{"id":40114,"date":"2016-08-17T06:18:58","date_gmt":"2016-08-17T04:18:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40114"},"modified":"2016-08-17T09:38:28","modified_gmt":"2016-08-17T07:38:28","slug":"zambiese-polisie-vat-opposisie-betogers-vas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40114","title":{"rendered":"Zambiese polisie vat opposisie-betogers vas"},"content":{"rendered":"<p>Zambiese polisie het 133 mense in hegtenis geneem wat betoog het teen die herverkiesing van pres. Edgar Lungu nadat sy hoofopponent, Hakainde Hichilema (foto bo), ges\u00ea het daar met die verkiesingsuitslae gekonkel is.<\/p>\n<p>Reuters berig dat Lungu Maandag &#8216;n naelskraapse oorwinning in Afrika se tweede grootste koperproduserende land behaal het.<\/p>\n<p>Zambi\u00eb se ekonomiese beleef &#8216;n insinking vanwe\u00eb verlaagde kommoditeitspryse. <\/p>\n<p>Die polisie s\u00ea die inhegtenisnemings het gevolg nadat ondersteuners van Hichilema ondersteuners van die regerende party geteiken en hul eiendomme verwoes het.<\/p>\n<p>\u201cDit wil voorkom asof hierdie optrede vooraf beplan is, en dat hulle net gewag het vir die wenner om aangekondig te word. Kalmte is nou herstel,\u201d het die polisiebevelvoerder van die suidelike provinsie, Godwin Phiri, aan Reuters ges\u00ea.<\/p>\n<p>Zambi\u00eb was tot nou toe een van Afrika se mees stabiele demokrasie\u00eb al het geweldpleging tydens die veldtogvoering plaasgevind.<\/p>\n<p>Die Zambiese geldeenheid, die kwacha, het gister met 2,5 persent verstewig, \u2018n aanduiding dat beleggers \u2018n algehele wenner in die verkiesing verwelkom.<\/p>\n<p>Lungu het 50,35 persent van die stemme teenoor die 47,63 persent van Hichilema verower. Enige kandidaat moes minstens 50 persent van die stemme wen om \u2018n tweede rondte verkiesings af te weer. <\/p>\n<p>Hichilema se United Party for National Development (UPND) het aangedui dat hulle die verkiesingsuitslae in die grondwetlike hof sou uitdaag en het verkiesingsbeamptes van bedrog beskuldig tydens die stemtellery wat Donderdag begin het.<\/p>\n<p>\u201cDie PF het \u2018n staatsgreep op Zambi\u00eb se demokratiese proses uitgevoer,\u201d het Hichilema laat Maandag in \u2018n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cOns het voor die uitslae bekend gemaak is, bewyse voorgel\u00ea wat grootskaalse onre\u00eblmatighede aan die lig bring. Dit is waarom ons nie die uitslae kan aanvaar nie.\u201d<\/p>\n<p>Die regerende party en die verkiesingskommissie het die UPND se beskuldigings verwerp.<\/p>\n<p>Lungu het Dinsdag &#8216;n oorwinningsvergadering gehou, maar hy kan eers ingehuldig word sewe dae nadat die uitslae bekend gemaak is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Zambiese polisie het 133 mense in hegtenis geneem wat betoog het teen die herverkiesing van pres. Edgar Lungu nadat sy hoofopponent, Hakainde Hichilema (foto bo), ges\u00ea het daar met die verkiesingsuitslae gekonkel is. Reuters berig dat Lungu Maandag &#8216;n naelskraapse oorwinning in Afrika se tweede grootste koperproduserende land behaal het. Zambi\u00eb se ekonomiese beleef &#8216;n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40114\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zambiese polisie vat opposisie-betogers vas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40115,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18697,22995,9496,4635,7244],"class_list":["post-40114","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-edward-lungu","tag-hakinde-hichilema","tag-opposisie","tag-verkiesings","tag-zambie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40114","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40114"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40114\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40115"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40114"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40114"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40114"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}