{"id":4027,"date":"2009-01-23T11:38:57","date_gmt":"2009-01-23T11:38:57","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4027"},"modified":"2009-01-23T11:38:57","modified_gmt":"2009-01-23T11:38:57","slug":"hout-n-eeue-oue-geldeenheid","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4027","title":{"rendered":"Hout, &#8216;n eeue oue geldeenheid"},"content":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span>Geen geld of kredietkaarte ruil hande by die Santiago Tianguistenco mark wat sowat 100 kilometer uit Meksiko se hoofstad gele&euml; is nie, maar slegs stukkies hout, in ruil vir voedsel, seep, klere en speelgoed. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die Santiago ruilhandel-mark is in 1820 gestig en is ouer as die sorpie waarin dit gele&euml; is. In die Nahuatl inheemse taal beteken &quot;tianguistenco&quot; op die rand van die mark. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Die mark het reeds bestaan toe ek &#39;n kind was. Ons kom elke week in vir kos, klere vir baie klein dingetjies,&quot; het een vroulike kli&euml;nt ges&ecirc;, maar geweier om haar naam te gee, terwyl sy in &#39;n ry gewag het voor &#39;n stalletjie wat gebraaide vark verkoop. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>By die voorpunt van die ry het sy &#39;n dosyn stukke hout oorhandig in ruil vir twee stukke sappige vleis. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&#39;n Entjie verder, agter &#39;n vragmotor het nog &#39;n vrou twee stukke hout geruil vir &#39;n lemoen, terwyl ander 10 stukke hout geruil het vir 3 mate gekookte rys of bredie. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Op daardie dag het wasgoedseep 25 stukke hout gekos vir &#39;n half kilogram, 50 stukke hout het verruil vir &#39;n kilogram boontjies, sout of suiker en 100 stukke het &#39;n liter kookolie gekoop. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Tweedehandse klere kos 10 stukke per item en ou speelgoed en poppe kos 5 stukke elk. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die houtdraers, vroue van die plaaslike Nahuatl, Otomi of Tlahuica etniese groepe het geweier dat hulle afgeneem word of om hulle name te gee. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Hoekom wil jy my naam weet? Ek weet hoe dit gebruik gaan word na die tyd,&quot; het een van die vroue ges&ecirc; wat die kamera agterdogtig dopgehou het. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Vier jaar gelede het die polisie hierheen gekom en almal weggeneem, 300 mense op een slag. Hulle het die mense daarvan beskuldig dat hulle onwettig hout kap en dis hoekom hulle bang is,&quot; het Ernestina Ortiz, die dame van die inheemse ruilhandelraad wat oor die mark toesig hou ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Meksiko het een van die w&ecirc;reld se vinnigste onbostingstempo&#39;s en die regering het onlangse jare strawwe vir die kap van bome baie verhoog. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>In die woude om die hoofstad is dit met tronkstraf<\/span><span> strafbaar<\/span><span>. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Omgewingsgroepe soek intussen na &#39;n wydverspreide houtsertifikasieskema. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Die mense kap nie die bome af nie, maar tel die stukke dro&euml; hout op wat agtergebly het. Hulle lewe van die woud, maar kyk daarna, hulle maak skoon daar en plant self bome aan,&quot; het Ortiz ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Houtruilhandel is deel van die plaaslike kultuur. Mense van daardie gemeenskappe is baie arm, en as ons hulle nie toelaat om hout te kom verruil nie, sal hulle niks h&ecirc; om te eet nie,&quot; het sy bygevoeg. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Daar is wel re&euml;ls vir die ruilhandel, insluitende verskillende tipes hout. Stukke moet drie hande lank wees en so breed soos &#39;n mens se vuis, en ten minste twee is nodig om enige transaksie te beklink.<\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&#39;n Bondel stokke, wat een meter lank is, is genoeg om kos vir &#39;n gesin vir &#39;n week te kan bekom. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die raad het &#39;n ongeskrewe ooreenkoms met die owerhede, wat waarneming van die mark laat vaar het, maar sommige polisiemanne daag tog soms op om omkoopgeld te vra. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Die handelaars by die mark is baie meer spraaksaam as die houtdraers. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>&quot;Ek bring kaktusse, boontjies en gebraaide vis om te verkoop, en hulle hout is handig omdat gas baie duur is. Ek ruil ook klein stukkies hout vir sout, suiker en sop,&quot; het die 62-jarige handelaar Julia Mejia ges&ecirc;. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Arturo Rosales, wat al vir jare die mark gebruik, het ges&ecirc; hy kom hierheen om die &quot;ruilhandelkultuur&quot; aan die gang te hou, met tweedehandse klere, seep en speelgoed. <\/span><\/p>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/mordvinov-wood.ru\/category\/oborud\/dlya-finskih-i-russkih-parnyih\/drovyanyie-pechi\/\">\u0434\u043b\u044f \u043f\u0435\u0447\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/blogs.korrespondent.net\/blog\/events\/3895974\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043f\u043e\u043b\u0438\u0442\u0438\u043a<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><span>Terwyl sommige mense kyk na alternatiewe ekonomie&euml; om die finansi&euml;le krisis te hanteer, is inwoners van &#39;n dorpie buite Meksikostad reeds ligjare voor met hul manier van doen, met hul gebruik van hout as geldeenheid. <\/span><\/p>\n<div align=\"justify\">  <\/div>\n<p align=\"justify\"><span>Elke Dinsdag daag vroue uit die berge op met stapels hout op hulle r<\/span>&ucirc;e<span> by die dorpie wat hoofsaaklik uit inheemse mense bestaan. <\/span><\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[3891,3377,3394,3890,162,21089,165],"class_list":["post-4027","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-n-eeue-oue-geldeenheid","tag-beeld","tag-die-burger","tag-hout","tag-internasionale-nuus","tag-nuus","tag-praag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4027","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4027"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4027\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4027"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4027"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4027"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}