{"id":40059,"date":"2016-08-15T07:34:10","date_gmt":"2016-08-15T05:34:10","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40059"},"modified":"2016-08-15T17:18:34","modified_gmt":"2016-08-15T15:18:34","slug":"rio-russiese-atlete-sit-op-die-kantlyn-terwyl-swart-atlete-mag-deelneem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40059","title":{"rendered":"Rio: Russiese atlete sit op die kantlyn terwyl swart atlete mag deelneem"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl Rusland se baan- en veldnommeratlete, insluitende diegene met geen geskiedenis van misbruik van verbode middels nie, uit die Olimpiese Spele Rio 2016 geskop is, is daar &#8216;n magdom veral swart atlete wat wel toegelaat is om mee te ding in Brasili\u00eb ten spyte van hul eie probleme met verbode middels.<\/p>\n<p>Benewens die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) se besluit om die hele Russiese baan- en veldspan van Rio se Olimpiese Spele te verbied, het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK ) ook verklaar dat die Russiese atlete met &#8216;n geskiedenis van misbruik nie toegelaat sal word om mee te ding in Rio nie, selfs al het hulle &#8216;n straf uitgedien.<\/p>\n<p>Hier is &#8216;n blik op sommige van die dwelmbesmette atlete uit ander lande, wat hul plek in Rio volstaan:<\/p>\n<p>Tyson Gay, Amerikaanse naelloper wat positief getoets het vir &#8216;n verbode middel Mei 2013 en &#8216;n ongespesifiseerde derde party blameer het, neem deel.<\/p>\n<p>Hy is gestroop van sy silwer medalje gedurende die Londen 2012-Spele en tot Junie 2014 enige deelname verbied.<\/p>\n<p>Gay is egter weer toegelaat, terwyl die Russe op die kantlyn moet bly sit.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n swart atleet, Justin Gatlin, wat in 2004 in Athene &#8216;n goue medalje ontvang het is verbied nadat hy positief getoets vir &#8216;n verbode middel.<\/p>\n<p>In 2001 is hy vir twee jaar geskors, terwyl hy in 2006 &#8216;n vier-jaar verbod gekry het. Maar Gatlin is terug op die en het in Junie 2012 die vinnigste tyd ooit vir &#8216;n man oor die ouderdom van 30 behaal, wat baie wenkbroue laat lig het.<\/p>\n<p>Die Kroaties tennisster Marin Cilic is in 2013 uitgeskop na spore van Nikethamide gevind is in sy urinetoets.<\/p>\n<p>Die skorsing het tot Februarie 2014 geduur en hy het teruggekeer na die spel om die Amerikaanse Ope-titel te wen in di\u00e9 jaar.<\/p>\n<p>Die Oekra\u00efense naelloper Yelyzaveta Bryzgina sal na stero\u00efde misbruik in 2013-2015, in aksie wees en sal meeding in Rio.<\/p>\n<p>In Mei 2014 het Sun Yang positief getoets vir die verbode stimulant Trimetazidine, maar is vir net drie maande deur die Chinese Swem Vereniging verban.<\/p>\n<p>Hy sal sy 400m en 1500m vryslagtitels in Rio verdedig.<\/p>\n<p>Die bekendste voorbeeld van misbruik is die swemmer Amerikaanse Michael Phelps wat in 2014 afgetree het weens dwelmmisbruik en sedertdien weer bevoeg verklaar is om mee te ding in Rio.<\/p>\n<p>Yohan Blake (foto bo), die Jamaikaanse naelloper was eens beskou is as die grootste bedreiging vir Usain Bolt, het positief getoets voor die 2009 W\u00eareldkampioenskappe, maar sal meeding in Rio.<\/p>\n<p>Intussen het die bruin Suid-Afrikaner Wayde van Niekerk die w\u00eareldrekord in die mans 400 meter verbeter en Suid-Afrika se eerste goue medalje by die Olimpiese Spele in Rio ingepalm. <\/p>\n<p>Hy het sy oorwinning reeds aan &#8216;n Britse sokkerklub opgedra, dus kan patriotiese Suid-Afrikaners di\u00e9 oorwinning maar gerieflik ignoreer.<\/p>\n<p>Die 24-jarige Van Niekerk het die wedloop in 43,03 sekondes voltooi. Die vorige rekord van 43,18 is in 1999 deur die Amerikaner Michael Johnson opgestel. <\/p>\n<p>Suid-Afrika het nou in totaal sewe medaljes, waarvan een goud, vyf silwer en een brons is.<\/p>\n<p>Akani Simbine, nog &#8216;n Suid-Afrikaner, het vyfde gekom in die mans 100 meter, met &#8216;n tyd van 9,94 sekondes. <\/p>\n<p>Usain Bolt van Jamaika het sy derde opeenvolgende Olimpiese goue medalje in die 100 meter verower, en het die wedloop in 9,81 sekondes voltooi. <\/p>\n<p>Justin Gatlin van Amerika was in die tweede plek, en Andre de Grasse van Kanada, nog &#8216;n bruinman, in die derde plek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl Rusland se baan- en veldnommeratlete, insluitende diegene met geen geskiedenis van misbruik van verbode middels nie, uit die Olimpiese Spele Rio 2016 geskop is, is daar &#8216;n magdom veral swart atlete wat wel toegelaat is om mee te ding in Brasili\u00eb ten spyte van hul eie probleme met verbode middels. Benewens die Internasionale Vereniging &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40059\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rio: Russiese atlete sit op die kantlyn terwyl swart atlete mag deelneem&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40088,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[14929,22984,22873,2078,7427,22874],"class_list":["post-40059","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-dwelmmisbruik","tag-phelps","tag-rio","tag-rusland","tag-skorsing","tag-verbode-middels"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40059","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40059"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40059\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40088"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40059"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40059"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40059"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}