{"id":4012,"date":"2009-01-22T05:23:24","date_gmt":"2009-01-22T05:23:24","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=4012"},"modified":"2009-01-22T05:23:24","modified_gmt":"2009-01-22T05:23:24","slug":"waarom-amerika-se-halfbloedprins-nie-die-wreld-gaan-red-nie-deel-1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=4012","title":{"rendered":"Waarom Amerika se &#8216;halfbloedprins&#8217; nie die w?reld gaan red nie, deel 1"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Die byna kinderlike uitbarsting van geesdrif rondom Obama deur die Amerikaanse media is ook in die Suid-Afrikaanse reaksie op sy inswering weerspie&euml;l. Trouens, dit wil voorkom asof die meeste plaaslike joernaliste ingeskrewe lede van die Amerikaanse Demokratiese Party kan wees, gegewe hul openlike voorkeur vir Obama gedurende die Amerikaanse presidentsverkiesing.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse internetskrywer Steve Sailer het intussen &#39;n boek oor Barack Obama gepubliseer onder die Harry Potter-agtige titel, America&#39;s half-blood prince, waarin hy Obama se eie standpunt oor &quot;ras en erfenis&quot; ontleed. Sailer kom tot die gevolgtrekking dat die Amerikaanse elites hul greep op die werklikheid verloor het deur te dink dat Obama die land se rasseprobleme gaan wegtower. (<a href=\"http:\/\/www.vdare.com\/half-blood_prince\/\">America&#39;s half-blood prince<\/a>  kan gratis in PDF-formaat van Vdare.com afgelaai word.)<\/p>\n<p>As voorbeeld van die fantasiew&ecirc;reld wat Amerikaanse elites vir hulself rondom &quot;diversiteit&quot; geskep het, verwys Sailer na die media, albei groot politieke partye, die akademie en Wallstraat wat vyftien jaar lank makliker lenings aan minderheidsgroepe voorgestaan het.<\/p>\n<p>Di&eacute; beleid het direk tot die subprimakrisis en die grootste ekonomiese insinking sedert die 1930s aanleiding gegee. Trouens, Obama het self in 1994 as &#39;n sogenaamde &quot;burgerregte-advokaat&quot; die grootste huidige bank, Citibank, gedagvaar om meer geld in swart woongebiede uit te leen.<\/p>\n<p>Anders as wat die liberale en linkse media aan ons voorhou, beteken Obama se verkiesing nie dat ras in die VSA &quot;oorstyg&quot; is nie; inteendeel. Obama se verkiesing is regstreeks te wyte aan die toenemende verdeeldheid van Amerika waarin ras &#39;n baie groot rol speel. Anders as in 1960, toe blankes meer as 85% van die Amerikaanse bevolking uitgemaak het, is hulle nou minder as 70%. Die demografiese agteruitgang van Amerikaanse blankes raak egter eers duidelik as mens van die volgende syfer kennis neem: slegs 56% van skoolgaande kinders in Amerika is nog blankes!<\/p>\n<p>Die meerderheid blanke Amerikaners, veral in die sogenaamde &quot;rooi state&quot; van die Midde-Weste, is steeds konserwatief, Christelik en Republikeinsgesind. Hoewel McCain as kandidaat nie die verbeelding gaande gemaak het nie, het 55% &#8211; die meerderheid &#8211; van blanke Amerikaners nogtans vir hom gestem.<\/p>\n<p>Soos in Europa waar die kwynende sosialistiese partye na veral Moslem-immigrante kyk as &#39;n moontlik bron van kiesers, hang die sukses van die Demokratiese party in die VSA geheel en al daarvan af om die swart en Hispaniese steun te monster. Dit is natuurlik presies wat in die afgelope verkiesing gebeur het, waar tot 90% van alle swart Amerikaners vir Obama gestem en sy steun onder Hispaniese kiesers insgelyks nuwe rekords opgestel het.<\/p>\n<p>Reeds tydens die vorige Bush-verkiesing is daar gepraat van Amerika, &quot;die verdeelde nasie&quot;. In die huidige geval het &#39;n alliansie van liberale blanke elites en gekleurdes die tradisionele Amerikaner getroef en is Obama van plan om die land byna ewe onherroeplik te verander as wat Suid-Afrika in 1994 verander is. Immers was &quot;verandering&quot; die hooftema van Obama se veldtog.<\/p>\n<p>Steve Sailer toon in sy boek aan dat Obama tot die jaar 2000 &#39;n radikale, anti-wit swart leier van die tradisionele tipe was wat gepoog het om onder die swart kiesers van Chicago steun te werf tydens die nominasiestryd van 2000. In &#39;n kiesafdeling wat 65% swart was, het Obama te staan gekom teen &#39;n ander swart kandidaat, verteenwoordiger Bobby Rush, &#39;n voormalige Black Panther. Rush, wat veel ouer as Obama was, het neerhalend na Obama verwys as iemand wat nog net van die burgerregtebewewing gelees het en nie self daaraan deelgeneem het nie. Hy het bygevoeg: &quot;Barack word in ons gemeenskap as &#39;n witman met &#39;n swart gesig gesien.