{"id":40366,"date":"2016-08-30T08:38:42","date_gmt":"2016-08-30T06:38:42","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40366"},"modified":"2016-08-30T08:38:42","modified_gmt":"2016-08-30T06:38:42","slug":"die-vlieg-in-die-vrugtebedryf-se-salf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40366","title":{"rendered":"Die vlieg in die vrugtebedryf se salf"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika is die tuiste van verskeie vrugtevliegspesies, waarvan drie van ekonomiese belang is as gevolg van hul vermo\u00eb om vrugteproduksie te ontwrig en uitvoerbeperkings te veroorsaak. Die drie spesies wat as ontwrigtend beskou word vir vrugteproduksie, is die Mediterreense vrugtevlieg (Ceratitis capitata); die maroelavrugtevlieg (Ceratitis cosyra) en die Natalse vrugtevlieg (Ceratitis rosa). Oesverliese en plaagbeheerkoste as gevolg van vrugtevlie\u00eb beloop na raming meer as R20 miljoen per jaar net in die Wes-Kaap.<\/p>\n<p>As gevolg van die vrugtehandel het die Mediterreense vrugtevlieg die grootste verspreiding van alle vrugtevlie\u00eb in die w\u00eareld. Hierdie vlieg het homself in verskeie klimate gevestig, van gebiede soos die Wes-Kaap met &#8216;n tipies Mediterreense klimaat, tot tropiese streke in Oos-Afrika, dwarsoor Afrika suid van die Sahara en nog verder in die noordelike woestyne. Mediterreense vrugtevlie\u00eb blyk uitdrogingsverdraagsaam te wees, wat beteken dat hulle uiters dro\u00eb weerstoestande kan verdra. Dit blyk dat solank daar die een of ander bron van water is, die Mediterreense vrugtevlieg kan oorleef.<\/p>\n<p>Navorsing toon dat klimaatverandering hierdie plae se verspreiding be\u00efnvloed \u2013 en nie op &#8216;n voordelige manier nie. Dr Chris Weldon van die Departement Dierkunde en Entomologie aan die Universiteit van Pretoria doen navorsing oor die voorkoms van vrugtevlie\u00eb en hoe sekere spesies sekere weerstoestande beter as ander kan verdra, veral baie warm, dro\u00eb toestande as gevolg van klimaatverandering. Dr Weldon se studie is gemik op beter begrip van hoe hierdie vlie\u00eb sulke toestande kan verdra; hy ondersoek hoe Mediterreense vrugtevlie\u00eb aangepas het en doen &#8216;n vergelykende studie van die drie inheemse Suid-Afrikaanse vrugtevlie\u00eb.<\/p>\n<p>Vrugtevlie\u00eb l\u00ea hul eiers in spesifieke soorte vrugte. Die kommersieel gekweekte vrugte wat die meeste deur hierdie vlie\u00eb aangetas word, sluit sitrus en sagtevrugte in. Die Mediterreense vrugtevlieg het &#8216;n baie groter gasheerverskeidenheid as die ander twee Suid-Afrikaanse vrugtevlie\u00eb, en dit dra by tot sy groot verspreidingsgebied. <\/p>\n<p>Sy gasheerbestek dek na bewering meer as 300 verskillende vrugtesoorte. Interessant genoeg het dr Weldon bevind dat die maroelavrugtevlieg net so uitdrogingsverdraagsaam as die Mediterreense vrugtevlieg is, maar hy is baie meer uitsoekerig wat gasheervrug betref en l\u00ea sy eiers meesal in die maroelavrug en mango&#8217;s. Die maroelavrugtevlieg se verspreiding word dus beperk deur sy gasheerbestek eerder as deur sy vermo\u00eb om dro\u00eb toestande te verdra. Die Natalse vrugtevlieg het die kleinste verspreidingsbestek; hy verkies natter toestande en het baie beperkte verdraagsaamheid vir dro\u00eb toestande.<\/p>\n<p>Dr Weldon se navorsing het &#8216;n interessante rede gekry vir die Mediterreense vrugtevlieg se vermo\u00eb om dro\u00eb toestande te verdra: die vlieg kan sy opgebergde liggaamsvet afbreek en metaboliseer, en sodoende water vrystel. Dr Weldon vermoed hierdie vrygestelde water word gebruik om die vlieg te help om dro\u00eb toestande te hanteer en vir langer tydperke te oorleef sonder toegang tot ander waterbronne. Hy kon dit nog nie by die ander twee spesies vasstel nie.