{"id":39972,"date":"2016-08-08T08:58:41","date_gmt":"2016-08-08T06:58:41","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=39972"},"modified":"2016-08-08T08:58:41","modified_gmt":"2016-08-08T06:58:41","slug":"referendum-oor-grondwet-wys-thailand-se-bamboesdiplomasie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=39972","title":{"rendered":"Referendum oor grondwet wys Thailand se &#8216;bamboesdiplomasie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Thailand se inwoners het begin stem in \u2019n referendum oor \u2019n nuwe grondwet wat deur die milit\u00eare junta opgestel is en die weg sal baan vir \u2019n algemene verkiesing in 2017, maar ook voorsiening maak vir toekomstige regerings om op die voorwaardes van die weermag te regeer.<\/p>\n<p>Dit is die eerste toets vir die junta onder leiding van die eerste minister, Prayuth Chan-ocha (foto bo links, op besoek aan China), wat politieke aktiwiteit onder\u00addruk het tydens die twee jaar sedert hy n\u00e1 \u2019n staatsgreep in 2014 aan bewind gekom het. <\/p>\n<p>Voor die referendum het menings\u00adopnames getoon dat \u2019n klein meerderheid ten gunste van die nuwe grondwet was, maar die meeste kiesers was besluiteloos. <\/p>\n<p>Prayuth het ges\u00ea hy sal nie bedank indien Thailand die grondwet verwerp nie en dat algemene verkiesings volgende jaar sal plaasvind, ongeag die uitslag.<\/p>\n<p>Ongeveer 200 000 polisiebeampes is vir die verkiesing ontplooi. Thailand se grootste politieke party het die nuwe grondwet voor die verkiesing verwerp, maar daar was geen tekens van betogings of onluste nie.<\/p>\n<p>Die junta, voorheen bekend as die Nasio\u00adnale Raad vir Vrede en Orde, het kritiek van die grondwet verbied en die owerhede het dosyne mense, insluitende politici en studente-aktiviste wat uitsprake teen die grondwet gemaak het, aangehou en aangekla.<\/p>\n<p>Thailand se houding staan bekend as die &#8216;bamboesdiplomasie&#8221; wat na die winde van verandering buig. Die land se toenadering tot Rusland en China het intussen egter gesorg dat hulle uitgesluit is uit die 2014-RIMPAC-milit\u00eare see-oefeninge wat deur die VSA gelei is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Thailand se inwoners het begin stem in \u2019n referendum oor \u2019n nuwe grondwet wat deur die milit\u00eare junta opgestel is en die weg sal baan vir \u2019n algemene verkiesing in 2017, maar ook voorsiening maak vir toekomstige regerings om op die voorwaardes van die weermag te regeer. Dit is die eerste toets vir die junta &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=39972\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Referendum oor grondwet wys Thailand se &#8216;bamboesdiplomasie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":39974,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5311,14561,4635],"class_list":["post-39972","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-china","tag-thailand","tag-verkiesings"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39972","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=39972"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/39972\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/39974"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=39972"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=39972"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=39972"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}