{"id":40283,"date":"2016-08-25T08:34:24","date_gmt":"2016-08-25T06:34:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40283"},"modified":"2016-08-25T08:35:15","modified_gmt":"2016-08-25T06:35:15","slug":"minstens-247-mense-dood-na-aardbewing-in-italie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40283","title":{"rendered":"Minstens 247 mense dood na aardbewing in Itali\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>\u2019n Aardbewing het \u2019n aantal dorpe in die bergagtige sentrale deel van Itali\u00eb in puin gel\u00ea en inwoners onder hope rommel vasgekeer. Minstens 247 mense het omgekom en talle is vermis.<\/p>\n<p>Die aardbewing het in die vroe\u00eb oggendure van Woensdag plaasgevind toe die meeste mense geslaap het. Wonings is in puin gel\u00ea en paaie is onbegaanbaar gemaak in dorpe en nedersettings ongeveer 85 kilometer noordoos van Rome.<\/p>\n<p>Nooddienste het \u2019n lugfoto vrygestel wat toon dat hele gebiede van die dorp Amatrice, platgevee is met rommel wat die strate in nabygele\u00eb Accumoli vol l\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cIn die daglig kan ons sien dat die situasie veel erger is as wat ons vermoed het, met geboue wat in duie gestort het, mense wat vasgekeer is onder die rommel en geen geluid van lewe nie,\u201d het Accumoli se burgemeester, Stefano Petrucci, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Wye krake was sigbaar in die mure van geboue wat staande gebly het.<\/p>\n<p>Inwoners het met hul kaal hande in die rommel gegrawe voor nooddienste met toerusting en snuffelhonde bystand verleen het.<\/p>\n<p>Aangesien dit somer is, is die inwonertal in die gebied aansienlik ho\u00ebr as in die res van die jaar, met baie toeriste en besoekers wat hulle in die landelike gebied bevind het.<\/p>\n<p>Amptenare s\u00ea ses mense is dood in Accumoli en \u2019n verdere ses in Amatrice. Sky Italia televisie het berig dat tien mense in die nabygele\u00eb nedersetting, Pescara del Tronto, dood is. Nagenoeg 100 mense was in die nedersetting Arquata del Tronto vermis.<\/p>\n<p>\u201cDriekwart van die dorp is nie meer daar nie,\u201d het Amatrice se burgemeester, Sergio Pirozzi, aan die staatsuitsaaier, RAI ges\u00ea. <\/p>\n<p>\u201cDie oogmerk is nou om soveel lewens as moontlik te red. Ons hoor stemme onder die puin en ons moet daardie mense red,\u201d het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2019n Reuters-verslaggewer het berig dat die hospitaal erg deur die aardbewing beskadig is en dat pasi\u00ebnte na die strate verskuif is.<\/p>\n<p>Die aardbewing het skade in drie streke, Umbri\u00eb, Lazio en Marche veroorsaak.<\/p>\n<p>Volgens die Amerikaanse geologiese opnamediens, het die aardbewing 6,2 op die Richterskaal geregistreer en was die middelpunt naby die stad, Norcia in Umbri\u00eb. <\/p>\n<p>Die skade is vererger omdat die middelpunt redelik vlak, ongeveer vier kilometer onder die oppervlak, voorgekom het.<\/p>\n<p>Itali\u00eb is op twee foutlyne gele\u00eb wat dit een van die mees seismies-aktiewe lande in Europa maak.<\/p>\n<p>Die laaste groot aardbewing was in 2009 toe meer as 300 mense in die sentrale stad, L\u2019Aquila, gesterf het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Aardbewing het \u2019n aantal dorpe in die bergagtige sentrale deel van Itali\u00eb in puin gel\u00ea en inwoners onder hope rommel vasgekeer. Minstens 247 mense het omgekom en talle is vermis. Die aardbewing het in die vroe\u00eb oggendure van Woensdag plaasgevind toe die meeste mense geslaap het. Wonings is in puin gel\u00ea en paaie is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40283\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Minstens 247 mense dood na aardbewing in Itali\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40284,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7661,23067,23066,7546],"class_list":["post-40283","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-aardbewing","tag-amatrice","tag-foutlyne","tag-italie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40283","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40283"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40283\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40284"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40283"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40283"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40283"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}