{"id":40016,"date":"2016-08-11T09:42:32","date_gmt":"2016-08-11T07:42:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=40016"},"modified":"2016-08-11T15:24:24","modified_gmt":"2016-08-11T13:24:24","slug":"etniese-geweld-teister-ethiopie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=40016","title":{"rendered":"Etniese geweld teister Ethiopi\u00eb"},"content":{"rendered":"<p>Oproer in Ethiopi\u00eb het in November 2015 in die Oromia-streek begin wat die hoofstad omring. Planne van die regering om die grense van Addis Abeba, die setel van die Afrika-Unie uit te brei, het aanleiding tot die openbare uitbarstings gegee.<\/p>\n<p>Oor die naweek het owerhede ten minste 100 mense gedood en &#8216;n algehele verbod op alle internetgebruik geld.<\/p>\n<p>Die streek se Oromo-bevolking vrees dat hul plaasgrond onteien sal word. Ondanks die feit dat die regering hierdie planne laat vaar het en die betogings met geweld onderdruk het, het hulle die woede onderskat wat dit uitgelok het.<\/p>\n<p>Onluste het sedertdien na ander dele van Oromia versprei, en meer onlangs ook na die noordelike Amhara-streek uitgebrei, het AFP berig.<\/p>\n<p>Dit het tot onmin gelei in regeringsgeledere van di\u00e9 sleutel Amerikaanse bondgenoot en belangrike vennoot in Oos-Afrika se stryd teen terrorisme.<\/p>\n<p>\u201cSedert hulle aan bewind gekom het, het die regime nog nooit so \u2019n slegte belewenis gehad nie. Ethiopi\u00eb lyk soos \u2019n vliegtuig wat \u2019n sone van uiterste turbulensie beleef,\u201d het \u2019n onafhanklike navorser, Rene Lafort, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Ondanks wat hy as \u2019n \u201cstaat van beleg\u201d op die Oromia-streek beskryf, het die opstand in onlangse weke geen teken van afname getoon nie en betogers daag toenemend openlik die regering uit.<\/p>\n<p>Een vergadering is selfs Saterdag in Addis Abeba gehou, \u2019n rare gebeurtenis in die magsetel van die land. Die Ethiopiese regering word onder die mees onderdrukkende in Afrika geag.<\/p>\n<p>Meer as 140 mense is dood toe veiligheidsmagte die aanvanklike Oromia-grondbetogings onderdruk het. Menseregtegroepe het berig van mense wat voor die voet doodgeskiet is en ander wat gemartel is.<\/p>\n<p>In die jongste optrede die naweek is, volgens Amnestie Internasionaal, meer as 100 mense dood. Die veiligheidsmagte het volgens berigte met lewendige ammunisie op die skare gevuur.<\/p>\n<p>\u201cDie krisis is sistemies, omdat dit die fondamente van \u2019n regeringsmodel skud wat 25 jaar gelede in werking gestel is en wat outorit\u00ear en gesentraliseer is,\u201d het Lafort verduidelik.<\/p>\n<p>Die betogers het verskillende griewe, maar is verenig in hul ontevredenheid met die land se leiers, wat meestal uit die noordelike Tigray-streek kom en minder as tien persent van die bevolking verteenwoordig.<\/p>\n<p>Die eerste minister, Hailemariam Desalegn, staan aan die hoof van die Ethio\u00adpian People&#8217;s Revolutionary Democratic Front (EPRDF), wat in die verkiesings verlede jaar al die setels in die parlement gewen het.<\/p>\n<p>Al kom hy van die Wolayta-minderheidsgroep, is hy in die regering omring deur Tigri\u00ebrs wat ook die veiligheidsmagte en posisies van ekonomiese mag domineer.<\/p>\n<p>Prof. Getachew Metaferia, \u2019n hoogleraar in politieke wetenskap aan die Morgan State University in Amerika, beskryf die toedrag van sake as \u2019n staat wat deur \u2019n etniese minderheid beheer word en hul wil op die meerderheid afdwing. <\/p>\n<p>Volgens hom is dit \u2019n noodsaaklike faktor om begrip vir die onluste te kry.<\/p>\n<p>Meer as 60 persent van die land se nagenoeg 100 miljoen mense is \u00f3f Amhara \u00f3f Oromo.<\/p>\n<p>\u201cDaar is geen fundamentele bespreking met die mense nie, geen dialoog nie en die vlakke van frustrasie is aan die oplaai. Ek dink nie dinge sal na normaal terugkeer nie,\u201d het die professor ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die land se leiers het daarin geslaag om verbysterende ekonomiese groei en \u2019n vinnig verbeterde gesondheidsbedeling te vestig, wat die beeld van die land aansienlik van die hongersnoodgeteisterde land van die 1980\u2019s verander het.<\/p>\n<p>Maar dit het ten koste van sekere regte gekom. Ethiopi\u00eb is nommer 142 uit 180 lande in vanjaar se Verslaggewers Sonder Grense se persvryheid-indeks.<\/p>\n<p>N\u00e1 die omverwerping van die diktator, Mengistu Haile Mariam in 1991, het Meles Zenawi met \u2019n ystervuis tot sy dood in 2012 geregeer waarna Hailemariam die leisels oorgeneem het. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oproer in Ethiopi\u00eb het in November 2015 in die Oromia-streek begin wat die hoofstad omring. Planne van die regering om die grense van Addis Abeba, die setel van die Afrika-Unie uit te brei, het aanleiding tot die openbare uitbarstings gegee. Oor die naweek het owerhede ten minste 100 mense gedood en &#8216;n algehele verbod op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=40016\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Etniese geweld teister Ethiopi\u00eb&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":40017,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[4112,22965,13478,5389,15225,22966],"class_list":["post-40016","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-afrika","tag-amhara","tag-ethiopie","tag-etniese-geweld","tag-konflik","tag-oromia"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40016","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=40016"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/40016\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/40017"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=40016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=40016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=40016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}