<\/p>\n<p>Dr Weldon het ook bevind dat die Mediterreense vrugtevlieg meer waterverlies relatief tot sy liggaamsgrootte kan verdra as ander spesies. Hy hoop om hierdie navorsing uit te brei om te kyk na die roetes waarlangs insekte water verloor en hoe Suid-Afrikaanse vrugtevlie\u00eb in hierdie opsig verskil.<\/p>\n<p>Navorsing soos di\u00e9 van dr Weldon is baie belangrik omdat vrugtevlie\u00eb groot finansi\u00eble verliese kan meebring. Vrugtevlie\u00eb hou &#8216;n groot bedreiging vir vrugteproduksie in en verlaag produktiwiteit aangesien besmette vrugte nie verkoop kan word nie. Produksiekoste styg aangesien bestuurstegnieke duur is, en dit lei tot ho\u00ebr vrugtepryse. Lande waar daar nie vrugtevlie\u00eb voorkom nie, is huiwerig om vrugte in te voer uit lande waar daar wel vrugtevlie\u00eb is omdat hulle nie die risiko wil loop om vrugtevlie\u00eb saam met die vrugte in te voer nie. Dit bly vir vrugteboere &#8216;n groot uitdaging om te voorkom dat vrugte besmet word, sodat dit uitgevoer kan word.<\/p>\n<p>Daar is verskeie opsies vir die beheer van vrugtevlie\u00eb, maar in Suid-Afrika is die vernaamste metodes lokaasbespuiting, die manlike-uitwissingstegniek en die steriele-insektegniek. Dr Weldon merk op dat Suid-Afrika se beheerstrategie\u00eb goed werk, met die gevolg dat die land se vrugteproduksie baie doeltreffend is. Aangesien die insekte egter &#8216;n merkwaardige vermo\u00eb het om by veranderinge in die omgewing aan te pas, is dit belangrik om die stelsels deurlopend te verbeter.<\/p>\n<p>&#8216;n Nuwe vrugtevlieg is onlangs in Suid-Afrika ontdek, naamlik die Oosterse vrugtevlieg (Bactrocera dorsalis). Hierdie vlieg, wat eers in Kenia ontdek is, het oor die grootste deel van Afrika suid van die Sahara versprei en kom nou ook in die noordelike dele van Suid-Afrika voor. Sy teenwoordigheid is besonder sorgwekkend omdat hy nie net vrugte nie maar ook groente teiken. <\/p>\n<p>Dr Weldon se navorsingsgroep, FliES (Flies of Economic Significance Research Group), het begin om Bactrocera dorsalis na te vors ten einde sy verspreiding en die vatbaarheid van plaaslike kommersieel geproduseerde vrugte beter te verstaan. Dit is kommerwekkend dat namate die gevolge van klimaatverandering sterker na vore tree, nuwe produksiegebiede van vrugteboerdery daartoe kan lei dat meer vlie\u00eb na nuwe gebiede versprei.<\/p>\n<p>Bron: UP Nagraadse Studentevereniging vir Natuur- en Landbouwetenskappe (NSNLW)<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika is die tuiste van verskeie vrugtevliegspesies, waarvan drie van ekonomiese belang is as gevolg van hul vermo\u00eb om vrugteproduksie te ontwrig en uitvoerbeperkings te veroorsaak. Die drie spesies wat as ontwrigtend beskou word vir vrugteproduksie, is die Mediterreense vrugtevlieg (Ceratitis capitata); die maroelavrugtevlieg (Ceratitis cosyra) en die Natalse vrugtevlieg (Ceratitis rosa). Oesverliese en plaagbeheerkoste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40369,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[134,29],"tags":[19688,4111,23095,23094,17180],"class_list":["post-40366","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-c126-algemeen","category-s32-feuilleton","tag-gewasse","tag-landbou","tag-landbounavorsing","tag-vrugte-en-groente","tag-vrugtevlieg"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40366","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40366"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40366\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40369"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40366"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40366"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40366"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}