{"id":40078,"date":"2016-08-15T06:27:36","date_gmt":"2016-08-15T04:27:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40078"},"modified":"2016-08-15T08:33:55","modified_gmt":"2016-08-15T06:33:55","slug":"saoedi-aanval-op-skool-in-jemen-maak-opslae","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40078","title":{"rendered":"Saoedi-aanval op skool in Jemen maak opslae"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Saoedi-geleide lugaanval op &#8216;n skool wat die dood van tien leerlinge veroorsaak het, het kommer laat opvlam oor die toename in burgerlike sterftes in di\u00e9 land, het hulpverleningsagentskappe ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die aanval was in die rebelbeheerde provinsie van Jemen en is die jongste in die 17 maande lange burgeroorlog, het AFP berig.<\/p>\n<p>&#8216;n Verdere 28 kinders is in die aanval gewond wat Saterdag in die dorp Haydan in die Saada-provinsie uitgevoer is, s\u00ea Dokters Sonder Grense (MSF). Die aanval is deur die Verenigde Nasies (VN) bevestig.<\/p>\n<p>Die koalisie van Arabiese state onder aanvoering van Saoedi-Arabi\u00eb veg sedert Maart 2015 teen die Iran-gesteunde rebelle nadat hulle die hoofstad van Sanaa ingeneem en hul magsbasis na ander dele van die land uitgebrei het.<\/p>\n<p>Saoedi-Arabi\u00eb het voorheen hewig gereageer op &#8216;n  besluit in Junie vanjaar om die koalisie te swartlys nadat &#8216;n VN-ondersoek bevind het die Arabiese koalisie is vir 60% van die 785 kindersterftes verlede jaar in Jemen verantwoordelik.<\/p>\n<p>Sowat tien dae gelede het die koalisie toegegee daar was \u201ctekortkomige\u201d in twee van die agt gevalle van aanvalle op burgerlike teikens in Jemen.<\/p>\n<p>\u201cDokters Sonder Grense het 10 liggame en 28 beseerde kinders, almal onder die ouderdom van 15 jaar, ontvang wat slagoffers is van die lugaanval op die skool in Hayden,\u201d het woordvoerder Malak Shaher aan AFP ges\u00ea. <\/p>\n<p>Die beseerdes is opgeneem in \u2019n veldhospitaal naby die skool voordat hulle na \u2019n openbare hospitaal oorgeplaas is, het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cOns eis dat alle partye die nodige maatre\u00ebls sal tref wat nodig is om burgerlikes te beskerm,\u201d het Shaher verder ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die VN se agentskap vir kinders, Unicef, het ook die aanval veroordeel en gewaarku dat die toename in geweld in die land in die afgelope week die aantal kinders wat gesterf het en beseer is, skerp laat toeneem het.<\/p>\n<p>Die rebelle het foto\u2019s en video\u2019s van dooie en bebloede kinders, toegedraai in komberse, op Facebook geplaas.<\/p>\n<p>Hoethi-woordvoerder Mohammed Abdul Salam het ges\u00ea vegvliegtuie het kinders by die Jomaa bin Fadhel skool geteiken, in wat hy as \u2019n \u201cafskuwelike misdaad\u201d beskryf het.<\/p>\n<p>Die Saoediese nuusagent\u00adskap het aangevoer die koalisie se vegvliegtuie het Saterdag \u2019n \u201cHoethi-opleidingsentrum\u201d in Saada ingeval en verskeie rebelle-insypelaars insluitend \u2019n leier, Yehya Munassar Abu Rabua, doodgemaak. <\/p>\n<p>Die Arabiese koalisie het op 26 Maart 2015 oorlog teen die Hoethi-rebelle verklaar.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Saoedi-geleide lugaanval op &#8216;n skool wat die dood van tien leerlinge veroorsaak het, het kommer laat opvlam oor die toename in burgerlike sterftes in di\u00e9 land, het hulpverleningsagentskappe ges\u00ea. Die aanval was in die rebelbeheerde provinsie van Jemen en is die jongste in die 17 maande lange burgeroorlog, het AFP berig. &#8216;n Verdere 28 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":40079,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[22989,5291,19755,16602,22990,5505],"class_list":["post-40078","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-arabiese-koalisie","tag-jemen","tag-lugaanval","tag-msf","tag-unicef","tag-vn"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40078","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40078"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40078\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40079"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40078"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40078"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40078"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}