&quot;<\/p>\n<p>Tot Obama se teleurstelling het Rush hom met 61% teen 30% verslaan omdat die swart gemeenskap van Chicago hom nie as &quot;swart genoeg&quot; gesien het nie, met sy Harvard-opvoeding, wit ma en wit grootouers wat hom opgevoed het. Hy het egter in dieselfde kiesafdeling grootskaalse steun onder die minderheid blanke kiesers verwerf. Hierna het Obama hom minder as &#39;n swartbewussynsfiguur begin voordoen en eerder as iemand wat &quot;die rasse kan verenig&quot;, met ander woorde &#39;n swart kandidaat wat ook blanke steun kan verkry. Met die tussenkoms van die beeldpoetser David Axelrod, het Obama eers &#39;n senaatspos en daarna die presidentskap verwerf, steeds met behulp van sy app&egrave;l op liberale blankes en die gekleurde steun wat suiwer op grond van ras agter hom ingeval het. Trouens, hoewel daar sekerlik konserwatiewe swartes bestaan, het byna geen van hulle vir die Republikeinse party gestem nie en het Obama &#39;n rekordsteunpersentasie van 90% onder Afro-Amerikaners aangeteken.<\/p>\n<p>Amerika is dus &#39;n land wat verdeeld is, sowel in terme van ras as ideologie. Obama se blanke ondersteuners glo in die ideaal van die multikulturele samelewing en haat eintlik die ou Amerika, di&eacute; van hul ouers en grootouers met sy Christelike, middelklaswaardes, sy patriotisme en verheerliking van die pioniersgees.<\/p>\n<p>Met Obama as president en die verwagte swaai na links wat in die VSA gaan plaasvind, gaan die konflik tussen die ou, nasionalistiese, eens blanke WASP-Amerika, en die nuwe multikulturele, globalistiese Amerika verhewig.<\/p>\n<p>Paul Krugman, die bekende liberale akademikus en rubriekskrywer in die New York Times, het verlede jaar tydens die verkiesing voorspel dat die Republikeinse party na regs gaan beweeg en &quot;meer rassisties&quot; gaan raak. Waarskynlik het hy heeltemal gelyk, want daar bestaan allerlei politieke strominge in die VSA waarvan die hoofstroommedia nog nie kennis geneem het nie en wat inderdaad die Republikeine in &#39;n regse rigting mag du.<\/p>\n<p>Obama se groot oorwinning oor McCain was &#39;n klinklare teken dat George Bush en die neo-konserwatiewes die party in &#39;n doodloopstraat laat beland het. Pleks van hul tradisionele kiesers in die &quot;rooi state&quot; en onder die blanke middelklas te mobiliseer, het die GOP tevergeefs gepoog om die Demokratiese party in sy app&egrave;l op swartes, Spaanssprekendes en die liberale kusstede na te aap &#8211; met rampspoedige gevolge.<\/p>\n<p>Hoewel die VSA se demografie vinnig ten gunste van gekleurdes met hul groter aanwas verander, gaan blankes nog tot die jaar 2040 die meerderheid in die land wees. Indien die Republikeinse party in die volgende verkiesing die logiese stap neem om hom op die blanke kieser te rig, gaan die handskoene afkom en die huidige ideologiese en rassegaping in die VSA tot die skaal van die Grand Canyon laat vergroot.<\/p>\n<p>Wedersydse beskuldigings van &quot;rassisme&quot; gaan, soos in Suid-Afrika, ook die norm in Amerika word, juis danksy Obama se verkiesing en die nuwe hegemonie van links wat onder sy presidentskap tot stand gaan kom.<\/p>\n<p>Waarop grond ek die stelling dat die Republikeinse party na regs gaan beweeg? Soos elkeen wat die Amerikaanse presidentsverkiesing gevolg het kon agterkom, was die media oorwegend ten gunste van Obama. Amerikaanse universiteite het n&aacute; die kampusrevolusies van die sestigerjare ewe links of selfs meer links as Europese universiteite geraak. Marxistiese, feministiese en anti-Westerse professore met permanente aanstellings lei elke nuwe geslag joernaliste op en breinspoel hulle met die multikulturele geloof. Trouens, Obama se blanke moeder, Ann Dunham, was &#39;n vroe&euml; voorbeeld van die soort gebreinspoelde multikulturalis wat in blanke Amerika slegs die negatiewe gesien het en wat oortuig was dat Kenia of Indonesi&euml; veel voortrefliker as haar geboorteland was.<\/p>\n<p>Die Demokratiese party se linkse intellektuele en ideolo&euml; oorheers daarom sowel die Amerikaanse universiteite as die hoofstroommedia soos die gevestigde koerante en netwerktelevisie. Die internet, wat ook deur Obama baie goed gebruik is om fondse in te samel, is egter besig om die geslote linkse propagandamasjien in die VSA wesentlik te bedreig.