{"id":4021,"date":"2009-01-23T02:48:45","date_gmt":"2009-01-23T02:48:45","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4021"},"modified":"2009-01-23T02:48:45","modified_gmt":"2009-01-23T02:48:45","slug":"israel-word-toenemend-deur-vuurpyle-bedreig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4021","title":{"rendered":"Israel word toenemend deur vuurpyle bedreig"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Sedert die eerste Kassam-aanval in 2001, wat gemik was op Israeli&#39;s in Gasa, is omtrent 6 000 vuurpyle afgevuur. Daar was wel &#39;n paar aanvalle (omtrent 300 vuurpyle) toe Israel Gasa beset het, maar nadat Israel middel 2005 onttrek het uit Gasa, het Hamas die frekwensie van die aanvalle opgestoot &#8211; nagenoeg 5700 vuurpyle en 4000 mortierbomme &#8211; omdat daar nie Israelse soldate in Gasa was om in te meng met die bou en afvuur van die vuurpyle nie.<\/p>\n<p> Die aanvalle was merkwaardig oneffektief, met slegs 37 mense wat in 8 jaar dood is. Van die 37 is die helfte dood in vuurpylaanvalle en die ander in mortieraanvalle. Hamas moes omtrent 270 vuurpyle afvuur vir elke Israelse soldaat en burgerlike wat hulle gedood het. Israelse teenvuur het een Palestyn dood gelaat vir elke 3 vuurpyle of mortiere wat deur die Palestyne afgevuur is. Een Israeli is dood of gewond vir elke 40 vuurpyle of mortiere wat afgevuur is.<\/p>\n<p> Die vuur van die Israeli&#39;s was net soveel meer akkuraat, met die meeste Palestynse ongevalle wat terroriste of ander mense was wat betrokke by die bou of die afvuur van die vuurpyle of mortiere was. Hamas het probeer om burgerlikes te laat sterf deur vuurpyle in woongebiede te stoor en ook om hulle vanuit daardie gebiede af te vuur. Hoewel Hamas glo in &quot;nie-vrywillige martelaarskap&quot; (wat burgerlikes laat sterf al is die slagoffers nie gewillig nie), is baie van die gekose kandidate nie so gewillig nie. Dus bly burgerlikes weg van die gebiede waar vuurpyle afgevuur word, en verdoesel hulle die feit dat vuurpyle onder hulle huise versteek word.<\/p>\n<p> Kassams het laat in 2001 in Israel begin val, kort n&aacute; die Hamas-Palestynse terroristeorganisasie die ontwerp daarvan vervolmaak het.<\/p>\n<p> Dit was die Kassam I, in lengte amper 78 sentimeter lank, 60 mm in deursnee, het 5 kg geweeg met &#39;n halfkilogram plofkop en het &#39;n trefafstand van ongeveer 3 kilometer gehad. Soos met al die Kassams het mens ongeveer gemik en verder gehoop vir die beste. Vroeg in 2002 het Hamas begin om di&eacute; goed op die Joodse woongebiede in Gasa af te vuur.<\/p>\n<p> Teen 2003 is die groter weergawes gebou, die Kassam II, wat 30 kg geweeg het, 150 mm in deursnee was en 2 meter lank was. Hulle het &#39;n plofkop van tussen 4 en 6 kg gehad en &#39;n trefafstand van tot 8 kilometer. Dit was eers in Junie 2004 dat een van die groter Kassams die lewe van &#39;n Israelse soldaat ge&euml;is het. Teen daardie tyd is daar al omtrent 200 Kassams op suidelike Israel afgevuur.<\/p>\n<p> Later het die Kassam III gevolg, wat 2 meter lank is, &#39;n deursnee van 170 mm het en &#39;n trefafstand van omtrent 12 kilometer. Die plofkop van die Kassam III het tussen 10 en 20 kg geweeg en die totale gewig was ongeveer 90 kg.<\/p>\n<p> Daar was heelwat variasies in die ontwerpe en groter vuurpyle is ook aangewend, insluitend die Kassam IV, met &#39;n trefafstand van 15 kilometer en &#39;n kloon van die BM-21, wat bekendstaan as die Nasser 4, met &#39;n reikafstand van tot 20 kilometer. Met &#39;n koste van net $400 om te bou, word die komponente vir die Nasser 4 deur die tonnels tussen Egipte en Gasa ingesmokkel.<\/p>\n<p> Gedurende Junie 2008 het Israel en Hamas &#39;n skietstilstand bewimpel, waartydens die Palestyne aangehou het om vuurpyle (361) en mortiere (303) op Israel af te vuur. Toe Israel op 27 Desember begin het om Hamas en ander terroristeteikens aan te val, het die Palestyne hulle aanvalle vermeerder. Dit het &#39;n piek van ongeveer 100 bereik op die 28ste, waarna die daaglikse hoeveelheid aanvalle begin afneem het.<\/p>\n<p> Israelse onbemande vliegtuie, vliegtuie en vegvliegtuie was konstant in Gasa se lugruim, en het vuurpylwerkswinkels, bergplekke en lanseerplekke gesoek. Op daardie stadium het die Israelse soldate nog nie Gasa binnegegaan nie en was dit steeds moontlik vir die Palestyne om ten minste 10 vuurpyle per dag oor die grens op Israel af te vuur.