{"id":40040,"date":"2016-08-12T08:48:45","date_gmt":"2016-08-12T06:48:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40040"},"modified":"2016-08-12T08:48:45","modified_gmt":"2016-08-12T06:48:45","slug":"kanadese-polisie-fnuik-isis-terreuraanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40040","title":{"rendered":"Kanadese polisie fnuik ISIS-terreuraanval"},"content":{"rendered":"<p>Die Kanadese polisie het \u2019n vermeende simpatiseerder van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) doodgeskiet, wat op die punt was om \u2019n ploftoestel l\u00e1\u00e1t Woensdag in Ontario te laat ontplof.<\/p>\n<p>Die polisie het bevestig dat \u2019n \u201cpotensi\u00eble terreurbedreiging die hoof gebied is\u201d het AFP berig.<\/p>\n<p>\u201cDie RCMP het geloofwaardige inligting oor \u2019n potensi\u00eble terroriste\u00adbedreiging ontvang. Die verdagte is ge\u00efdentifiseer\u00ad en gepaste stappe is gedoen om te verseker dat geen gevaar vir die openbare veiligheid bestaan nie,\u201d lui \u2019n verklaring van die Royal Canadian Mounted Police (RCMP).<\/p>\n<p>Die polisie het nie aangedui waar die voorval plaasgevind het nie, maar die media berig dat die voorval in Strathroy, Ontario. plaasgevind het.<\/p>\n<p>Die Kanadese media berig dat die verdagte \u2019n 24-jarige man was wat in 2015 in hegtenis geneem is omdat hy sy steun aan ISIS op sosiale media toeges\u00ea het. Hy is in Februarie vrygelaat, maar is noukeurig deur veiligheidsmagte gemonitor.<\/p>\n<p>\u2019n Familielid het aan die Kanadese uitsaaier, CBC, ges\u00ea hulle is deur die polisie in kennis gestel dat hy doodgeskiet is v\u00f3\u00f3r hy \u2019n ploftoestel wou aktiveer.<\/p>\n<p>CTV het op sy beurt berig dat die ontploffing vir \u2019n groot stad in \u2019n volgepakte openbare gebied beplan is.<br \/>\nDie RCMP s\u00ea die onder\u00adsoek duur voort soos nuwe inligting aan die lig kom. <\/p>\n<p>Kanada was in Oktober die teiken van twee af\u00adgesonderlike alleenloper-\u00adaanvalle in Quebec en Ottawa.<\/p>\n<p>In Saint-Jean-sur-Richelieu,\u00ad 40 kilometer\u00ad suidoos van Montreal, het \u2019n jong man met sy motor in twee soldate in \u2019n parkeer\u00adgebied vas\u00adgejaag. Een van die soldate is dood voor die polisie die aanvaller n\u00e1 \u2019n kort jaagtog doodgeskiet het.<\/p>\n<p>Twee dae later, op 22 Oktober 2014, het \u2019n aanvaller \u2019n milit\u00eare wag doodgeskiet en die parlements\u00adgebou bestorm, voordat hy deur veiligheidswagte doodgeskiet is, meters van die vertrek waar die eerste minister en sy koukus vergader het.<\/p>\n<p>N\u00e1 hierdie aanvalle\u00ad het die konserwatiewe regering \u2019n wetsontwerp aanvaar waarin die RCMP en Kanada se spioe\u00adnasie-agentskap bykomende magte gegee is om terreurkomplotte te fnuik en Kanadese jeugdiges te verhinder om in die buite\u00adland by ISIS aan te sluit.<\/p>\n<p>Kanada het in September 2014 by die Amerikaans-\u00adgeleide koa\u00adlisie teen ISIS aangesluit.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kanadese polisie het \u2019n vermeende simpatiseerder van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) doodgeskiet, wat op die punt was om \u2019n ploftoestel l\u00e1\u00e1t Woensdag in Ontario te laat ontplof. Die polisie het bevestig dat \u2019n \u201cpotensi\u00eble terreurbedreiging die hoof gebied is\u201d het AFP berig. \u201cDie RCMP het geloofwaardige inligting oor \u2019n potensi\u00eble terroriste\u00adbedreiging ontvang. Die verdagte &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40040\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Kanadese polisie fnuik ISIS-terreuraanval&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40042,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[17039,6367,6863,7829],"class_list":["post-40040","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-isis","tag-kanada","tag-ontario","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40040","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40040"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40040\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40042"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40040"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40040"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40040"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}