{"id":40215,"date":"2016-08-23T09:40:13","date_gmt":"2016-08-23T07:40:13","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40215"},"modified":"2016-08-23T09:40:13","modified_gmt":"2016-08-23T07:40:13","slug":"kerry-na-afrika-te-midde-van-stygende-moslembedreiging","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40215","title":{"rendered":"Kerry na Afrika te midde van stygende Moslembedreiging"},"content":{"rendered":"<p>Met die vredesooreenkoms in Suid-Soedan wat aan die uitrafel is en djihadiste wat voortgaan met aanvalle in Somali\u00eb, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, in Nairobi aangekom om met Kenia se pres. Uhuru Kenyatta samesprekings te voer.<\/p>\n<p>Die twee het veiligheid in die streek en terrorisme bespreek voordat Kerry ministers van buitelandse sake van Kenia, Somali\u00eb, Suid-Soedan en Uganda vir samesprekings ontmoet het.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse vredesending na Oos-Afrika is bekommerd oor die verswakkende toestand in Suid-Soedan en ander lande in die streek.<\/p>\n<p>Die ontmoeting was gefokus op die herstel van die mislukte vredesooreenkoms in Suid-Soedan en verkiesings in Somali\u00eb wat voor die deur is. <\/p>\n<p>Suid-Soedan sal intussen &#8216;n Amerikaanse hulppakket van $138-miljoen ontvang, is voorwaardelik aangekondig.<\/p>\n<p>In \u2019n verklaring wat voor die besoek deur die Keniaanse presidentskantoor uitgereik is, is verduidelik dat die ontmoeting met Kenyatta op streekveiligheid en stabiliteit sal fokus. <\/p>\n<p>Verkiesings vind volgende maand in Somali\u00eb plaas en Burundi beleef sedert April 2015 \u2019n politieke krisis.<\/p>\n<p>Terrorisme was ook op die agenda, vanwe\u00eb die bedreiging wat Somali\u00eb se Al-Sjabaab-militante vir die streek inhou.<\/p>\n<p>Kerry se vorige besoek aan Kenia in Mei 2015 het die weg gebaan vir \u2019n besoek van pres. Barack Obama, twee maande later. <\/p>\n<p>Die ho\u00eb-profiel Amerikaanse diplomatieke sendings beklemtoon Kenia se belangrikheid as streekvennoot vir Amerika, veral wat sekuriteit betref, en is ook \u2019n aanduiding dat betrekkinge met Kenia aan die verstewig is. <\/p>\n<p>Di\u00e9 betrekkinge was vir \u2019n geruime tyd gespanne terwyl Kenyatta voor die internasionale geregshof vir vermeende misdade teen die mensdom tereggestaan het.<\/p>\n<p>Kerry wil die jaaroue vredesooreenkoms in Suid-Soedan, wat tot dusver nie daarin kon slaag om \u2019n einde aan die konflik te maak nie, weer laat herleef.<\/p>\n<p>Kerry sal ook na Nigeri\u00eb reis voordat hy Afrika m\u00f4re onderweg na Saoedi-Arabi\u00eb verlaat.\b <\/p>\n<p>Hy sal samesprekings met President Muhammadu Buhari in Abuja voer. Amerika het sedert Buhari verlede jaar aan bewind gekom het, groter veiligheidsondersteuning aan Nigeri\u00eb gegee teen die Moslemterreurgroep Boko Haram (foto bo). <\/p>\n<p>Intussen het Libi\u00eb se regeringsmagte, met die steun van Amerikaanse lugaanvalle, verdere vordering met die herowering van Sirte gemaak, het woordvoerders ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die magte het die sekuriteitsgebou wat deur die Islamitiese Staat-groep (ISIS) as gevangenis gebruik is, die hof, die Al-Naga-distrik en Dubaistraat herower. <\/p>\n<p>Die nuutste oorwinning is in gevegte Sondag \u201cin die aangesig van desperate weerstand van die djihadiste\u201d behaal, lui \u2019n verklaring.<\/p>\n<p>ISIS se skerpskutterposisies is in twee Amerikaanse lugaanvalle geneutraliseer en regeringsmagte het, sonder enige verlies in eie geledere, twee motorfopvaltoestelle onskadelik gestel. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die vredesooreenkoms in Suid-Soedan wat aan die uitrafel is en djihadiste wat voortgaan met aanvalle in Somali\u00eb, het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, John Kerry, in Nairobi aangekom om met Kenia se pres. Uhuru Kenyatta samesprekings te voer. Die twee het veiligheid in die streek en terrorisme bespreek voordat Kerry ministers van buitelandse &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40215\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kerry na Afrika te midde van stygende Moslembedreiging&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":24555,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16712,17039,5361,11115,5885,10964,5358,9397,10255,2848],"class_list":["post-40215","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-boko-haram","tag-isis","tag-islam","tag-john-kerry","tag-kenia","tag-libie","tag-moslems","tag-nigerie","tag-somalie","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40215\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/24555"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}