\u0430\u0432\u043a\u0430<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/otz.txtwww.ru\/object\/gruza-ukrainu-topcargo\">topcargo \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">Heelparty Afrikane het Maandag hul bekommernis oor die nuwe Franse president, Nicolas Sarkozy, uitgespreek. Veral Sarkozy se houding teenoor onwettige immigrasie was &#8216;n teer punt. In Johannesburg by die <em>Alliance Fran&ccedil;aise <\/em>was die atmosfeer taamlik neerdrukkend.<em><br \/><\/em><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[536,162,21089],"class_list":["post-404","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-afrika-bekommerd-oor-sarkozy","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/404","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=404"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/404\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=404"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=404"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=404"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}