{"id":4030,"date":"2009-01-24T05:10:26","date_gmt":"2009-01-24T05:10:26","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4030"},"modified":"2009-01-24T05:10:26","modified_gmt":"2009-01-24T05:10:26","slug":"maak-obama-se-velkleur-hom-dan-meer-bekwaam","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4030","title":{"rendered":"Maak Obama se velkleur hom dan meer bekwaam?"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>In di&eacute; hoofartikel maak die skrywer, vermoedelik  Beeld se redakteur, verskeie verbasende stellings en&nbsp;gevolgtrekkings. Hy  verwys byvoorbeeld na die probleme wat Amerika en die w&ecirc;reld bedreig, soos  oorlo&euml;, aardverwarming en die ekonomie. &#39;n Paar sinne later skryf hy:<\/p>\n<p>&quot;Hy is swart &eacute;n hy is wit in &rsquo;n tyd dat die ideaal van nie-rassigheid al  hoe belangriker word, maar nog nie ons samelewings rig nie &ndash; hier sowel as in  ander lande.&quot;<\/p>\n<p>Kan ons dus die volgende afleiding maak: die w&ecirc;reld het  weliswaar probleme, o.a. ekonomiese en klimaatprobleme. Obama is egter &#39;n goeie  man om di&eacute; probleme op te los,&nbsp; noodwendig beter as, s&ecirc;, John McCain.  Hoekom? Wel, want Obama is halfswart en McCain wit. <\/p>\n<p>Ek is jammer, maar dit volg nie. Wat het iemand se koffiekleurige vel te  make met sy vermo&euml; om &#39;n dreigende geld- en ekologiese ramp af te weer? Wat op  dees aarde het nie-rassigheid te make met die ekonomiese krisis? Is alle mense  voorts&nbsp;dan nie &quot;dieselfde&quot;, ongeag ras nie, Beeld? Is dit nie rassisties om  sekere eienskappe aan iemand toe te dig bloot omdat hy van &#39;n sekere velkleur is  nie, Beeld?<\/p>\n<p>Tweedens, vir wie is nie-rassigheid &quot;toenemend  belangrik&quot;? Dis beslis nie belangrik vir die toenemend Afro-fascistiese ANC  nie, want &#39;n wit ANC-leier of president vir Suid-Afrika is s&oacute; onwaarskynlik  dat die blote gedagte daaraan belaglik is. As Beeld na nie-rassigheid verwys,  kan hy ook sekerlik nie ook Suid-Afrika daarby wil insluit nie, waar  staatsrassisme en etniese oorlogvoering teen minderhede hoogty vier. Ras is  opperbelangrik en allesoorheersend in Suid-Afrika. Dit bepaal of jy &#39;n werk mag  kry, en of jy in jou moedertaal mag skoolgaan.<\/p>\n<p>Die mees interessante  Freudiaanse glipsie in die hoofberig is egter die volgende:<\/p>\n<p>&quot;Obama  verteenwoordig as sulks ook die bewys dat etniese minderhede nie vir altyd  uitgesluit word van mag en posisie nie. Dit eggo ook in Suid-Afrika, waar mnr.  Mathews Phosa, &rsquo;n leier van die ANC, die Obama-voorbeeld eergister aan wit  Suid-Afrikaners voorgehou het.&quot;<\/p>\n<p>Baie interessant, komende vanuit die pen  van &#39;n Naspers-ideoloog soos Beeld se redakteur, nie waar nie? Die hoofartikel  is positief en opgeruimd; dit praat telkens van hoop. Kan ons dus aanneem dat  Beeld Obama as &#39;n soort wortel voor die minderheidsdonkies van Suid-Afrika laat  swaai? &quot;Kyk &#8211; julle, SA se minderhede,&nbsp;kan ook eendag politieke mag  terugkry, nes Obama.&quot; Dit lyk vir my&nbsp; kompleet asof die skrywer s&ecirc; dat die  herverkryging van politieke mag iets is vir minderhede om na te streef. <\/p>\n<p>Hy erken dus per implikasie dat die verlies aan politieke mag rampspoedig  was vir Afrikaners, &#39;n uitkoms wat tot ons enorme nadeel was. Hy moedig  ons&nbsp;per implikasie&nbsp;aan om Obama se voorbeeld na te streef, en ons te  beywer om politieke mag te herower.<\/p>\n<p>Het die skrywer egter mooi gedink wat  dit in Suid-Afrika sou impliseer?<\/p>\n<p>Vir &#39;n minderheid &#8211; kom ons s&ecirc;  Afrikaners &#8211; om weer effektiewe politieke mag binne die sogenaamde re&euml;nboognasie  te bekom, sal noodwendig lei tot die ineenstorting van die illusie wat die  sogenaamde re&euml;nboognasie verteenwoordig. Die dag as daar &#39;n verkose  Afrikanerleier is, met genoegsame mag,&nbsp;wat sy volk nie onmiddelik na  selfbeskikking lei en losmaak van die onafwendbare ondergang van die  re&euml;nboognasie nie, is die dag dat ek my&nbsp;sleutelbord eet.  <\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/nyf.com.ua\/malyshi-do-goda\/odezhda\/konverty\">\u043a\u043e\u043d\u0432\u0435\u0440\u0442 \u0434\u043b\u044f \u043d\u043e\u0432\u043e\u0440\u043e\u0436\u0434\u0435\u043d\u043d\u043e\u0433\u043e \u0437\u0438\u043c\u043d\u0438\u0439 \u043a\u0443\u043f\u0438\u0442\u044c \u0441\u043f\u0431<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/politics\/3884182\/\">\u0414\u0430\u043d\u0438\u043b\u044c\u0447\u0435\u043d\u043a\u043e<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/antonbkl2.JPG\" width=\"77\" height=\"101\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Beeld het &#39;n <a href=\"http:\/\/www.news24.com\/Beeld\/Opinie\/Hoofartikels\/0,,3-2085-65_2456830,00.html\">hoofartikel<\/a>  op sy werf geplaas wat n&oacute;g &#39;n moeisame hagiografie  oor Amerika se vermeende Messias, Barack Obama, verteenwoordig. Dis  een van vele waarmee die lesers reeds sedert einde 2008 geteister word, namate  dit duidelik geword het dat Obama eers die nominasie van die Demokrate en toe  die verkiesing sou wen.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[40],"tags":[152,3894,21092],"class_list":["post-4030","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c21-anton-barnard","tag-anton-barnard","tag-maak-obama-se-velkleur-hom-dan-meer-bekwaam","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4030","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4030"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4030\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4030"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4030"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4030"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}