{"id":40100,"date":"2016-08-16T07:12:54","date_gmt":"2016-08-16T05:12:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40100"},"modified":"2016-08-16T07:12:54","modified_gmt":"2016-08-16T05:12:54","slug":"trump-kondig-die-einde-van-nasiebou-aan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40100","title":{"rendered":"Trump kondig die einde van nasiebou aan"},"content":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump het in &#8216;n belangrike beleidstoespraak die einde van &#8220;nasiebou&#8221; aangekondig.<\/p>\n<p>&#8220;As ek president word, sal die era van nasiebou tot &#8216;n baie vinnige en beslissende einde gebring word,&#8221; het Trump beloof het bygevoeg dat dit tyd is om &#8220;&#8216;n nuwe koers in te slaan&#8221;.<\/p>\n<p>Hy het ook uitgestippel hoe hy radikale terreur sal beveg. <\/p>\n<p>Dit sluit in om visums op te skort van lande wat bande het met enige vorm van terreur, asook &#8216;n ideologiese toets vir diegene wat na Amerika wil reis. <\/p>\n<p>Hy het by &#8216;n universiteit in Ohio gepraat en onderneem om sy samewerking te gee aan lande wat bereid is om die Islamitiese Staat te beveg. <\/p>\n<p>Trump se plan is deur sy veldtogbestuurders beskryf as buitelandse beleidsrealisme. <\/p>\n<p>In vorige toesprake het hy verklaar dat alle Moslems verbied moet word om Amerika binne te kom. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat uiterste streng keuring van immigrante nodig is om Amerika te beskerm en immigrasie vanaf sekere lande opgeskort behoort te word.<\/p>\n<p>&#8220;Sommige het nie hierdie doelwit wat hulle met ons deel nie,&#8221; het hy bygevoeg rakende ander lande. &#8220;Ons kan nie altyd ons vriende kies nie, maar ons kan nooit versuim om ons vyande te erken nie.&#8221;<\/p>\n<p>Trump het bygevoeg dat die VSA gemeenskaplike grond kan vind met Rusland in die stryd teen die Islamitiese staat (ISIS).<\/p>\n<p>&#8220;Hulle het te veel op die spel met die uitkoms in Siri\u00eb,&#8221; het hy verduidelik oor Rusland.<\/p>\n<p>Die Republikeinse genomineerde het ges\u00ea dat hy die befondsing vir die terroristegroep sal afsny en met behulp van kuberoorlogvoering ISIS se werwing en propaganda sal stop as hy verkies word.<\/p>\n<p>&#8220;Ons kan nie toelaat dat die internet gebruik word as &#8216;n werwingshulpmiddel nie,&#8221; het hy beklemtoon. <\/p>\n<p>&#8220;Die opkoms van ISIS is die direkte gevolg van beleidsbesluite deur President Obama en die minister van buitelandse sake Clinton,&#8221; het Trump ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het gewys daarop dat die Midde-Ooste voor Obama en Clinton oorgeneem het, stabiel was en ges\u00ea in 2009 was Libi\u00eb vreedsaam, Siri\u00eb was onder beheer, en Egipte is regeer deur &#8216;n sekul\u00eare president.<\/p>\n<p>Maar Trump het ges\u00ea onder Obama en Clinton se buitelandse beleid l\u00ea Libi\u00eb nou in puin, ISIS het grondgebied gekry, en Siri\u00eb verkeer in &#8216;n burgeroorlog, met &#8216;n vlugtelingkrisis wat Europa en die Weste teister.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Amerikaanse Republikeinse presidentskandidaat, Donald Trump het in &#8216;n belangrike beleidstoespraak die einde van &#8220;nasiebou&#8221; aangekondig. &#8220;As ek president word, sal die era van nasiebou tot &#8216;n baie vinnige en beslissende einde gebring word,&#8221; het Trump beloof het bygevoeg dat dit tyd is om &#8220;&#8216;n nuwe koers in te slaan&#8221;. Hy het ook uitgestippel hoe &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40100\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Trump kondig die einde van nasiebou aan&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40101,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22721,12998,17039,5361,5358,9679,16854],"class_list":["post-40100","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-beleid","tag-donald-trump","tag-isis","tag-islam","tag-moslems","tag-nasiebou","tag-visums"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40100","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40100"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40100\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40101"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40100"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40100"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40100"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}