<\/p>\n<p> Israel is bewus daarvan dat Hamas &#39;n arsenaal van vuurpyle in Gasa opgebou het. Israelse intelligensieamptenare glo dat Hamas tans &#39;n hele paar honderd fabrieksvervaardigde BM-21-vuurpyle het, elkeen met &#39;n trefafstand van 20 tot 40 kilometer. Hulle het ook &#39;n klompie kortafstand (6 kilometer) B-12-vuurpyle. Di&eacute; spesifieke een word nie meer baie ingesmokkel nie, aangesien die plaaslik vervaardigde Kassam II omtrent dieselfde trefafstand het. Die B-12 is wel meer betroubaar, met &#39;n meer betroubare trajek en ontstekingsmeganisme en gevolglik ook &#39;n beter kans dat dit sal tref daar waarheen dit gemik is en dat dit vir seker sal ontplof.<\/p>\n<p> Die B-12 is &#39;n Russies vervaardigde vuurpyl wat baie gewild onder terroriste is. Dit is 107 mm in deursnee, 90 cm lank en weeg 20 kg. Die vuurpyl het &#39;n reikafstand van omtrent 6 kilometer en anderhalf kilogram plofstof in sy plofkop. Normaalweg word di&eacute; vuurpyl uit &#39;n lanseerder gevuur in salvo&#39;s van 12 op &#39;n slag. Indien dit alleen gevuur word, is dit meer akkuraat hoe nader die operateur aan die teiken kan kom. Die 107 mm-ontwerp is al deur vele nasies gekopieer en is baie gewild onder guerrillas en terroriste vanwe&euml; die maklike draagbaarheid daarvan.<\/p>\n<p> Die BM-21 is 122 mm in deursnee, weeg 70 kg pond en is 2,5 m lank. Die plofkop is 20 kg, maar die akkuraatheid is nie veel beter as die 107 mm-model nie. Die trefafstand is &#39;n maksimum van 20km. Omdat hulle onbegeleide vuurpyle is, is hulle meer effektief wanneer hulle in salvo&#39;s afgevuur word, of op baie groot teikens soos stede, milit&ecirc;re basisse en nywerheidsinstallasies.<\/p>\n<p> In die noorde, in Libanon, beskik Hisbolla oor &#39;n arsenaal van meer as 40 000 fabrieksvervaardigde vuurpyle, hoofsaaklik BM-21&#39;s wat deur Siri&euml; vanaf Iran ingevoer is. Dit is drie keer soveel vuurpyle as wat hulle in die somer van 2006 gehad het, toe meer as 4 000 vuurpyle op die noorde van Israel afgevuur is in aanvalle waarin daar amper 50 mense dood is, waarvan die meeste burgerlikes. In die Israeliese&nbsp; teenaanvalle het meer as 1 000 Libanese gesterf. Hisbolla en Hamas beplan om uiteindelik &#39;n gesamentlike aanval op Israel te loods. Die Israeli&#39;s het meer doeltreffende teenmaatre&euml;ls beplan, maar dit is nog nie openlik bespreek nie.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"https:\/\/aquaelite.com.ua\/nasosnoe-oborudovanie\/bytovye-nasosy-dlya-doma-i-sada\/avtomaticheskie-stancii\">\u043d\u0430\u0441\u043e\u0441\u043d\u043e\u0439 \u0441\u0442\u0430\u043d\u0446\u0438\u0438<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/www.sq.com.ua\/rus\/news\/novosti_partnerov\/13.10.2017\/harkov_v_liderah_po_komfortnosti_zhizni_v_ukraine\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u043a\u043b\u0430\u0441\u0441<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p><span class=\"small\"><\/p>\n<div class=\"mosimage\"  style=\" float: left; margin: 5px; padding: 1px; width: 240px;\" align=\"center\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/kassamvuurpyle.jpg\" width=\"240\" height=\"180\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/><\/p>\n<div class=\"mosimage_caption\" style=\"text-align: center;\" align=\"center\">Kassamvuurpyle in &#8216;n Israelse polisiestasie te Sderot<\/div>\n<\/div>\n<p><\/span>Terwyl die media onlangs gefokus het op die Israeliese offensief en uiteindelike onttrekking uit die Gasastrook, is min aandag gegee aan die Palestynse aanvalle op Israel.<\/p>\n<p>Hamas val Israel reeds agt jaar lank met meestal mortiere (die 82mm model) en tuisgemaakte Kassam-vuurpyle aan in &#39;n poging om Jode dood te maak en Israel te vernietig. Dit is die twee prim&ecirc;re doelstellings vir Hamas en dit verskyn prominent in hulle propaganda-materiaal.<\/p>\n<\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[3377,3394,162,3884,21089,165],"class_list":["post-4021","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-beeld","tag-die-burger","tag-internasionale-nuus","tag-israel-word-toenemend-deur-vuurpyle-bedreig","tag-nuus","tag-praag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4021","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4021"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4021\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4021"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4021"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4021"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}