{"id":40049,"date":"2016-08-12T09:12:16","date_gmt":"2016-08-12T07:12:16","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40049"},"modified":"2016-08-12T09:12:16","modified_gmt":"2016-08-12T07:12:16","slug":"zambiese-stembedrog-gevrees-na-sa-nie-stembriewe-mag-druk-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40049","title":{"rendered":"Zambiese &#8216;stembedrog&#8217; gevrees na SA nie stembriewe mag druk nie"},"content":{"rendered":"<p>Zambi\u00ebrs het gaan stem n\u00e1 \u2019n verkiesings\u00adveldtog wat deur \u201congekende\u201d geweld geteister is en die land se relatiewe stabiliteit en demokratiese rekord kan bedreig.<\/p>\n<p>Ten spyte van meer mededingende tenders van Suid-Afrikaanse maatskappye, het die die Verkiesingskommissie vir Zambi\u00eb (ECZ)&#8217;n Doebaaise firma gekies om die stembriewe te druk. <\/p>\n<p>Dit het gelei tot spekulasie oor moontlike stembedrog, het <a href=\"http:\/\/europe.newsweek.com\/zambia-elections-democracy-precipice-test-edgar-lungu-488729?rm=eu\">Newsweek <\/a>berig.<\/p>\n<p>Net 18 maande nadat pres. Edgar Lungu in \u2019n blitsverkiesing naelskraaps gewen het, kom hy en sy hoofopponent, Hakainde Hichilema, weer teen mekaar te staan in \u2019n wedloop tussen nege kandidate.<\/p>\n<p>In die 2015-verkiesing was die verskil in stemme tussen die twee kandidate slegs 27 757.<\/p>\n<p>Minstens drie mense is tydens die verkiesingsveldtog dood, wat gekenmerk is deur gereelde\u00ad skermutselinge tussen ondersteuners van Lungu se Patriotic\u00ad Front (PF) en Hichilema se United Party for National Development (UPND).<\/p>\n<p>V\u00f3\u00f3r stemdag het die verkiesingskommissie \u2019n verklaring uitgereik waarin die onrus as \u201congekend\u201d beskryf is en gewaarsku is dat dit Zambi\u00eb se \u201cgeskiedkundige rekord van vreedsame verkiesings skade berokken\u201d.<\/p>\n<p>Verlede maand is veldtogvoering vir tien dae in Lusaka afgelas om die geweld te verminder.<\/p>\n<p>Die skermutselinge het egter tot stemdag voortgeduur. Dit het straatgevegte en voertuie wat omgegooi is, ingesluit naby die plek waar Hichilema Woensdag sy laaste vergadering in Lusaka gehou het.<\/p>\n<p>Grondwetlike veranderinge het meegebring dat die wenner nou meer as 50 persent van die stemme op hom of haar moet verenig. Dit kan beteken dat \u2019n tweede rondte verkiesings binne enkele weke gehou kan word, wat die gevaar vir verdere vyandigheid versterk.<\/p>\n<p>Zambi\u00eb het sedert onafhank\u00adlikwording in 1964 oorlog en ernstige politieke onluste vrygespring.<\/p>\n<p>Die vorige vreedsame oordrag van mag aan \u2019n opposisiekandidaat was in 2011 toe pres. Michael Sata aan bewind gekom het. Hy is in 2014 oorlede en n\u00e1 die 2015-verkiesing, het die 59-jarige Lungu die reg gewen om Sata se termyn te voltooi.<\/p>\n<p>Zambi\u00ebrs het gister gestem om wetgewers en plaaslike raadslede te verkies. Hulle het ook in \u2019n referendum gestem om die handves van regte te wysig.<\/p>\n<p>Die uitslae word laat vandag en m\u00f4re verwag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Zambi\u00ebrs het gaan stem n\u00e1 \u2019n verkiesings\u00adveldtog wat deur \u201congekende\u201d geweld geteister is en die land se relatiewe stabiliteit en demokratiese rekord kan bedreig. Ten spyte van meer mededingende tenders van Suid-Afrikaanse maatskappye, het die die Verkiesingskommissie vir Zambi\u00eb (ECZ)&#8217;n Doebaaise firma gekies om die stembriewe te druk. Dit het gelei tot spekulasie oor moontlike &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40049\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Zambiese &#8216;stembedrog&#8217; gevrees na SA nie stembriewe mag druk nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40050,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[4112,5377,16652,4631,7244],"class_list":["post-40049","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afrika","tag-bedrog","tag-stembriewe","tag-verkiesing","tag-zambie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40049","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40049"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40049\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40050"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40049"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40049"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40049"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}