<\/p>\n<p>Die opkoms van &#39;n Nuwe Regs, regs van die huidige Republikeinse party, wat spesifiek op rassekwessies fokus, is deur die internet moontlik gemaak. Sowel Steve Sailer en Peter Brimelow, skrywer van Alien Nation, se webblad <a href=\"http:\/\/www.vdare.com\">Vdare.com <\/a> as Jared Taylor se <a href=\"http:\/\/www.amren.com\">American Renaissance<\/a>, verteenwoordig die intellektuele voorhoede van die Nuwe Regs wat uiteindelik die uitgeputte Republikeinse party m&oacute;&eacute;t oorweldig.<\/p>\n<p>Soos &#39;n Russiese kommentator onlangs beweer het, bestaan die gevaar dat Amerika &#8211; juis vanwe&euml; sy rasse- en kulturele diversiteit &#8211; in twee of meer stukke mag skeur. Obama, die halfbloedprins wat die Demokratiese party tot sy grootste sege in baie jare aangevoer het, gaan die uiteindelike konfrontasie en moontlike skeuring tussen die twee Amerikas, die oue en die nuwe, nie kan keer nie. <\/p>\n<p>Die Berlynse muur het die verwydering tussen Oos en Wes, tussen kommunisme en kapitalisme, tussen twee Europas, versimboliseer. Die muur is afgebreek en Europa is verenig, maar dit was &#39;n fisieke muur van beton. Soos die Fransman Alain de Benoist egter ges&ecirc; het, is die grense van bloed veel sterker as fisieke versperrings.<\/p>\n<p>Maar Amerika se mag in die twintigste eeu was gegrond op sy milit&ecirc;re betrokkenheid by die twee W&ecirc;reldoorlo&euml; van 1914 en 1939 waardeur hy as geografiese buitestaander geen verliese gely het nie, omdat die oorlo&euml; nooit op sy bodem gevoer is nie. Finansieel en geostrategies het die VSA egter enorm gebaat by sowel die Eerste as die Tweede W&ecirc;reldoorlog en het die &quot;Amerikaanse eeu&quot; ontstaan.<\/p>\n<p>Hillary Clinton, Obama se mededinger om die Demokratiese benoeming, is so pas ingesweer as minister van buitelandse sake. Sowel Obama as Clinton gaan die twee oorlo&euml; in Irak en Afghanistan moet hanteer, asook die resultaat van die VSA se vele geostrategiese foute van die afgelope jare, onder meer in Suider-Afrika waar Zimbabwe besig is om te disintegreer en Suid-Afrika dreig om dieselfde paadjie te loop.<\/p>\n<p>In &#39;n tweede rubriek oor Obama wat binnekort hier sal verskyn, gaan ek verduidelik waarom Amerikaanse invloed onder die nuwe president w&ecirc;reldwyd gaan kwyn, eerder as wat, soos die media aan ons voorhou, dit gaan toeneem met die klem op sogenaamde &quot;sagte mag&quot; wat die nuwe Amerikaanse bewind voorstaan. Ek wil een en ander s&ecirc; aangaande die posisie van die Afrikaner teenoor die Obama-bewind, aangesien die huidige bestel in Suid-Afrika suiwer die produk is van Britse en Amerikaanse druk op ons land in die laat tagtigerjare. FW de Klerk was niks anders as &#39;n Amerikaanse en Clintonitiese marionet nie en hy het &#39;n volledig Amerikaanse stelsel, kompleet met &#39;n &quot;heilige&quot; grondwet en die ideologie van regstellende aksie op grond van wit skuld, hier laat invoer. Meer daaroor in die tweede deel van my rubriek oor Obama.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/avto-mechanic.ru\/catalog\/penogeneratory_dozatrony\/\">\u0442\u0430\u043c\u0431\u043e\u0432 \u043f\u0435\u043d\u043e\u0433\u0435\u043d\u0435\u0440\u0430\u0442\u043e\u0440\u044b,<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/lenta.kharkiv.ua\/society\/2017\/10\/26\/190184.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die stortvloed internasionale gelukwensinge wat op eergister se inhuldiging van Barack Obama as Amerikaanse president gevolg het, is deur slegs twee vals note bederf. Die eerste was Wallstraat wat nie die euforie van die twee miljoen mense op die Washingtonplein tussen die staatsgeboue gedeel het nie en gedaal het.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die tweede was die kommentaar van die Russiese eerste minister, Wladimir Poetin, wat opgemerk het dat hy &quot;daarvan diep oortuig is dat die grootste teleurstellings uit grootse hoop voortspruit&quot;.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,21092,3875],"class_list":["post-4012","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-rubrieke","tag-waarom-amerika-se-halfbloedprins-nie-die-wreld-gaan-red-nie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4012","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=4012"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/4012\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=4012"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=4012"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=4012"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}